Page 1 of 1
Vir die jakkalsjagters.
Posted: Thu Nov 07, 2013 7:46 pm
by Piet Pille
Hallo manne, hierdie foto nou nou op Fb gekry...... enjoy!
Geneem deur 'n jakkalsjagter naby Stampriet.
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Thu Nov 07, 2013 7:55 pm
by Landy
Ek sien hulle het 54 in 4 aande geskiet
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Thu Nov 07, 2013 7:56 pm
by Cobus(Cobb)
Landy wrote:Ek sien hulle het 54 in 4 aande geskiet
Hulle???? is dit forum manne? ken iemand daai trokkie??
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Thu Nov 07, 2013 7:57 pm
by PWV
Landy wrote:Ek sien hulle het 54 in 4 aande geskiet
Is dit 54 in 4 aande of 54 in 4 maande???
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Thu Nov 07, 2013 7:59 pm
by Kalahari
Mooi man, ek het nog nie 'n hilux gesien wat se gat hang van jakkalse nie

Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Thu Nov 07, 2013 8:21 pm
by Ockert1992
Dam maar wragties mooi as hulle so hang!
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Thu Nov 07, 2013 8:31 pm
by G-force
Ou foto.Praat dikewels met die man.
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 7:23 am
by LongWolf
Lyk my hy was op n plekkie gewees met n relatiewe jak probleempie

Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 8:08 am
by Francois Hugo
Heigend hert!!
Of dit 'n ou foto is of nie, hier het die jakkalse op 'n stadium erg, tweede gekom op die ou einde!!!
(as ek die ligte gras bedekking kyk, is dit seker 'n ou foto, want ek verstaan dis erg droog daar)
Die arme boer/boere het, vir seker derde gekom vir 'n lang tyd as ek die jakkalse se "size" so kyk....
(Of hulle boer net bees, maar dis tog meer skaapwereld daardie)
En in die geval die Jakkalsjagter eerste!!
Kerels ek is maar dankbaar die klas van troppe jakkalse loop nie hier in die Namakwaland rond nie, skoonpa se lammers sou dit nie gemaak het nie!!!
Wens in elke geval die jagter diep baie geluk met die jagtog, min manne kan daardie klas van foto neem......
Groete uit die Namakwaland
Francois
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 8:24 am
by Jean Marais
Pieter Willem Vorster wrote:Landy wrote:Ek sien hulle het 54 in 4 aande geskiet
Is dit 54 in 4 aande of 54 in 4 maande???
Ek dink die avatar moet 'n bril kry.
54 in 4 aande
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 8:39 am
by Piet Pille
Nou maak ek die som- 54 x 700 = R37800........ dit is R9450 per dag......!
Nou wat mors ek my tyd nog in die pillebedryf?
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 8:41 am
by Alwyn
Een ding is verseker n man moet nie an hoogte vrees lui as jy op daai stoel wil klim!!

Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 9:08 am
by NicoSmit
en hy gaan defnitief nie in 'n gewone garage getrek kan word nie
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 10:26 am
by Piet Pille
NicoSmit wrote:en hy gaan defnitief nie in 'n gewone garage getrek kan word nie
Jip, vra maar vir Ruan, dit werk nie!

Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 10:49 am
by tafjak
Pieter
Nee wat, ek dink nie som is heeltemal so maklik nie - kan nie vir FJ praat nie, maar dit behoort heelwat goedkoper as dit te wees. Baie jagters sal die klient tegemoet kom met sulkke hordes. Gewoonlik word die saak vooraf bespreek en sulke tye is maar min in die jaar. Kry week of 2 sulke trosse en dan is dit maar weer op die jakkals/dag(30 per maand) storie.
Mooiloop
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 10:57 am
by ROBBIE1
Die bevolking het n aansienlike knou daar gekry, wel gedaan aan daai manne!
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 11:12 am
by Danie Lombard .243
Ook maar 'n ou simpel lorretjie wat se gat so hang van 'n paar jakkalse.
Ooo gonnas! Nou gaan ek erg pakslae kry.
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 11:36 am
by Freek
Sien die BOSVARKE draf die vlaktes plat... rol die jakkies so in die verbygaan!!!
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 11:58 am
by Raven
Manne,
1. Dit was gejag in Namibia - n hele tyd terug al.
2. Die plaasboer was te-gemoed gekom met die prys, nie nodig om die finaale prys hier te gee, maar ek en FJ het gepraat daaroor terwyl hy die jag gedoen het.
3. Dit was gejag in 4 nagte
4. Hy was al saam met my op jagte.
5. Freek het gehelp om n BOSVARK Stoel tot in NAM te kry vir FJ.
Hy is n goeie ou, kursus gedoen en baie laatnag sms na my toe..
Groete
Raves
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 12:03 pm
by Piet Pille
tafjak wrote:Pieter
Nee wat, ek dink nie som is heeltemal so maklik nie - kan nie vir FJ praat nie, maar dit behoort heelwat goedkoper as dit te wees. Baie jagters sal die klient tegemoet kom met sulkke hordes. Gewoonlik word die saak vooraf bespreek en sulke tye is maar min in die jaar. Kry week of 2 sulke trosse en dan is dit maar weer op die jakkals/dag(30 per maand) storie.
Mooiloop
Hahaha, neewat oom taffie, ek besef dit maar al te goed. Het maar bietjie been getrek- mens hoor mos maar altyd net die suksesverhale, maar almal vergeet mos maklik van die 10-talle aande wat julle manne in die ysweer moet sit sonder dat daar 'n skaapvanger bakkie ry. Ondankbare werk met geen waarborge vir kos op die tafel nie!
Tog fassineer hierdie ondierbeheer my geweldig! Vandat ek op die forum is lees ek met groot oe al die stories onder die jak-jag afdeling. Net om te besef hoe tegniese en kundige veld dit werklik is. Sou graag meer daarby wil betrokke raak, veral hier bo in die noorde waar daar 'n vervuiling is en nog baie van die grond "vergin jakalsjag areas" is. Maar ek besef maar al te goed dat ek eers by 'n kurses of 3 sal moet gaan leer, en paar aande met 'n pro sal moet deurbring. Een ding het ek op Jaracal geleer- deur al die regte toerusting aan te koop maak nog nie van jou 'n jakalsjagter nie! Ek sal maar eers wag om te leer voor ek die beursie uithaal
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 12:14 pm
by Freek
Raven, bly om te sien die man kry darrem sukses uit die belleging. Ek het die foto so paar maande terug op my e-mail ontvang en die manne wou net weet wie vermoor hulle so. Ek het op daai stadium nie 'n "clue" gehad wie die "gunner" was nie. Die "NA" op die nommerplaat kon darrem 'n stukkie vertel dat dit nie op "SA" bodem plaas gevind het nie.
Groete vir FJ en liefde by die huis.
Re: Vir die jakkalsjagters.
Posted: Fri Nov 08, 2013 3:40 pm
by johans
Pieter Vorster wrote:Hallo manne, hierdie foto nou nou op Fb gekry...... enjoy!
Geneem deur 'n jakkalsjagter naby Stampriet.
ek weet nie hoekom mense dit op fb wil sit nie,net moeilikheid vir ons