Page 1 of 1

Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:19 pm
by JohanvB
Hoor graag, wat is julle beste 150gr jagpunt vir 'n .270 winchester...

Lading, kruit, tpl, spoed ens sal ook goed wees

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:32 pm
by Piet Pille
Op afstande tot 300m het ek bitter mooi resultate gekry met Rhino's 150gr. Baie koedoes en Gemse geskiet en selfs 'n Eland of 2. Ek het ook baie goeie akkuraatheid gekry met sub MOA groepe op 100m. Ek verstaan egter by die manne dat hierdie koeel nie so goed presteer op langer afstande nie omdat die akkuraatheid dan 'n probleem raak. Omdat dit 'n premium koeel is, presteer hy ook goed by hoër spoed (2000)fps+ vir goeie ontplooing. Gewigretensie is altyd puik, selfs op kort (50m) afstande. Amper sonder uitsondering bo 80%.

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:01 pm
by Stefan Fourie
Ek het weer baie sukses met Sierra 140gr HPBT Gameking. Skiet teen 2,950 fps. My geweer is 'n SAKO 75 met 'n medium dikte loop. Het al gesien dat as ek meer spoed as hierdie wil kry die punt minder akuraat is. Ek het op 'n stadium met die 135gr Matchking ook geskiet, maar ek was nie so tevrede met hom nie. 'n Medejagter het baie sukses met sy 135gr Match, maar ek is weer terug na die Gameking toe. Toe ek destyds my geweer gekoop het het ek besluit ek sal "rond shop" tot ek die beste lading/punt kry en dan bly ek daarby. Ek leer my geweer en die val van die punt oor die verskillende afstande. My geweer se lyn is 100% reg, zero op 200meter. As ek nou mis skiet is dit meestal my eie skuld oor ek oorhastig was of die afstand sleg geskat het, ek kan nie die geweer en patrone blameer nie.
Omdat die punt se koperwand dik is en die lood relatief diep in die punt lê skiet ek met die grootste vrymoedigheid 'n springbok op sy lyf as die omstandigheid nie reg is vir kop of nek nie. Hy mors minimaal vleis, die punt mushroom lekker en voordat die lood in die bok se lyf kan ingaan en mors is die punt anderkant uit. As die punt nie deurgaan nie was die bok elk geval so ver dat die spoed redelik afgeneem het en is vleis skade ook baie min. Ek het 'n paar jaar gelede 2 gemsbokke op omtrent 140 meter agter die blad geskiet (wind was hopeloos te sterk vir kopskoot) en in albei gevalle het ek beide kante 'n rib afgeskiet en die punt was dwarsdeur, bokke het nie eers 20 meter gedraf voor hy omgekap het nie. Kopskote op alles wat ek al geskiet het is 'n plesier, breek baie mooi op en penetreer baie diep.
Naby skote, veral in die nag as afstand skat maar neuk, is nogal 'n truuk oor die punt se trajek relatief hoog is om op 200 te zero.

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:06 pm
by JohanvB
Dankie, kan julle manne dalk ladings ens by sit.

Groete

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:20 pm
by Stefan Fourie
Ek is nie nou seker nie, sal jou antwoord as ek by my syfers kan uitkom. Waar gaan jy jag?

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:27 pm
by Jean Marais
Ons het vir my broer, met 'n Sako, 2 ladings ontwikkel, 'n vlakte een, met 130gr Nosler ETip, en 'n bosveld ene met 160gr Rhino. Albei hierdie ladings skiet bitter akkuraat, en met die lekker spoed van die 270, is ontplooing van die ETips of ander mono's gladnie 'n probleem nie. As jy nie van die ETips hou nie, kan jy Barnes ook oorweeg. Vleisskade is baie beperk, en penetrasie en gewigsretensie baie goed.

Die rede vir 'n swaarder koeël in die bosveld is maar omdat jy heelwat korter afstande skiet, en dan kan vleisskade 'n probleem word. Hiervoor werk die 160gr Rhino uitstekend. Soek maar onder herlaaidata onder die 270 Win. Jy sal heelwat ladingsdata daar opspoor.

Met bg kombinasie maak jy voorsiening vir beide vlakte en bosveld jag.

Groete

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 4:23 pm
by Piet Pille
Jean Marais wrote:Ons het vir my broer, met 'n Sako, 2 ladings ontwikkel, 'n vlakte een, met 130gr Nosler ETip, en 'n bosveld ene met 160gr Rhino. Albei hierdie ladings skiet bitter akkuraat, en met die lekker spoed van die 270, is ontplooing van die ETips of ander mono's gladnie 'n probleem nie. As jy nie van die ETips hou nie, kan jy Barnes ook oorweeg. Vleisskade is baie beperk, en penetrasie en gewigsretensie baie goed.

Die rede vir 'n swaarder koeël in die bosveld is maar omdat jy heelwat korter afstande skiet, en dan kan vleisskade 'n probleem word. Hiervoor werk die 160gr Rhino uitstekend. Soek maar onder herlaaidata onder die 270 Win. Jy sal heelwat ladingsdata daar opspoor.

Met bg kombinasie maak jy voorsiening vir beide vlakte en bosveld jag.

Groete
Ek wil net byvoeg dat my opset ook soos Jean se broer daaruitsien- ek het 130gr (sierra PH) vir vlaktejag en dan die 150gr Rhino's vir groterwild/bosveld skiet. Die Rhino's is dus nie my enigste kombinasie nie, maar jy't spesifiek gevra oor 150gr in jou oorspronklike post.

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 6:25 pm
by Carl
Ek het altyd Nosler partitions geskiet in 150gr. Of Remington Core lokt, werk goed vir Springbok en Gemmie opselfde dag.
Nou mono GSC HV in 110gr.

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 8:34 pm
by atplay
Sierra Gameking 150gr en Rhino 150gr (in my Brno groepeer hulle identies met dieselfde lading en TPL).

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 8:59 pm
by spekieries
Vir bosveld omstandighede stem ek met Pieter en Jean saam dat 'n mens 'n premium Koeël moet gebruik. Daardie 60 m skoot met 'n gewone loodkern maak stukkend veral as jy groot been tref. My .270 Zkk Brno was my eerste roer en ek het die probleem ondervang met Barnes x.
Later in ander kalibers het ek Rhinos gebruik en daardie "corebonded solid shanks" is ook kookwater.

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 9:12 pm
by Armand9
Vir n allround punt, nosler 140gr accubond. Maar nous hul onbekombaar.
150gr? Ek sal graag hornady se interbond wil probeer. Dis die goedkoopste van al die premium punte(R6-R7).
Hoor net goeie goed,80% + gewig retensie. Kan selfs 130gr kry met meer spoed.

Maar hul sal ook seker minder beskikbaar en duurder word.

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 9:17 pm
by Flip Nel
Carl wrote:Ek het altyd Nosler partitions geskiet in 150gr. Of Remington Core lokt, werk goed vir Springbok en Gemmie opselfde dag.
Nou mono GSC HV in 110gr.

My broer het baie lank Federal Nosler Partitions geskiet, groot eland bulle het al die knie gebuig.

Re: Beste 150gr jag punt vir 270 Winchester

Posted: Tue Nov 05, 2013 9:23 pm
by PWV
Noors wrote:Hoor graag, wat is julle beste 150gr jagpunt vir 'n .270 winchester...

Lading, kruit, tpl, spoed ens sal ook goed wees
Sorry, Noors, ek het nie so 'n geweer nie! ???