Page 1 of 2
308 Vir Bos jag
Posted: Sat Nov 09, 2013 7:03 pm
by JohannHorn
Goeie dag manne! Ek het vir my n 308 gekoop waarme ek meeste in die noorde (bosveld) gaan jag, watse gr koeels en maak koeels sal julle aanbeveel? Ek het aan 180gr gedink, maar ek Luister graag na julle manne.
Dankie
Johann
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Sat Nov 09, 2013 7:14 pm
by Heinz Petersen
n 308 is baie "vorgiving". Doen n paar lading toetse met die 180gr en probeer ook n 167gr. Ek reken as jy n wortel in n 308 druk hy dit ook sal skiet.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Sat Nov 09, 2013 7:19 pm
by mariusr
Probeer ook 150grpunt die 308 loop mooi met die!

Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Sat Nov 09, 2013 8:59 pm
by Gert Odendaal
Johannes ek stel voor jy begin by stap een: bepaal die groefdraad wending van die geweer se loop. stap twee: 1:12 gaan `n sekere gewig punt beter mee skiet, soos wat 1:10 weer `n ander gewig punt beter mee gaan groepeer. Bepaling van groefdraad wending kan enige wapensmit jou mee help, lees op Google , dit doen jy met `n laaistok en stukkie loop skoonmaak lap.
As jy die gegewens het kan jy nou die SONKEM laai data nader trek as jy self wil laai en `n lading vir jou geweer se loop groefwending uitwerk, of dan weet jy tenminste watter grein patrone van die rak af jy kan koop vir die bosveld skiet senario.
Soos die slim manne vertel "om te meet is om te weet...."

Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Mon Nov 11, 2013 8:48 am
by Hleroux
Hi,
My .308 het 1:12 twist. Alles is op 100m geskiet. Hy is baie maklik.
Eerste foto is met 110gr Hornady Vmax
Tweede foto is met 180gr Hornady interlocks.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Mon Nov 11, 2013 9:00 am
by BRNO (Pierre)
Herder Herrie. Daai geweer van jou sal enige iets eet wat mens vir hom gee.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Mon Nov 11, 2013 9:08 am
by Hleroux
BRNO (Pierre) wrote:Herder Herrie. Daai geweer van jou sal enige iets eet wat mens vir hom gee.
Daai wortel ding wil vir my moontlik begin lyk.

Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Wed Jan 15, 2014 12:54 am
by Swys14
daai cz gooi mooi
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Wed Jan 15, 2014 6:15 am
by Cobus(Cobb)
My 308 is 1:10
180gr loop mooi
168gr loop baie mooi
165gr loop baie mooi
150gr loop olraait
Almal sub MOA maar 168 en 165 is sub 1/2 MOA
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Wed Jan 15, 2014 6:33 am
by spekieries
180 gr Claws loop soos 'n Volksie op Jet fuel in my roer. Relatief goedkoop koeël wat bonded is. Hy bly bymekaar en penetreer uitstekend.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Wed Jan 15, 2014 6:50 am
by Wismit
150 gr Barns TTSX of 130gr Impala.
W.S
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Wed Jan 15, 2014 7:26 am
by vriell
Jy gaan seker nie verder krap nie Herrie of hoe

Daai is baie mooi !! Miskien moet jy tog krap sodat jy kan weet wat sukkel is soos baie van ons al gesukkel het met ladings..hihihi
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Wed Jan 15, 2014 8:51 am
by Fritz
Johan. Jy wil in die bos jag. Kortafstand. Akkuraatheid is nie 'n issue nie, veral omdat jy die .308 skiet. Jy soek 'n koeël wat 'n lae impaksnelheid het, sodat sekondêre projektiele nie 'n gemors van die bok maak nie. So in my opinie, as jou skote onder 100m gaan wees en jy eet wat jy skiet, laai 180gr premium koeëls teen 2400-2500fps. As jy jou trompsnelheid laag hou en jy gaan nie gereeld grootwild skiet nie sal konvensionele loodpunt ook werk.
Jy kan seker die 168gr punte ook skiet, maar in my ervaring, al behou daai punt 100% sy gewig gaan hy skade maak as jou impaksnelheid hoog is. As jy gelukkig is en nie been tref nie werk hulle, maar ek het nou al my les geleer.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Wed Jan 15, 2014 9:05 am
by Eugene
Ek het nog altyd net 165gr SGK in my 308 gelaai en al alles van vlakvark tot eland met daai kombinasie geskiet. Ek het onlangs ook 150gr SGK gelaai en baie goeie resultate behaal. Eerste bok was Gemsbok op 180m op die blad en koeel is regdeur en gems het net daar geval!
Beste ding is om maar verskillende kombinasies te probeer. Ek wil self nou bietjie 180gr probeer en kyk hoe hulle loop, spesifiek vir bosveld toestande!
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Sun Apr 13, 2014 5:50 pm
by Vlooi1996
Beste wat vir my gewerk het was 168gr
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 1:05 pm
by evdberg
As jy nie self wil of gaan herlaai nie , bruin Pakkie PMP. 168gr.
Ek het n Eland Koei omgedop op met gemaak op 138m laas jaar.
As jy 200m en verder gaan skiet werk die 150gr Mooi.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 1:50 pm
by tau
evdberg wrote:As jy nie self wil of gaan herlaai nie , bruin Pakkie PMP. 168gr.
Ek het n Eland Koei omgedop op met gemaak op 138m laas jaar.
As jy 200m en verder gaan skiet werk die 150gr Mooi.
Ek wil nie verskil nie, maar as daai bruin pakkie PMP koeel 'n harde been onder 60m(soos mens in die bos doen) slaan KAN hy sleg breek.
Ek het 'n Blesbok op 18m met 160gr PMP bruin pakkie geskiet op die blad en die uiteinde wat 5 skote later en flenters bok. Die Patroon het die voorbeen getref en so sleg gebreek hy het glad nie penetreer nie.
As jy bietjie verder skote neem en kop en nek of seker maak jy skiet die groter bene mis kan jy dit gebruik, maar vir praktiese BOSJAG toestande is ek voorstaaner van Premium koeels. Onthou jy is soms moeg gestap of jy kry nie lank kans om 'n skoot te neem soos in die Kalahari of Karoo nie. So jy neem skote wat soms op vreemde hoeke moet penetreer en dan is dit maklik om die skoot te trek en grrot bene onbeplan te slaan.
Ek weet meeste bokke in Suide-Afrika en Namibie val jaarliks voor PMP patrone, maar as jy kan herlaai eerder iets beter.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 1:54 pm
by Jean Marais
In my opinie het PMP agtergeraak as dit by koeëlontwikkleing kom.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 2:28 pm
by Fritz
Kan mens nie maar net jou trompsnelheid verlaag om te kompenseer vir die feit dat dit 'n konvensionele loodpunt is nie? Ek kan byvoorbeeld nie insien hoekom 'n 180gr PMP standaard punt teen 2200-2400fps nie gebruik kan word vir onder 100m nie. As iemand my stelling verkeerd kan bewys sal ek nie stry nie. Innocent until proven guilty
Eland se groot bene is miskien ruskant, sal self eerder premium gaan net vir gemoedsrus omdat ek nie die feite het nie. Ek dink die vraag is, hoe stadig moet die impaksnelheid wees om goeie gewigretensie te behou vir spesifiek daardie punt? En dan natuurlik die catch 22, want hoe stadiger die koeël, hoe swakker die penetrasievermoë. En hoe vinniger die impaksnelheid en hy opbreek of mushroom, hoe minder behou hy momentum en hoe laer word die SD en dus swakker penetrasie tot gevolg. Hierdie konsep van SD wat verander het ons so rukkie terug behandel by die 30-06 vs Eland topic.
Ek is van mening dat mens met 'n .30cal 180gr standaard PMP koeël 'n goeie en veilige balans kan vind vir algemene bosjag. Wat sê julle?
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 2:41 pm
by Capt. Yoda
Het laas jaar gesien hoe n 180gr PMP BB uit n 300WM "ontplof" op n vlakvark se skouer net so oor die 150m.Toe ons die vark later geskiet het was die daar geen skade onder die vlies nie
Ek het al baie gemsbokke en ander diere met PMP geskiet voor ek self gelaai het maar daar is imo beter opsies.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 3:16 pm
by tau
Capt. Oblivious wrote:Het laas jaar gesien hoe n 180gr PMP BB uit n 300WM "ontplof" op n vlakvark se skouer net so oor die 150m.Toe ons die vark later geskiet het was die daar geen skade onder die vlies nie
Ek het al baie gemsbokke en ander diere met PMP geskiet voor ek self gelaai het maar daar is imo beter opsies.
My ervaring met die Blesbok en 160gr PMP was dieselfde. Ek skiet 100 Hornady Interlocks in my .243 en my pa 175 interlocks in sy 7mm RM en ek het nog nooit so iets ervaar nie en ons skiet hulle al by die 12 jaar lank. Ja hy breek sleg op as jy swakker skoot skiet of been tref, maar soos hulle se "when during the bullet failure did the animal die". Die probleem met sommige van die PMP koeels is dat hy opbreek voordat hy ernstige skade aanrig SOMS.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 4:24 pm
by Fritz
Fritz Hagen wrote:Kan mens nie maar net jou trompsnelheid verlaag om te kompenseer vir die feit dat dit 'n konvensionele loodpunt is nie? Ek kan byvoorbeeld nie insien hoekom 'n 180gr PMP standaard punt teen 2200-2400fps nie gebruik kan word vir onder 100m nie. As iemand my stelling verkeerd kan bewys sal ek nie stry nie. Innocent until proven guilty
Eland se groot bene is miskien ruskant, sal self eerder premium gaan net vir gemoedsrus omdat ek nie die feite het nie. Ek dink die vraag is, hoe stadig moet die impaksnelheid wees om goeie gewigretensie te behou vir spesifiek daardie punt? En dan natuurlik die catch 22, want hoe stadiger die koeël, hoe swakker die penetrasievermoë. En hoe vinniger die impaksnelheid en hy opbreek of mushroom, hoe minder behou hy momentum en hoe laer word die SD en dus swakker penetrasie tot gevolg. Hierdie konsep van SD wat verander het ons so rukkie terug behandel by die 30-06 vs Eland topic.
Ek is van mening dat mens met 'n .30cal 180gr standaard PMP koeël 'n goeie en veilige balans kan vind vir algemene bosjag. Wat sê julle?
Ek sien nogsteeds niemand wat my hipotese challenge nie...
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 4:36 pm
by tau
Fritz Hagen wrote:Fritz Hagen wrote:Kan mens nie maar net jou trompsnelheid verlaag om te kompenseer vir die feit dat dit 'n konvensionele loodpunt is nie? Ek kan byvoorbeeld nie insien hoekom 'n 180gr PMP standaard punt teen 2200-2400fps nie gebruik kan word vir onder 100m nie. As iemand my stelling verkeerd kan bewys sal ek nie stry nie. Innocent until proven guilty
Eland se groot bene is miskien ruskant, sal self eerder premium gaan net vir gemoedsrus omdat ek nie die feite het nie. Ek dink die vraag is, hoe stadig moet die impaksnelheid wees om goeie gewigretensie te behou vir spesifiek daardie punt? En dan natuurlik die catch 22, want hoe stadiger die koeël, hoe swakker die penetrasievermoë. En hoe vinniger die impaksnelheid en hy opbreek of mushroom, hoe minder behou hy momentum en hoe laer word die SD en dus swakker penetrasie tot gevolg. Hierdie konsep van SD wat verander het ons so rukkie terug behandel by die 30-06 vs Eland topic.
Ek is van mening dat mens met 'n .30cal 180gr standaard PMP koeël 'n goeie en veilige balans kan vind vir algemene bosjag. Wat sê julle?
Ek sien nogsteeds niemand wat my hipotese challenge nie...
Fritz ek skiet eerder 'n ligter better koeel as PMP teen hoer snelheid as om 'n PMP 180 gr stadig te laai om hom te bewaar. In my .308 met die 160gr PMP het ek maar bitter stadig geskiet aangesien dit 'n lever action was wat nie baie spoed kon hanteer nie. Ek stem 180 gr Partan teen lae spoed in die bos of 'n Partition en hy sal allles plat trek.
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 4:39 pm
by GreyGhostGear
Het met 150gr. Partitions - Eland, Bwb, Gemsbok redelik plat geskiet, maar was oor bietjie langer afstande in Oos Kaap en Karoo, ek reken 'n 180gr Partition sal darem bitter lekker werk in Bosveld kondisies?
Re: 308 Vir Bos jag
Posted: Tue Apr 15, 2014 4:42 pm
by Louis Kriel
Jean Marais wrote:In my opinie het PMP agtergeraak as dit by koeëlontwikkleing kom.
Ja nee wat, hulle het sommer heeltemal gestop met ontwikkeling. Maak seker genoeg wins op die Swift a-frames wat hulle deesdae gebruik.