Page 1 of 1

Berger punte

Posted: Tue Dec 07, 2010 12:05 pm
by Stefan764
Maats

Het enige iemand kennis/ondervinding van/met die Berger punte? Ek ken hulle glad nie. Ek sien S&O stock hulle en hulle kos ook nie n arm en n been nie.

Dankie
Stefan

Re: Berger punte

Posted: Tue Dec 07, 2010 9:57 pm
by JACQUES BOTHA
STEFAN
IN JOU KALIBER HET EK GEEN ONDERVINDING VAN BERGERS NIE.
WAT EK  VIR JOU KAN BEVESTIG IS DAT HULLE VREESLIK AKKURAAT IS..IN DIE WAT EK GESKIET HET (BEPERKTE AANTAL)
EK PRAAT VAN SO 500 OP DIE 25 EN 500 OP DIE 22  EN SO 30 OP DIE 6MM ..VIR OES ... JAKKALSE.... HELMIT GOOIE...PERFEK.
EK SAL HULLE NIE KLAS AS PREMIUM PUNTE IN TERME VAN FM JAGPUNTE NIE, BEHALWE AS JY NIE OMGEE VIR MORSIG SKIET NIE( BAIE VLEISVERLEIS  AS JY OP DIE LYF GAAN PROBEER SKIET.
GROETNIS
JACQUES

Re: Berger punte

Posted: Tue Dec 07, 2010 10:12 pm
by Monrique (SJ)
Stefan

Ek het ook nog nie self met die koeele gegooi nie, maar ek het nog net goeie dinge gehoor in terme van akuraatheid van hulle. Is egter soos JB se dat hulle nie regtig vir lyf skote geskik is nie.

Groetnis
SJ

Re: Berger punte

Posted: Wed Dec 08, 2010 5:45 am
by DSBW
Stefan

168gr Berger VLD is al wat ek die afgelope 6 jaar skiet in 7mm, maak nie saak watter 7mm nie, hulle werk. Ek jag , skiet papiere, skiet enige ding met hulle, die meeste van die tyd op daai stoffie in die verte afstande, want dis al waar die blerrie goed staan, nie omdat ek noodwendig kan skiet op daardie afstande nie.

Oor Bergers is ek bietjie subjektief bevooroordeeld, al moet ek dit self erken. Het baie verskillende punte probeer, sal nie weer iets anders skiet in 7mm nie, niks anders nie.

My eenogige opinie.

Groete

Dawie

Re: Berger punte

Posted: Fri Jan 14, 2011 10:02 pm
by muishond
Hallo

Ek wil graag 88gr Bergers in my .243 Acley gebruik. Die loop se twist is 1:10.
Die probleem is egter dat die 88gr. Bergers n baie lang punt is. As ek die punt dan 1mm van die lande af sit, is die TPL te lank om in die magasyn te pas.

Die vraag is, is daar dalk n ander maak punt met dieselfde akuraadheid en hardheid wat korter sal wees sodat die patroon in die magasyn sal pas ??

Groete
Muishond

Re: Berger punte

Posted: Fri Jan 14, 2011 10:52 pm
by saimportsuplies
hello muishond
ek wil jou nie slegte moed gee nie maar as ek reg is gebruik ek jius die 88gr berger as die loop se lans al gevreet is want dan is die bt punt of vld lankal te lank. ek gebruik nou 95vld en my tpl is 71.2 teen die lans. wat is die tpl in joune met 88gr, hoop dit help

Re: Berger punte

Posted: Sat Jan 15, 2011 7:19 am
by muishond
Hallo Saimportsuplies

Baie dankie. Ek het nog nie my wapen nie, maar het net so opgelees onder die spesifieke punt op SO se webwerf.

Groete
Muishond