Page 1 of 1

Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 3:06 pm
by FanieVenter
Middag boere!

Soos julle weet is ek 'n top jakkalsjagter gewees, met duisende van die goed wat voor my ou .22 magnumpie geval het. Maar soos julle sekerlik weet, is dit 'n ongewonne stryd.
Ek het nou egter van plan verander, na ene Boul Smit ons kom toespreek het.
Ek gaan nou saam met die jakkalse in harmonie lewe, nadat ek gehoor het van herdershonde, klokkies en so aan. Ek gaan ook nou my skape elke nag kraal, want dis die verantwoordelike ding om te doen. 'n Man kan mos nie sy kinders in die veld laat slaap nie?

So, wie is saam met my?

Groetnis!
Fanie Venter
Fraserburg
Noordkaap

Re: Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 3:08 pm
by Cobus(Cobb)
Yip Fanie....ek ondersteun jou hartlik...sterkte mater

Re: Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 3:17 pm
by Alwyn
Middag Fanie

Dis vir my baie hartseer dat ou Boul Smit jou om gepraat het........

Ek wil net graag vir jou vra om daai ou .22 magnumpie van jou telaat op swys en dan hang jy hom bokant die agter deur saam met n foto van jou niet gevonde vriend Boul......

Dis nou so dat jy elke keur as jy uit stap om tegan kyk wat op die plaas aan gan dat jy in jou vriend Boul kan vas kyk en sy woorde kan onthou "liewe in harmonie" Verder moet jy an die einde van die jaar as die boeke gedoen word ook maar in sy gesigie gan vas kyk as dit lyk of jy agter uit boer.

Alles wat mooi is vir jou Fanie!!
P.S hoe gan dit met jou bierman se hoenders

Re: Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 4:42 pm
by Jaco Bezuidenhout
En lewe die tierboskatte darem nog ?

Re: Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 5:01 pm
by Heinz Petersen
Ek kuier nie by jakkals se vroue nie, dan kuier hy nie by my skape nie.
Skiet groete
Heinz
300 Tombi

Re: Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 5:10 pm
by cassie_calvinia
fanie! ek is nie te ver van jou af nie. dalk moet ons vir ou bool nooi vir 'n braai!
ek stem saam, ek kry dit ook nie meer oor my hart om jakkalse dood te maak nie

Re: Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 5:46 pm
by tafjak
Fykes

100% saam jou

Mooiloop

Re: Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 5:49 pm
by Beretta
Cassie
Straf hulle gee hulle net hoender om te eet ;D ;D ;D ;D
Beretta

Re: Ophou Jakkals Jag

Posted: Wed Nov 06, 2013 5:59 pm
by PWV
Fanie
Ek het 'n plan met die jakkalse. Dit is nou 'n plan wat selfs die groenes sal aanvaar.
Hang stukkies vleis (gemerk met 'n pink lintjie) aan jou kampdrade en binne in elke stukkie vleis is 'n voorbehoedpil. Dit is vir die jakkals-tewe.
Hang nog stukkies vleis (gemerk met 'n blou lintjie) en binne in is blou vitrioel. Dit is vir die reuns en sal hulle steriel maak.

En, Whalla!... oor 'n paar jaar is daar zero jakkalse!

Groetnis