Page 1 of 9

Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 4:27 pm
by jaracal
Goeie nuus:
Ek het met Petrie van GreyGhostGear ooreengekom om 'n reeks items te maak vir ons Jaracal lede. Hy sal oor die naweek die geborduurde kledingstukke kry en vir ons fotos neem dat ons dit teen Maandag kan plaas. Ons sal dan die pryse, bestellings voorwaardes, tydskedules ens plaas vir bestellings.

Ek dit ook goed gedink om ook die nuwe 2D/3D Jaracal LOGO ten toon te stel wat dan die logo sal wees op die nuwe nuwe reeks en sal graag die ouens se terugvoering daaroor wil kry.

Waldo van Deemter (Swartsak) was so gaaf om die logo vir ons te ontwerp.
J_logo_nuut.png
Groete
Heinrich

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 4:30 pm
by cassie_calvinia
dit lyk sommer grend!!

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 4:33 pm
by Smiley
Ek laaik...

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 4:35 pm
by savage(P Coetzer)
Baie netjies!

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 6:38 pm
by Cobus(Cobb)
Ek laaik................die ou een meer.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 6:43 pm
by Pvdw
Stem saam met Cob

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 6:49 pm
by G-force
Oud en nuut is altwee mooi.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 6:51 pm
by jaracal
Hiermee 'n skoon image sonder enige kleur wat dit moontlik beter sal uitwys:
Logo_2.gif
Groete

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 6:54 pm
by HennieC
Die ou een is wat my ook vang elke keer.
Laaik die ou een beter

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 7:06 pm
by JPS
Ek hou ook van die ou een.so effe meer maar seker omdat ek hom meer gewoond is. Die een is nie sleg nie.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 7:07 pm
by henried
Ek dink dis baie goed gedoen.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 7:07 pm
by Roger
jaracal wrote:Hiermee 'n skoon image sonder enige kleur wat dit moontlik beter sal uitwys:
Logo_2.gif
Groete

Ek kan die een op my bakkie sien !!

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:17 pm
by Polla1983
Beide..soos genoem dink ek mens moet eers gewoond raak aan die nuwe look..dis maar soos die bulle met die pienk pullovers...grappie..!

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:22 pm
by PWV
Hou nie van die baster nie. Maak dit jakkals of rooikat.
My beskeie opinie.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:41 pm
by jaracal
Jaracal is juis 'n saamgestelde woord. Jackal en Caracal = Jaracal
groetnis

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:44 pm
by vlakvark1
Roger wrote:
Ek kan die een op my bakkie sien !!
Sal ook van n plakker hou vir my bakkie

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:49 pm
by Johnnie De Wet
Ek hou meer van die ou een.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:56 pm
by G-force
jaracal wrote:Jaracal is juis 'n saamgestelde woord. Jackal en Caracal = Jaracal
groetnis
Die nuwe logo in swart en wit is baie mooi.Dis perfek om by die forum naam aantesluit.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:56 pm
by Cobus(Cobb)
jaracal wrote:Jaracal is juis 'n saamgestelde woord. Jackal en Caracal = Jaracal
groetnis
Die bestaande of ou embleem, alhoewel bietjie meer "digital" of 1 dimensioneel as jy wil, beeld vir my die 2 diere beter uit...(Met alle respek vir swartsak se input)

Sien die ASB nie as krities of weerspannigheid nie...net eerlike,positiewe input

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 08, 2013 3:00 am
by visstok
Ek hou ook meer van die ou een.

Groete Alex

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 08, 2013 5:16 am
by vossie1
Ek hou van die nuwe een

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 08, 2013 5:29 am
by visstok
Ek dink maar hoekom baie van die manne wat al lank op die forum is meer van die ou een hou, is omdat ons hom gewoont is.

Groete Alex

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 08, 2013 5:43 am
by Frederik
Kan iemand nie 'n post opsit om die twee logos langs mekaar te sien nie en dan te besluit nie die nuwe een is groot en jy kan dit net ooreenstem met die klein logo bo op die forum.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 08, 2013 6:59 am
by vossie1
Ek stem saam met jou visstok ons suid afrikaners hou nie baie van verandering nie,maar die nuwe logo is mooi. Ma ek is maar nog nie so lank op die forum nie.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 08, 2013 7:15 am
by Jean Marais
Dis asof daar meer mistiek in die ou een is. Mens moet eintlik mooi kyk om te sien dis 'n "Jaracal", en met die nuwe ene gaan dit half verlore, want jy sien die "Jaracal" makliker raak. Daarom sal my keuse eerder die ou een wees.