Page 1 of 1

Trail camera met GPS

Posted: Tue Nov 05, 2013 8:07 am
by Kosie
Ek gebruik my trail camera om beweging van mense en karre by 'n huurplaas te monitor. Daar is ongelukkig nie selfoon sein nie so die kamera kan nie die fotos direk aan my stuur nie. Ek wil weet of mens 'n trail camera kry met 'n GPS in indien dit gesteel word. Of is daar 'n chip beskikbaar wat jy aan die trail camera kan sit om dit op te spoor as dit gesteel word. Die kamera is in 'n veiligheidsbox maar dit keer net 'n eerlike mens.

Dankie
Kosie

Re: Trail camera met GPS

Posted: Tue Nov 05, 2013 8:19 pm
by JPS
Kosie,
Wat jy soek is tracking device nie gps nie.
Daar is klein Gps tracking units, so klein hy pas in sigaret boks. (beter is gprs want dan het jy nie line of sight na sataliet nodig nie jy het wel selfoon sein nodig.) jy kry dan driehoek van area op cell foon towers en kom in die gebied en dan volg ek hom met my hand radio oor hy sein uitstuur om te volg. Sigaret trokkie kan so miljoen rand beteken vir hi jacker.... Ek kyk nie na sigaret trokkies nie ek weet maar net baie van hulle word gehijack dus die voorbeed aangesien wat jy op soek na is hierdie tipe grote van opsporing eenheid.

Dit gaan in my opienie ongelukkig nie vir jou werk nie aangesien die battery lewe op die unit net sowat 48 uur is. Dis om goedere van een punt oor kort afstand te Track na ander punt.
Siende dat mens meestal as jou vervoer voertuie gekaap word jy die voertuig terug kry maar nie die voorraad nie gebruik mens die aperate om voorraad self te track. Het al BAIE voorraad so terug gekry.

Verdere probleem is dat as jy langer batery lewe wil he die opsporings eenheid te groot vir jou trialcam gaan wees.

Jammer oor die lang relaas maar hopenlik gee dit vir jou beter idee oor wat besikbaar is en nut van dit wat beskikbaar is.

groete
JP

Re: Trail camera met GPS

Posted: Tue Nov 05, 2013 9:06 pm
by tripodmvr
JPS is reg. 'n GPS eenheid se posisiebepaling is afhanklik van die satelliete wat om die aarde draai. As hy binnenshuis gaan is jy bitter gelukkig as hy nog die flou seine kan kry. Met selfone word JPS se metode bo genoem gebruik om dit op te spoor. Dit is dus mikrogolwe vanaf die foon wat die posisie vasstelling moontliik maak.