Page 1 of 2
Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Sun Nov 03, 2013 11:31 pm
by Jake1
Wat is die goedkoopste goeie werkbare scope vir 223, 223 het mos nie kwaai recoil nie en hy gaan silent hunter groot knaldemper ophe wat recoil minimaal maak, sal maar eers moet budget bekyk, kan scope later na .22 skuif, weet mens moet altyd beste opsit, maar finansies nou bietjie tight.
Jake1
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Sun Nov 03, 2013 11:38 pm
by James Wilson
Jake1, jy kan eerder n goedkoop geweer koop as n goedkoop scope. Wat is jou budget?
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Sun Nov 03, 2013 11:59 pm
by Jake1
James , geweet ek gaan raas kry oor my vraag, ek bedoel nie 'n R1200 scope nie, wil net die ouens se raad hoor, my budget sal vasgestel word op die raad wat ek hier kry- wat is die goedkoopste werkabare scope vir 223 maks 200m skiet.
Jake1
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 6:37 am
by Eugene
Burris 4.5-14.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 6:45 am
by alecjohnson
Rudolph H1 3-12x50 of 4-16x50.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 7:03 am
by tripodmvr
Vir 223 sal ek ook na die Hawke loer. Volgens agente het hulle omruil waarborg. Het 'n 6-24 x 44 op my 243 en het puik beeld vir die prys wat jy betaal. Myne het 'n val op jagtog oorleef en skiet nog waar hy was. Myle beter as die Nikko Stirling wat ek meer voor betaal het en op my 223 is.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 7:07 am
by BRNO (Pierre)
tripodmvr wrote:Vir 223 sal ek ook na die Hawke loer. Volgens agente het hulle omruil waarborg. Het 'n 6-24 x 44 op my 243 en het puik beeld vir die prys wat jy betaal. Myne het 'n val op jagtog oorleef en skiet nog waar hy was. Myle beter as die Nikko Stirling wat ek meer voor betaal het en op my 223 is.
Ek wou nou net die Hawke kom noem. Flippen helder glas, lekker turrets, goeie prys.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 8:14 am
by Nickvn
Moet ook nie van die Redfield vergeet nie. Baie goeie waarde vir geld. Is nou in die Leupold stal, met lewenslange warborg. Hulle Accuranger varminter is n baie lekker reticle. Met my .223 gezero op 200m loop die reticle op 300m, 400m en 516m teen 3290m/s.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:09 am
by Lourens
Oom Driepoot,
Hoe vind oom die paralaks op die Hawke teleskope? Ek het gehoor party manne kla dat hy helemal te sensitief is. Met ander woorde as jy nie 'n rangefinder gebruik nie neuk hy jou lekker rond. Wat is oom se ondervinding?
Groete,
Lou
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:17 am
by BRNO (Pierre)
Lourens wrote:Oom Driepoot,
Hoe vind oom die paralaks op die Hawke teleskope? Ek het gehoor party manne kla dat hy helemal te sensitief is. Met ander woorde as jy nie 'n rangefinder gebruik nie neuk hy jou lekker rond. Wat is oom se ondervinding?
Groete,
Lou
Lou, as ek mag, ek het die Hawke Varmint 3-12*44SF, en dit was een van die kenmerke wat die scope aan my verkoop het. Hy is sensitief, maar die glase is werklik so helder, dat dit baie duidelik raak wanneer jy op die merk is. Ons het dit weer twee weke terug op die proef gestel.
Dit sal natuurlik ook lekker wees om oom Marius se ervaring van die scope te hoor.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:21 am
by musgrave270
Jake
Ek't al gehoor die ouens praat nie te sleg van die Redfield Scopes nie. Hul pryse is heel billik
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 11:09 am
by tripodmvr
Het my teleskoop nog nie baie gebruik nie, maar met enige teleskoop waar jy die parallaks begin stel kan jy vind dat jy nie reg ingestel is vir die afstand nie. Veral as jy kort afstande skiet kan dit wees dat jou beeld dof is omdat die verstelling op 200m is. Die' verstellings moet mens maar mee saamleef as jy hoë vergrotings begin beproef. Met boskiet kan die verstellings die meeste pla omdat afstande korter is en vinnig geskiet moet word. Daarom het ek 2-7x32 op my 30-06 juis vir bosskiet - hom stel ek op 3 of 4 wanneer ek daar jag.
My 243 het ek vir baanskiet en vlakteskiet probeer opstel en vêr het jy gewoonlik tyd om te stel want die prooi is onbewus van jou. Op die baan kan jy die parallaks op 100 of 200 instel en hier is ek veral beindruk omdat dit baie helder verstel kan word - geen dowwe beeld en teiken en kruishaar is duidelik - selfs meer as die Leupold op my .22. Ek praat nou van 24x vergroting - daarom dat ek sê dat die teleskoop bo sy prys kyk.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 11:18 am
by NicoSmit
Wat van die Nikon Pro staff 3-9x40 by S&O is hulle R1900 ek het op altwee my gewere 243 en 30 06 sulke scopes en ek is baie tevrede met hulle
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 11:20 am
by spekieries
Nick en Musgrave ek stem ook saam met die Redfield teleskoop. Ek dink vir die prys bly dit nog altyd 'n puik kopie.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 2:05 pm
by Capt. Yoda
As jy goedkoop wil koop kyk na Gamo scopes.Vir daai prys is daar nie beter nie.
Sy glas is beter as die Hawk en hy is gebou om die snaakse recoil van n Spring pellet te kan hanteer.
Vir bq meer geld sal ek na die Redfield kyk maar jy sal nie sommer n verskil tussen die gamo en die Redfield se glas kan sien nie
As jy net n scpoe soek om jou aan die gang te hou PM my ek het n 3-12x50 of iets "bushnell" aka china scope met n bushnell sticker op wat jy met liefde kan gebruik.Tot op 9 werk hy mooi en het hom self n ruk op n pel van my se 243 gehad toe sy scope gekalf het.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Mon Nov 04, 2013 2:19 pm
by BRNO (Pierre)
NicoSmit wrote:Wat van die Nikon Pro staff 3-9x40 by S&O is hulle R1900 ek het op altwee my gewere 243 en 30 06 sulke scopes en ek is baie tevrede met hulle
Nico, jy is reg. Hierdie is n baie goeie koop vir die geld wat jy uitgee. My 308, en n pel se nil kwes het beide van dit op, en hy werk baie mooi!
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Fri Nov 08, 2013 12:00 pm
by pikkewyn
ek stem, ek het ook die nikon pro staff 3-9x40 np op my 223 en werk uistekend vir my. ek het hom laas jaar by s&o se jaar einde uitverkoping gekoop vir rondom R1650... sover beste waarde vir die rande wat ek nog gesien het.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Fri Nov 08, 2013 2:10 pm
by andre007
Kyk na Hawke. Ekt hulle Sidewinder 4-16 x 50 op my .223. Werk soos n droom. Veral vir die prys!
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Fri Nov 08, 2013 2:37 pm
by LUAN
Die Redfield 6-18 sal mooi werk en prys is so R3500+.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Fri Nov 08, 2013 3:01 pm
by andre007
As jy kyk na n kleiner teleskoop kyk gerus na Hawke se 6 - 24 x 44 vir R2000
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Fri Nov 08, 2013 3:09 pm
by Pvdw
Nikon Prostaff 3-9 of 4-12
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Fri Nov 08, 2013 5:33 pm
by tripodmvr
andre007 wrote:As jy kyk na n kleiner teleskoop kyk gerus na Hawke se 6 - 24 x 44 vir R2000
Dit is einste hy wat op my 243 is en waarvan die lenskwaliteit my beindruk het.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Fri Nov 08, 2013 5:45 pm
by PWV
tripodmvr wrote:andre007 wrote:As jy kyk na n kleiner teleskoop kyk gerus na Hawke se 6 - 24 x 44 vir R2000
Dit is einste hy wat op my 243 is en waarvan die lenskwaliteit my beindruk het.
Driepoot maak sy lewe om deur glase te kyk. So, julle kan maar luister wat hy vertel!

Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Sat Nov 09, 2013 12:27 pm
by Sako75
Ek sou vir n tweedehandse Schmidt & Bender, Zeiss, Swarovski, Khales, soek in 8x56. Mens kry hulle I'd R3000 tot R5000 koers. Maar elke man het sy eie plan.
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Posted: Sat Nov 09, 2013 3:32 pm
by Louis Kriel
Daai aanbod van Rudolph is lekker man lekker!