Het bietjie raad nodig. Ek is tans besig om ’n nuwe geweer te laat bou . Was by Andre Mojet se werkswinkel van M&H Arms en het gehou waarvan ek sien en het besluit dis wat ek wil hê. Ek soek ’n 260REM verseker iets in die 6.5 fam) met 24” loop wat so 22mm dik is op die kroon (22mm is wat die Tikka varmint ook is) Dink dit is ’n medium palma, Boyds kolf en ek sit ’n Zeiss Conquest HD5 5-25x50 Varmint op.
2 dinge waaroor ek nog nie seker is nie
1. Loop lengte 24 of 26 duim?
2. 260REM of 260REM AI offff 6.5x55
Ek laai self so dis nie ’n probleem nie
Geweer sal vir klub shoots wees meeste van die tyd maar ek is seker ek sal hom ook vat vir jag so nou en dan.
Enige raad asb. veral van die manne wat reeds 6.5 het en 260REM het sodat ek my bestelling kan vasmaak.
