Page 1 of 1

Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 12:57 pm
by win270
Ek soek tans 'n teleskoop vir my .308 Musgrave waarmee ek in die Bosveld jag. Daar is peperduur teleskope beskikbaar en ek besef ook aan die anderkant dat goedkoop duurkoop kan wees. Afstande wat ek skiet is gewoonlik tot so 150 meter, vroegoggend tot laatmiddag.

Wat reken julle is 'n goeie keuse teleskoop (vergroting en fabrikaat)? My begroting is so tot ongeveer R3,500. Enige spesifieke plekke in Johannesburg / Randburg waarheen julle my kan verwys?

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:25 pm
by Capt. Yoda

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:25 pm
by Capt. Yoda

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:34 pm
by Roger
Leupold VX1 3-9x40

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:35 pm
by Roger
Roger wrote:Leupold VX1 3-9x40
EK het op my .308 die NS Diamond 3-9x42 (goedkoop en nie helfte die kwaliteit van die Leupold nie) gehad en self n SWB op 229m geklop en Gareth (JamesHW97k opie forum) n springbok met my roer op 254m.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:37 pm
by ANDRIES
Vir die afstand wat jy wil skiet is enige 3-9 vergroting reg.As jy dalk 'n paar rand moet spaar moet dit net nie op die mounts doen nie.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:59 pm
by win270
Baie dankie, ek is nou al op die regte spoor, hoop ek. Is my begroting van R3,500 realisties? Ek is 'n gewone biltongjagter en wil elke keer 'n goeie skoot skiet sonder om kwesbokke te loop en soek!!

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:02 pm
by Roger
win270 wrote:Baie dankie, ek is nou al op die regte spoor, hoop ek. Is my begroting van R3,500 realisties? Ek is 'n gewone biltongjagter en wil elke keer 'n goeie skoot skiet sonder om kwesbokke te loop en soek!!
Ja ++>:

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:02 pm
by Roger
Roger wrote:
win270 wrote:Baie dankie, ek is nou al op die regte spoor, hoop ek. Is my begroting van R3,500 realisties? Ek is 'n gewone biltongjagter en wil elke keer 'n goeie skoot skiet sonder om kwesbokke te loop en soek!!
Ja ++>:
Maar dit sluit nie mounts in nie.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:08 pm
by martinf
Enige iets sonder 'n paralaks verstelling. Mens wil nie in die bosveld as jy vinnig moet skiet raai hoe ver die bok weg is nie.

Dink met die Nikon Fieldmaster en redfield 3-9 x 40 kan jy baie naby aan jou R3500 kom met ringe en nog goeie scope besit met life time warranties.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:23 pm
by win270
Dankie vir die advies. Lyk my die Nikon is 'n gewilde aanbeveling as ek so rond lees op hierdie forum.

Plekke om te koop nader-aan Joannesburg se kant?

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:32 pm
by Roger
Safari and Outdoor PTA

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Thu Nov 07, 2013 7:10 am
by win270
Met ander woorde geen wapenwinkel, ens in Johannesburg wat jul kan aanbeveel nie?

Groetnis.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Thu Nov 07, 2013 7:21 am
by tripodmvr
martinf wrote:Enige iets sonder 'n paralaks verstelling. Mens wil nie in die bosveld as jy vinnig moet skiet raai hoe ver die bok weg is nie.

Dink met die Nikon Fieldmaster en redfield 3-9 x 40 kan jy baie naby aan jou R3500 kom met ringe en nog goeie scope besit met life time warranties.
Martin gee hier baie goeie raad. Tot op 12x kry jy nog sonder parallaks verstelling - kyk vir sulke teleskope. Bosveld is vinnig skiet en wye veld van groot nut. My Ruger bosveld 30-06 het 2-7x32 op en ek het jare met my 375 met 1-3,5x20 gejag - hom vervang met 3-9x40.

Burris, Nikon, Redfield ens met omruil waarborg is wat jy na moet loer. Kyk by Camdix, Potshot en die ander geweerwinkels wat hulle het.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Thu Nov 07, 2013 12:19 pm
by Capt. Yoda
win270 wrote:Met ander woorde geen wapenwinkel, ens in Johannesburg wat jul kan aanbeveel nie?

Groetnis.
Jy kan Kalahari arms op Beyers Naude ook probeer vir n Leupold en n paar ander maar Safari and Outdoor se prys is beter en as jy nog nie by Safari and Outdoor was nie skuld jy jouself dit

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Fri Nov 08, 2013 7:32 am
by win270
Baie dankie vir die hulp! Ek sal dit nou verder ondersoek. Sien daarna uit om vlg jaar weer in die Bosveld te voet my biltong te loop en soek!!

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Fri Nov 08, 2013 7:52 am
by win270
Terloops, waar presies is die Nikon "support centre" in Johannesburg waarheen Nikon teleskope geneem kan word as daar probleme sou opduik?

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Fri Nov 08, 2013 8:28 am
by Jean Marais
win270 wrote:Met ander woorde geen wapenwinkel, ens in Johannesburg wat jul kan aanbeveel nie?

Groetnis.
Jy kan KOLSKOOT in Strijdompark probeer. Ek weet hy hou Nikons aan, en ook 'n verskeidenheid ander.

Address: 74 Wakis Ave, Strydompark, Randburg 2169, Gauteng, South Africa
Phone: +27 (0)11 793 1136

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Fri Nov 08, 2013 10:38 am
by win270
Dis goeie nuus, baie dankie!

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Fri Nov 08, 2013 4:37 pm
by win270
Hoe klink R2,555 vir 'n nuwe Nikon 3-9x40 teleskoop vir julle, ringe uitgesluit? Is dit 'n billike prys?

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Fri Nov 08, 2013 5:23 pm
by Johnnie De Wet
win270 wrote:Terloops, waar presies is die Nikon "support centre" in Johannesburg waarheen Nikon teleskope geneem kan word as daar probleme sou opduik?
Ek weet nie waar die support centre is nie maar is gevra om scope sommer by enige naaste agent in te gee, nie eers waar ek hom gekoop het nie. My teleskoop is nie herstel nie, ek het sommer n nuwe teleskoop ontvang... en n verkyker vir die wag... Ongelooflike diens van Nikon. Ek is n sucker vir goeie diens, het nog n Nikon aangeskaf.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Fri Nov 08, 2013 5:31 pm
by tripodmvr
Die herstel van 'n teleskoop word op min plekke gedoen. Weet dat Lynx wel so herstel fasiliteit het. Daarom het ek aanbeveel dat jy 'n omruil waarborg moet vat. Die R2555 vir die Nikon klink reg. Vat hom as hy mooi vir jou kyk en lyk.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Sat Nov 09, 2013 3:12 pm
by BRNO (Pierre)
win270 wrote:Hoe klink R2,555 vir 'n nuwe Nikon 3-9x40 teleskoop vir julle, ringe uitgesluit? Is dit 'n billike prys?
Laat weet net eers watter 3-9*40 dit is.

Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag

Posted: Sat Nov 09, 2013 10:29 pm
by win270
Dis 'n Nikon 3-9 x 40 BCD . . . skuus, nie papiere nou hier naby my vir enige addisionele inligting nie. Help dit?