Page 1 of 2

Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Thu Nov 07, 2013 8:34 pm
by HennieC
Na aanleiding van die post met Toyota met die baie jakke op wonder ek of 'n voertuig se kleur 'n baie groot rol speel.
Wat se kleur voertuig gebruik die manne op die forum?

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 7:05 am
by Flip Fouche
Taffie sal se glad nie n wit bakkie nie!!

Mooi loop.

Flip

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 7:10 am
by Danie Lombard .243
Ek jag sedert 1997 met wit bakkies sonder enige probleme.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 7:15 am
by cassie_calvinia
my landie rooi. en hy raak weg in die donker.
wit werk in donker maan, maar volmaan, sal hy uitstaan.
veral in oop vlaktes.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 7:24 am
by Polla1983
Ek self gebruik n wit ford ranger..geen pyne met hom! Cassie praat waar, volmaan en selfs driekwart maan is n moenie! Ek het al jak gedood 60m van die wit bakkie en al aande gekry waar hulle vir my kyk op 600m en net daar bly!.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 11:22 am
by roux cf
Ek skiet met n vaal swart bakkie.

Het self met n cream bakkie begin, en n halfmaan sien vlekkie jou sommer baie mooi!

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 11:25 am
by Danie Lombard .243
Volmaan, donker maan, halwe maan, enige maan, nog nooit ellende gehad met wit bakkie nie. Wind is vars moeilikheid, jakkie meer gesteld op dit wat hy ruik.

Moet vir een oomblik nie dink jak ken nie van bakkie nie, hy ken die reek van tyres, uitlaat gas en alles aan 'n bakkie uit sy kop uit.

Waar is die maters wat nagte al omgesit het op 'n trekker seat. Hulle sal jou vertel hoe vang jak muise en allerhande ander goed in die lande terwyl die trekker raas en sy ligte skyn.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 11:37 am
by cassie_calvinia
danie
dalk by julle.
maar in die karoo vlaktes jag jy nie eers in volmaan met camo bakkie nie.
'n jakkals kos my R15k per jaar. en hul bitter skelm, met wit bakkie vat ek nie kans nie.
sal ook nie iemand toelaat om by my te jag met wit bakkie nie,

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 1:32 pm
by Cobus(Cobb)
nou anderaand `n man ontmoet met wit corsa bakkie met skietraam...hy was baie suksesvol..

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 1:35 pm
by Danie Lombard .243
Dit is heel waar wat jy se Cassie, areas verskil hemel breed.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 2:15 pm
by roux cf
+1 Cassie!

Verbeel jou! N wit Corsa in die karoo! Hahaha

Danie, ja, waar jakkalse die goed gewoond geraak het sukkel dit maar met enige bakkie.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 2:46 pm
by cassie_calvinia
cf
nou praat jy waar! ek kry nie eers 'n jakkals naby genoeg dat hy my bakkie kan sien nie! haha

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 3:00 pm
by LongWolf
gebruik n trekker en sleepwa.

diere is gewoond aan die geluid en assosieer met kos.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 3:09 pm
by ROBBIE1
Wat van n blind met camo net of uit n hide, dan is daar mos nie n bakkie wat hulle afsit nie?

Of is dit nou n baie dom vraag?

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Fri Nov 08, 2013 3:47 pm
by NicoSmit
Cobus(Cobb) wrote:nou anderaand `n man ontmoet met wit corsa bakkie met skietraam...hy was baie suksesvol..
Dis seker nie ek nie ek cammo my corsa

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sat Nov 09, 2013 2:30 pm
by Cobus(Cobb)
NicoSmit wrote:
Cobus(Cobb) wrote:nou anderaand `n man ontmoet met wit corsa bakkie met skietraam...hy was baie suksesvol..
Dis seker nie ek nie ek cammo my corsa
Nee nee, dit was 'n man by die ops...nou sy naam vergeet..hys 'n onaktiewe forum lid.....sy bakkie het so gordyn rails hier om die bak...dan maak hy toe, amper soos 'n shower cubicle....
die man skiet gou gou 5 of 6...dan is hy 10 uur in die bed..
volgende aand selle storie...

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sat Nov 09, 2013 3:22 pm
by Piet Pille
Manne, net gou 'n baie dom vraag van iemand met geen jakalsjag ondervinding nie.
Hoe relevant is jou bakkie se kleur as jy in elkgeval jou posisie vir kilometers weggegee met die skerp ligte wat jy gebruik. Al sit mens in 'n gat in die grond met camo-netting oor en jy skakel die lig aan is jy tog onmiddelik sigbaar vir baie baie ver, selfs vir die (swakker) mense oog? Of assosieer jakkalse onmiddelik 'n voertuig met gevaar en nie 'n skerp lig nie?

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sat Nov 09, 2013 4:26 pm
by Cobus(Cobb)
Pieter...vertel jou 'n storie.

Skiet gisteraand, buurman is greenie..sien my in veld en kom uit met sy wit Isuzu....ek bly my kant v/d draad, maar sodra my LF in sy plaas in skyn...blaas hy my met sy Hella spotlight...ek waai toe na verder weg spot en bly seker 2 ure weg...glo hy het loop slaap....toe ek terug kom...fik hy nog daar rond...seker so 400m van my af...
Op stadium roep ek Rooi alleen of so iets (kannie lekker onthou nie), en wragtig roep 'n jak terug van sy kant af, ..gou gelig en waragtig sien ons oge, seker 60m van sy bakkie af, skuins agter hom...hy het seker sy gat afgeskrik en sy tools laat val, want seker eers 20sek later kon hy my weer shine met sy Hella
My teorie is dat jak, veral in ons area , min gespin is oor bakkies...hulle sien hulle,...trekkers, trokke, siphon, karre ens elkedag...ek meen, die 2e nes wat ons raakry was 513m van plaashuis af..ek glo nie 'n jak hier by ons loop verder as 2km voor hy iewers 'n teerpad moet kruis nie....

My 2c

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sun Nov 10, 2013 5:16 am
by visstok
My ondervinding met wit bakkie.

Jakkals kom in, lig baie gedim, volg hom deur scope, soos hy in kom kyk hy kort kort in my rigtig, het hy die bakkie gesien, ek weet nie.

My jakkals wa is donker camo geverf, help dit, ek sal nie weet nie.

Almal weet ou vlekkie is nie dom nie, so ek wil myself die beste kans moontlik gee.

Groete Alex

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sun Nov 10, 2013 12:46 pm
by Francois Marais
Danie 243

As roepjag jou enigste inkomste was, sou jy steeds met n wit bakkie jag??????

Mooi loop
Francois

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sun Nov 10, 2013 2:25 pm
by Danie Lombard .243
Hallo Francois. Ek gee krediet aan jou vraag antwoord en se nee, ek sou ook 'n donker bypassende bakkie gebruik het.

Ek is self 'n grond eienaar en het met skaap geboer saam met die bees. Dus was en is ongedierte beheer steeds vir my 'n prioriteit. In die tyd het ek deurgans met 'n wit bakkie gejag omrede dit al is wat wat ek gehad het. Dit moes net werk en het gewerk. Ek sal met 'n oortuiging se dat ek nie in 'n swakker posisie was en steeds is omrede ek 'n wit bakkie gebruik vir ongedierte beheer nie.

Moet vir een oomblik nie dink ek maak afbreek aan die gebruik van 'n donker bakkie nie. Vir alle praktiese redes moet en glo ek dit moet beter werk en meer gepas wees vir nag jag.
En dit is tog beter. Net so werk 'n wit een, 'n silwer een, en ook enige ander kleur.

NS Ek besit 'n donker gruis Mazda BT 50 Tans is die bakkie nog die beter bakkie en word nog nie vir jag en plaaswerk ingespan nie. Sy dag sal kom en dan sal ek met die donker gruis bakkie jag. Tot dan moet die wit een soos in die afgelope 16 jaar sy ding doen. Steeds met sukses.

Groete

Danie.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sun Nov 10, 2013 5:48 pm
by Francois Marais
Danie

TX

Mooi loop
Francois

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sun Nov 10, 2013 6:08 pm
by Freddie101
Manne, Ek wil ook n eiertjie le oor wit bakkie.

Waneer jakkie inkom en ons gewaar hom betyds en hou gedimde lig op hom is daar nie n manier dat hy jou bakkie sal raaksien al is hy watse kleur, want die lig is die beste camo. Maar wat vandie een wat staan en kyk van die kant af. Hy staan en kyk en neem notas. Die wit bakkie moet aandag trek met sy donderslag daarby. As die bakkie donker was reken ek hy sou meer op die roeper gekonsentreer het. Ligte sien hulle elke aand van 5 na 10 kilos ver tot naby. As daar baie jakkies is sal die wit bakkie baie jakkies skiet, maar dit is nie wat tel nie soos Taffie en Louis en almal al gese het. Wat tel is hoeveel geleerde manne agter bly. In kgalagadi sal n jakkals miskien tjops van jou braavleisvuur af steel. Sal hy dit op n karooplaas by die opstal doen. Nee , hy het geleer om bang te weesv vir mense. Sal n wit bakkie hom vinnger leer. Ek glo so.

Ons spandeer duisende op die beste gewere, stoele, ligte, camo klere ens maar wil verskonings uitdink om met wit bakkies te jag.

By my het ek self geleer dat lig/roep/bakkie/menssku jakke my R40 000 plus n jaar kan kos. So self of sal enigiemand anders nie by my met n wit bakkie jag nie. Hierdie is slegs my mening.


Forumgroete

Freddie

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sun Nov 10, 2013 7:11 pm
by Mac
Freddie,

As daai 'n spyker was, het jy hom nou met een hou tot sy volle diepte geslaan. Mooi man.

Re: Voertuig wat gebruik word vir nag skiet

Posted: Sun Nov 10, 2013 7:25 pm
by visstok
Baie goed gestel Oom Freddie

Groete Alex