Page 1 of 1
Watter een is minder lekker??
Posted: Wed Nov 06, 2013 9:06 pm
by hebron
Ek het vanmore n jakkals wat ek al 'n geruime tyd lank soek uit n slagyster verloor!!!!
Die jak moes Saterdagaand of Sondagoggend in die yster gekom het en sy voet vanmore by die yster gelos vir my; wat n teluerstelling! Na so baie voetwerk en moeite net om n hele voorvoet te kry...
Nou wonder ek of dit net so sleg sou voel as 'n mens "die" jak mis sou skiet met 'n roepery? nie dat ek nognie een mis geskiet het nie, maar die wat jy roep en skiet neem nie so baie tyd in beslag soos Slagysters nie (spore soek; stelplek soek ; 2-3 keer per week ysters nagaan en na twee weke weer verstellings te doen).
Dit voel ook soos daai "amper-raak" skoot, nog n graad vir n reeds uitgeslape jakkals!
Wat moet my plan-B behels, die terein is nie geskik vir nag-roep nie............
Willem
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Wed Nov 06, 2013 9:22 pm
by Hein M.
Kan jy nie dalk 2 ysters naby aan mekaar stel nie? Het destyds dit met die ystervarke gedoen - wat hul voete afdraai...
Hein M
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Wed Nov 06, 2013 9:48 pm
by Heinz Petersen
Al twee is nie lekker nie. Na n lang dag het ek nie nog die krag om snags uit te gaan nie,maar dit moet ook gedoen word. Jou friende wil altyd kom jakke skiet en hulle dink dit is groot pret, maar jy is die een wat alles moet regkry.
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Wed Nov 06, 2013 10:31 pm
by hebron
Hein, ja ek stel altyd die ysters 2-bymekaar; maar kon nog nooit n jakkals kry wat in altwee trap nie.
Gewoonlik spring hy met n vaart weg en kry eers na 5 tree weer spore
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Thu Nov 07, 2013 8:17 am
by Mac
As jy offset ysters met swivels gebruik kan die voet nie af gedraai word nie,
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Thu Nov 07, 2013 8:29 am
by Cobus(Cobb)
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Thu Nov 07, 2013 10:18 am
by Jakkie 321
Mac wrote:As jy offset ysters met swivels gebruik kan die voet nie af gedraai word nie,
Mac vertel meer asb.
Groette
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Thu Nov 07, 2013 1:27 pm
by johann
+1 Mac... hebron kan die jakkals hardloop met die yster of is yster vas? N stuk tjoep kan jy sit net na die swiwel op jou ketting tot teen jou vurk of pen.. dit laat die jakkals nie met dai slag sy poot uitplik of afdraai nie. As die jakkals voet probeer afdraai met n yster met swiwel aan draai die yster net saam en sodoende kry hy dit nie reg nie.
Mac sal beter kan verduidelik
Groete johann
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Thu Nov 07, 2013 2:04 pm
by Chris Swart
Dom vraag, maar hoe lank sal daai jakals met 'n gebreekte been oorleef?
Is dit nie maar net 'n kwesie van tyd voor hy dood is nie?
(Ek het noog nooit Jakals gejag of probeer vang nie so beskou dit maar as 'n "Newbie" vraag)
Re: Watter een is minder lekker??
Posted: Thu Nov 07, 2013 3:47 pm
by Mac
Eerstens, as jou slagyster se kake op hulle volle lengte aanmekaar is, smyt weg, kry vir jou verstelbare offset ysters. (Peter sn' werk bakgat) Stel jou trap plaat op 1.8 tot 2Kg, en plaas vekieslik nog een swivel op die verleng stuk van jou ketting. Maak jou ketting se lengte 600mm of meer. Die offset maak dat die weefsel nie geknyp raak nie, en dus nie eintlik die been sal breek nie, en as die been nie breek nie, kan hy nie sy voet af draai of byt nie. Stel ook jou yster so dat die kake voor en agter die been vang, en nie van die kant af nie. Dit sal dikwils (sp) nie eers die vel sny of breek nie as hy reg vang. Die swivels, sorry weet nie wat die afrikaans is nie, keer dat die ketting op wen, en sodoende kan die dier nie anker plek kry teen die penne met die ketting wat opgewen is nie.
Johann, ek persoonlik hou nie van tube nie, jou ysters le party keer lank en na 'n ruk "perish" die rubber, en jy kan jou yster so verloor. As ek vir katte stel wat kwaai trek, maak ek 'n "loop" (Kinkel) in die ketting, en plaas 'n veer (spring) oor die kort kant, dit verminder die trek op die penne, en jou ketting bly heel.
Chris, ek self het heelwat jakkalse geskiet met af pote, wat net van ysters kan wees, kyk maar net hou gou jou hond genees, en elsneus is tog immers 'n hond. drie bene verhinder hom glad nie, hy kom baie goed so oor die weg.