Page 1 of 2
Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Fri Nov 08, 2013 12:07 pm
by Ian
As iemand belangstel:
Dr Maartens van Alldays het 2 skade-permitte vir 2 Olifante (R75000.00 stuk)
en dan een skade-permit vir 'n Luiperd (R35000.00). Dit moet 'n lokale persoon wees van RSA.
Welkom om my te PM vir sy nommer dan kan die reellings self getref word.
Groete
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Fri Nov 08, 2013 1:34 pm
by RUPERT
Hi Ian
Mag n lokale ou aansoek doen vir die permit en dan n toerus kry vir die jag?
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Fri Nov 08, 2013 1:48 pm
by Ian
Rupert
Nee, jy moet 'n grondeienaar wees en jou skade kan bewys en soos Dr Maartens aan my verduidelik het, moet dit 'n lokale jagter van RSA wees. Daar is seker maniere om dit te oorbrug maar dan kom daar seker baie ander permitte tersprake.
Groete
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Fri Nov 08, 2013 8:54 pm
by Gert Odendaal
Goeie Naand Ian
Ek gaan nou moontlik my onkunde ten toon stel. Hoekom is dit so duur om `n luiperd wat skade aanrig dood te skiet? Die olifant kan ek nogal verstaan as dit `n mooi bul met goeie ivoor is. Maar R35 000 vir `n pes dier soos `n luiperd verstaan ek nie. Verduidelik asb. as ek die kat aan sy stert beet het. Daar word jaarliks ses en twintig en meer permitte uitgegee om luiperds in die Limpopo provinsie van kant te maak, met ander woorde dit is `n pes dier soos `n jakkals en rooikat, waarom die erge bedrag daaraan verbonde? Ek weet van manne wat gif uitsit vir luiperds wat pla, maar nog nie gehoor van sulke duur luiperds nie...
Ek hoor graag van jou.
Gert
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Fri Nov 08, 2013 11:01 pm
by Ian
Beste Gert
Dit is gelukkig nie ek wat die prys van die luiperd bepaal het nie maar die grondeienaar homself.
Jy sal verbaas wees, hier is jagters in RSA wat dit met 'n glimlag sal betaal want op die lang duur spaar hy baie geld aan vliegtuig kaartjies en ook tyd en hy doen dit net eenkeer in sy leeftyd. Soos ek verstaan loop daar ses luiperds op die grond volgens die "trail"- kameras en dit gaan die eerste keer wees wat op die grond 'n luiperd geskiet sal word.
Ek was nou die dag op 'n plaas waar die buurman 'n luiperd gevang het en 'n persoon uit die Vrystaat het hom R100 000.00 aangebied vir die luiperd.
Daar is ook boere in die Limpopo provinsie wat hulle luiperds soos goud oppas want elke jaar draai dit sy omset net verder in die groen.
Hunt Africa het vir 2013 'n luiperd beskikbaar vir $25000.00 teenoor R35000.00.
Ek persoonlik sal nie 'n luiperd met 'n jakkals en rooikat as pesdier vergelyk nie want die luiperdgetalle is baie minder en jy het nie 'n skadepermit nodig om jakkals en rooikat te skiet nie.
Mooi bly.
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sat Nov 09, 2013 12:33 am
by mariusr
Luiperd word nie klasifiseer as pes dier nie want dit is beskermde spesie wat slegs gejag mag word met permit! Luiperd word deur cities as bedreig beskou en net in sekere gevalle sal permitte uitgeryk word vir jag.Moet se die R35k is vir my ook bietjiie baie styf glo nie ek sal dit betaal al het ek die geld gehad!

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 12:02 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Die R35 000 wat gevra word vir die luiperd is nie n druppel in die emmer as jy in ag neem wat jy verloor in jou wildgetalle deur die jaar vir die huisvesting van die dier nie. Gaan dink bietjie daaroor. Hierdie tipe van skade wat aangerig word op wildsgetalle sal nie gedult word deur n veeboer nie. Wanneer jy met wild boer verwag Jan-allerman dat jy dit moet aanvaar as deel van die pyne van die bedryf en as jy wel iets kan terug kry op jou skade word jy afgemaak as n geldgierige wildsboer.
Met hierdie uitkyk van die bree publiek gaan die meeste jagters in die toekoms hierdie sport net deur DVD's en jagprogramme kan geniet. Dit is vir my altyd bitter interessant dat die konsep vir betaal vir wild so mildelik deur n oorsese jagter gesnap kan word maar tog so moeilik deur ons plaaslike jagters. Wat n jammerte!
Groetnis
Wouter
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 12:16 pm
by Kallie404
Ek was bitter gelukkig om BAIE minder vir my olifante wat ek gejag het te betaal, maar die skrif is aan die muur manne.......... Met Botswana wat toe is en Zambie wat ook so-te-se toe is en broeiende onrus in Mosambiek gaan groot wild se pryse nog verder deur die dak skiet. Ek het gisteraand met my groot vriend in Zim gesels ( Stephen Meyer, Lowveld Hunters ) en hy se dat die jagte in prima jag areas ( GonarheZhou en Hwange ) in prima tye vir olifant nou al begin verkoop vir USD 50 000.00............
Ek praat nou natuurlik hier van hoofsaaklik buitelandse jagters wat so iets kan bekostig. Daar sal seker nog af en toe n "bargain" wees op probleem diere in ons land maar so dryf al die omstandighede pryse net op en op.
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 1:07 pm
by mariusr
So al wat nou gebeur is dat grootwild jag rykmans speletjie word! Dit is stront om te se dis bargain om 50 000 us te betaal net om skoot af te trek!!!?In meeste gevalle kry jy nie eers die vleis of enige iets nie behalwe 'n foto! So jy betaal net om daai skoot te skiet! Gelukkig is ek nie so onosel om te val vir so iets nie!
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 1:15 pm
by DWB
Oom Marius,
Dit is baie van ons se drome om grootwild te kan jag, en mens weet jou droom word elke dag duurder.
Maar as jy wil dit maak gebeur moet jy dit maak gebeur.
Ek het nie eers gefrons toe ek die luiperd se prys sien nie.
Jy gaan seker nie 'n leeu vir onder R80 000 kan jag nie?
Nou kan jy 'n egte wilde luiperd vir R35 000 jag.
En nee, ek het nie die geld nie, maar dit maak vir my sin.
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 1:45 pm
by mariusr
Mooi gestel Pine eish! Dis hoe dit maar werk in ons lewe om tussen die lyne te kan lees!!!!
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 2:01 pm
by Kallie404
mariusr wrote:So al wat nou gebeur is dat grootwild jag rykmans speletjie word! Dit is stront om te se dis bargain om 50 000 us te betaal net om skoot af te trek!!!?In meeste gevalle kry jy nie eers die vleis of enige iets nie behalwe 'n foto! So jy betaal net om daai skoot te skiet! Gelukkig is ek nie so onosel om te val vir so iets nie!
Oom Maruis,
Ek is met oom. Ek dink dat n mens n 50 000 US Olifant bul jag in perspektief moet sien. Dit is en bly n kaas pakhuis vol geld wat net buitelanders kan bekostig maar neem die hele jag in perspektief. Die jag sal bv geskied met n top "outfitter" soos Lowveld Hunters, Buzz Charlton of Ivan Carter,gewoonlik in top areas soos Gonarhezhou of langs Hwange of Malapati, gewoonlik 21 dae minimum wat alles wat oop en toe maak insluit. In hierdie prysklas skiet mens gewoonlik ook net bulle wat in die 60 tot 90 pond klas val.Die realiteit is dat daar ryk manne tou-staan om hierdie tipe jagte te doen.
My raad aan enige iemand is wat graag n groot dier wil jag is dat as n geleentheid homself voordoen,gryp dit aan as jy kan want dit gaan beslis nie goedkoper word nie, soos bv hierdie Luiperd en Olifante in hierdie advertensie.
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 4:38 pm
by mariusr
As jy skade permit kry vir dier is dit mos nou baie onregverdig om prys op die dier te sit om jou skade veroorsaak te dek!?So die jagter moet nou vir jou skade betaal wat jy gelei het wat die dier veroorsaak het!?Ek dink die jagter word uit gebuit in meestal van die gevalle?! Ek sal nooit deur enige outfitter of PH jag nie daar is altyd een of ander kostes wat onnodig gelaai word om geld te maak! Al wat die veroorsaak is dat negetig persent van alle jagters nooit hul droom sal kan verweensilik nie maar slegs die tien persent wat baie welaf is!My neef het laasjaar Pac olifant gejag waar hy darem die tande kon kry maar die outfitter het duisend persent wins gemaak op die olifant! Hulle het hom verniet gekry by die botswana regering op voorwaarde dat die vleis na die bevolking gaan!Hierby se ek nou nie dat jy nie wins mag maak uit iets nie maar dis darem ook nie nodig om die dam onder die eend se gat uit te ruk nie!?Dis baie hartseer dat die net vir sekere mense beskore geword het en miskien is dit die laaste stuiptrekkings van die jag industrie soos ek dit sien wat grootwild beteken!
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 4:59 pm
by Frederik
Marius,
Verkoop jou gewere en hou op jag as jy so daaroor voel tensy jy jou eie stuk grond het en jy jou eie diere skiet verniet.
As daar nie geldwaarde aan diere geheg was nie was ons land nou so leeg van wilde diere soos China!
Ek moet eerlik met jou wees die olifant se prys is baie hoog vir daardie Toothpick Tuli olifante wat jy langs die rivier gaan skiet maar die luiperd se prys is baie goed. Almal moet 'n lewe maak ek is seker jy soek ook die meeste wat jy kan uitkry uit jou werk en jou besigheid as jy een het.
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 5:06 pm
by mariusr
Ek het basies klaar gejag in my lewe!? Ek dink aan die ander arme jagters!!!!
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 5:08 pm
by Wouter Roets
Wouter Roets wrote:Dit is vir my altyd bitter interessant dat die konsep vir betaal vir wild so mildelik deur n oorsese jagter gesnap kan word maar tog so moeilik deur ons plaaslike jagters. Wat n jammerte!
I rest my case!
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 5:16 pm
by mariusr
Wouter Roets wrote:Wouter Roets wrote:Dit is vir my altyd bitter interessant dat die konsep vir betaal vir wild so mildelik deur n oorsese jagter gesnap kan word maar tog so moeilik deur ons plaaslike jagters. Wat n jammerte!
I rest my case!
Dis einlik baie maklik want die rand is niks werd nie!!!! Die ergste van alles is jy moet probeer lewe uit die lae waarde van ons geld!
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 5:25 pm
by Pappabeer
As ek nie nou een of twee ander vure moes doodslaan nie sou ek met n smile daai 35K uitgehaal het, VERAL, as dit saam met een van die ervare PHs was op Kolkatte.
Dink dit moet n great ervaring wees om deel te wees van die baiting, blinds bou, baits nagaan, ens. en dan vir Ta te probeer uitoorlê.
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 5:30 pm
by Wouter Roets
Maruis
Jy kan nou maar ophou skree hoor.
Aangesien die rand so swak is wil jy my nie asb dan ons iets gun om te maak uit die dier wat ons al klaar so baie kos nie?
Indien jy belang stel sal ek sommer hier op die forum vir jou n sommetjie maak wat se skade so dier kan aanrig in n jaar se tyd. Maar ek sal dit net doen as jy werklik met n oopgemoed daarna sal luister andersins sal ek maar eerder die heruitsending van die rugby van gistraand gaan loop kyk.
Groetnis
Wouter
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 6:59 pm
by mariusr
Jammer as ek nou op paar tone getrap het maar skreeu nie net my gevoel! Kennise van my het so paar jare terug ook aansoek gedoen vir skade permit vir luiperd! Rede was hy vang hulle wild en soms kalwers.Natuurbewaring vra toe meneer wat verwag jy moet die dier eet ? Gras!! Daar is sekere risikos wat mens maar moet mee saam leef in die lewe as jy sekere goed doen en sluit boerdery in. Sy permit was toe nie goedgekeur nie.
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Sun Nov 10, 2013 8:35 pm
by Gert Odendaal
Ek het definitief eerste die groot bedrag vir `n luiperd in twyfel getrek. Wouter, ek dink net dat die saak duidelik uit twee onversoenbare perspektiewe gesien en bespreek word. Jy is `n wildsplaas eienaar en by jou gaan dit net oor wins wat nie verkeerd is nie.
Ek is `n twee-keer `n jaar jagter, wat in my lewe nooit soveel geld op `n luiperd sal bestee nie, ek kan hom nie eet of sy vleis verkoop nie.
As jy nou na die twee uiteenlopende pole en perspektiewe kyk kan ek glo dat jy ook besef dat ek en Maruis nie verkeerde is nie, jy is ook nie verkeerd nie.
Dit bly tog enige persoon op die forum se reg om sy standpunt te huldig, sonder dat enige persoon moet voel dit is nodig om te sterk oor te kom.
Ek hou daarvan om emosies uit `n bespreking te hou, sodoende voel elke persoon daar is respek en begrip vir sy standpunt.
Die feit bly staan dat ek met `n paar boere gesels het in die Naboomspruit/Nylstroom omgewing en volgens hulle is luiperd `n pes wat hulle op die staduim gif gee dat die probleem kan weggaan, en dit is agv die perspektief en senario dat ek nog steeds voel R35 000 is heeltemal buitensporig om vir `n luiperd jag te betaal as die diere vergiftig word en nie eers geskiet word op plase nie.
Maar na alles gese is, dit is my opinie en ek glo daar is baie manne op die forum wat met my sal verskil, maar hulle sal dit in dieselfde gees doen as wat ek my opinie gelug het. Ander manne sal sekerlik meer as R35 000 betaal soos wat in van die insette uitgelug is.
Groete
Gert Odendaal
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Mon Nov 11, 2013 12:13 am
by Wouter Roets
Hallo Gert
My probleem met hierdie skrywe gaan grotendeels oor onkunde en perspsies wat heers by die bree publiek, selfs onder jagters.
Kom ons begin en se enige persoon wat n luiperd sonder n skade permit of jagpermit van kant maak homself verskuldig aan n misdryf. Nieteenstaande die feit doen boere dit noodgedwonge om hulle heenkome te beskerm. Hierdie word gedoen oor daar nie genoeg sulke permitte uitgeryk word nie aangesien daar n enorme gebrek aan kennis op die gebied by die departement sowel as by die publiek heers. Dat luiperds n probleem dier in sekere gebiede is is nie debateerbaar in my oe nie.
Gif word gebruik want dit is die maklikste en koste effektiefste manier om dit te doen en selfs dit is nie naastenby effektief nie. Nou ek kan verstaan hoekom julle vra hoekom n jagter dan nie eerder hierdie dier kan kom jag nie. Wat jy moet besef is dat elke persoon wat n skadepermit kry WETTIG die dier mag dood maak en dat hy die opsie het om dit aan te bied aan n binnelandse jagter. Hy kan vra wat hy wil en dit is dan oop aan enige persoon om die offer op te neem of weg te wys. Nou net oor sekere jagters by die leuse lewe van hy skiet net wat hy eet is dit nie te se dat daar weer jagters is wat wel jag vir ander motiewe nie. Niemand forsseer niemand om die offer op te neem nie.
Skadepermitte word nie maklik uitgeryk nie. Ek weet ons doen al vir vier onsuksevol aansoek. In ons tweede en derde jaar op die plaas was ons skade in die orde van n R1 000 000(ja jy lees reg dit is ses nulle) aan vlakte wild wat afgestaan is aan predatore. Luiperds het n groot gedeelte daarvan uitgemaak met opgetekende vangste van tot elke tweede dag vir lang prejodes. Ons was hierdie jaar gelukkig en het n jagpermit getrek in die lotery van ons provinsie. Ons kan nou so tussen $12 000-$15 000 kry vir die jag. Dit alhoewel n goeie bedrag is nog nie n druppel in die emmer as jy in ag neem wat ons al af gestaan het aan die huisvesting van die spesie nie. Dit is baie minder as wat ons kry vir leeus.
Kan jy enigsins nou verstaan hoekom ek kapsie aanteken as mense n boer wil ontneem van inkomste uit die jag van n dier wat hom so baie kos? Hierdie geleentheid doen homself nie baie voor nie en n mens kan darem seer sekerlik die boer daai inkomste gun.
So terloops as ek in die wildsboer bedryf gegaan het oor die winste was die plaas al lankal verkoop. Daar is baie makliker en meer suksesvolle bedrywe daar buite, glo my. Ons is in die bedryf oordat dit ons passie is.
Groetnis
Wouter
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Mon Nov 11, 2013 12:29 am
by immelmanw
Manne, jag in Suidelike Afrika is van die goedkoopste in die wereld.
Kanada (BC, Alberta en Secatchewan) betaal jy gemiddeld so $4000 vir n trofee mule deer, $6000 vir n elk of moose jag. As jy in NWT (Northern Teritory) of Alaska wil gaan moose jag kyk jy na so $10 000.00 die caribou jagte is so $5000.00
In Amerika kyk jy na so $10000.00 vir n elk op n ranch in Colorado en tot $5000 vir n mule deer.
Ek het die voorreg gehad om in Kanada te jag (beer, whitetail, elk, moose ens) dit was n onvergeetlike belewenis, net soos n jag in Afrika vir n Amerikaner n onvergeetlike belewenis is. Ek kan wel se dat jag n SA heelwat Goedkoper is as in Amerika, al betaal jy $$$$.
Groete
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Mon Nov 11, 2013 7:13 am
by spekieries
Willem ,Wouter
Nie spesifiek op bg. pryse gemik nie, maar meer in die algemeen.
Ek verstaan dat jag relatief goedkoop is teenoor meeste lande. Die hartseer is dat vir 'n salaristrekker is dit 'n deel van ons kultuurerfenis wat verlore mag gaan. Die diere waaroor ons droom om te jag word nou so geprys dat dit buite die gemiddelde man se parameters beweeg(My droom Dagga-Boy voor ek my kop neerlê). Selfs biltongjagte raak styf vir die gemiddelde man op straat.
Ek verstaan dit is 'n boerdery"wildsboer" daarom word alles nou teen vraag en aanbod bemark.
Ek lees baie keer op Accurate Reloading van die diere en die pryse wat betaal word om te jag. Ek raak soms naar en dan weer de m@#r in om te sien dat die rykgat Yanks ons wild kom skiet, maar ek wat lief is vir Afrika, ek wat kan vasbyt en my kinders hier kan grootmaak , vir my is dit nie beskore nie.
Nee Frederik ek gaan nie my gewere verkoop nie. Ek mag seker sê ek dink dit is duur. Ek sal hulle bly skiet en maar spaar om elke jaar, tweede jaar, derde jaar 'n paar bokkies te gaan skiet. Ek is lief vir die natuur ek is lief vir skiet want dit is deel van hoe ek groot geword het.
Miskien te emosioneel - Maar dit is hoe ek daaroor voel.
Re: Skade-permit Olifant en Luiperd
Posted: Mon Nov 11, 2013 9:38 am
by Dawie Malan
Een groot luiperd vat 'n gemiddeld van 35 wildsbokke in 'n jaar. As ons aanteel vermeerder omdat ons makliker permitte kry, dan kan ons mos minder vra vir ons bokke wat die jagter sal baat. Maar ons kry nie skadepermitte nie. Met 'n aansoek vir skadepermitte word ons eers rondgevoeter en vra aan ons gevra soos hoeveel luiperds loop op die plaas, is hulle manlik of vroulik. En 'n inspeksie moet gedoen word. Dan word ons verwys na een of ander luiperdbewaarder vir 'n informele lesing. Die Dept se uitgangspunt is dat wild die luiperd se natuurlike prooi en vir daardie doel reik hulle nie sommer permitte uit nie. Soveel as 'n derde van die skadepermitte word ook blykbaar eers aan voorheenbenaadeelde grondeienaars uitgereik. 'n Grondeienaar kan kies of hy 'n leeu op sy grond wil hê, maar mag nie self besluit oor 'n luiperd nie. En om alles te kroon is hier mense op hierdie forum wat hulle beywer vir die bewaring van die luiperd en ook die diere wat gevang is op een plek laat vrylaat. Die wet vir die bewaring van luiperds is geskoei op die kaapse luiperd van 45 kg. Daar is luiperds in my omgewing geskiet van 112kg. Om ook nie eers te praat van al die luiperdvelle sonder cities permitte wat die tradisionele ouens mee dans met hulle wit tekkies nie.
Ons koste en moeite vir die permitte is ongelooflik hoog en R 35 000 maak nie eers naby op wat ons verloor nie.
Groete
Dawie