Page 1 of 1
Vrydag se jak
Posted: Sun Nov 03, 2013 6:06 pm
by JuanPaul
Dagse manne, ek en n vriend het Vrydag aand in Heilbron se omgewing die een ingeroep en hom op 280m met die 243 plat getrek, met n 88gr Berger Varmint. Ons het hom op mooihuil ingeroep maar hulle is maar baie sku.
Groete
Juan
Re: Vrydag se jak
Posted: Sun Nov 03, 2013 6:26 pm
by johans
baie mooi ,die weer met die suidewind hier was moeilik laasweek.sal die week weer probeer
Re: Vrydag se jak
Posted: Sun Nov 03, 2013 7:29 pm
by cassie_calvinia
is hul ligsku, of het die wit bakkie geblink?

Re: Vrydag se jak
Posted: Sun Nov 03, 2013 7:51 pm
by JuanPaul
Die foto was geneem na ons opgepak het en die camo afgehaal was en ons gebruik wel n dimmer. Ek was wel op Heinrich se kusrus en het telkemale al saam met Piet Breedt jakkalse geskiet.
Re: Vrydag se jak
Posted: Sun Nov 03, 2013 8:18 pm
by JuanPaul
Hier is die wit bakkie toegemaak
Re: Vrydag se jak
Posted: Mon Nov 04, 2013 7:16 am
by BRNO (Pierre)
JuanPaul, daai bakkie lyk sommer netjies met die camo op. Hou ook van die idee van die hak-rak wat afgehaal kan word wanneer dit nie gebruik word nie. O,ja, geluk met die jak!
Re: Vrydag se jak
Posted: Mon Nov 04, 2013 8:07 am
by cassie_calvinia
ek speel sommer!
geluk met die jak! netjiese setup daai!
Re: Vrydag se jak
Posted: Mon Nov 04, 2013 8:23 am
by Roger
Baie mooi, baie geluk!
Re: Vrydag se jak
Posted: Mon Nov 04, 2013 8:51 am
by Arno Pienaar
Dit was nie lugsku jakke nie hulle het net die blink rims gesien haha spot somer bietjie.Baie netjies met die jak hou hom dai dikte.sal ook in die week n draai gan gooi en kyk wat dop uit.
Mooiloop
Doons
Re: Vrydag se jak
Posted: Mon Nov 04, 2013 9:01 am
by JuanPaul
Dankie manne, geen probleem Cassie, ons hoop net dit raak nou makliker voorentoe (ek dink die kleintjies behoort ook binnekort hulle verskyning te maak wat die dinge gaan vergemaklik).
Groete
Juan
Re: Vrydag se jak
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:51 am
by Marc
Mooi gemaak, ek is bly om te sien die Jakke val alweer teen 'n mooi stewige pas
