Page 1 of 1

Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Fri Nov 01, 2013 10:50 am
by Roger
More,

ek het gisteraand die geleentheid gekry om saam Stanman en Visstok te gaan roep. Ek het 3 skote in totaal gehad met my nuwe 223... ongelukkig net een raak skoot. En... ongelukkig kon ons nie die jak vind nie.

Dit was n baie lekker skoot, op n redelike afstand (Stanman sal kan se hoe ver), en na die skoot het ek nie die jak sien weghardloop nie en dadelik was die manne se kommentaar "hyt geval soos n sak kk" en "jy het hom". Ek is net jammer ek kon nie n mooi pic kry nie, maar nou moet ek weer gaan ++>:

Dankie aan Stanman en Visstok, dit was awesome!!

Roger!

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Fri Nov 01, 2013 11:07 am
by Reggie Gerber
Geluk Roger

Mag dit die eerste van vele raak skote wees ;D

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Sat Nov 02, 2013 6:10 pm
by stan man
rodger
dit maak nie saak hoe ver dit was nie,(156m)
ek het toe die volgende oggend gaan kyk en toe kry ek die teef . in die donker het ons net n bietjie te ver noord gesoek . die skoot was laag deur die nek. jammer ek het nie my kamera by my gehad nie. my vee wagter sal darem kan bevestig ,hy was by toe ek daar gaan rond krap het.

rodger,my mater dit was net n plesier. jy is die man met die meeste geduld op n stil aand.jy kla nie, jy val net in. die koue het jou pak gegee en jy was nog steeds tot 2 uur gewillig om in die stoel te bly. jy en alex het so lekker agterop die bakkie gewerk, ek kon tot selfs n uiltjie knip .

ek moet dankie se vir goeie jagmaats. dit is nie elke dag dat n mens met sulke mense n bakkie kan deel nie.
ons maak weer so maar dan gaan ons leliehoek toe.

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Sun Nov 03, 2013 7:57 am
by Roger
Frans, ek se vir julle dankie. Se net wanneer en ek is daar.

Sommer n vleisie opie kole ook gooi :-)

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Sun Nov 03, 2013 12:42 pm
by Silent Hunting
Roger,

More. Vistok het ons gisteraand alles vertel van die jag. Geluk my. Hy kla egter oor iets van sy 1 oor is nou half doof?

Groete,

Henk

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Sun Nov 03, 2013 12:50 pm
by Roger
Silent Hunting wrote:Roger,

More. Vistok het ons gisteraand alles vertel van die jag. Geluk my. Hy kla egter oor iets van sy 1 oor is nou half doof?

Groete,

Henk
Lol!

Ja, ek soek asb n hunt buddy vir my roer.

Ek bel jou more :-)

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Sun Nov 03, 2013 7:40 pm
by visstok
Roger

Jou gese hyt geval! Baie geluk, nou kan jy met sekerheid se jou eerste jakkals is plat! Na Oom Jacques se kursus gister is ek weer vol nuwe plane! Volgende keur hoop ons dit gaan beter en kkry vir jou een ingeroep, dis darem net meer lekkerder as ou vlekkie op volspoed jou bestorm!

Julle moet net skree, ek kom weer saam, altyd n plesier!

Groete Alex

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Sun Nov 03, 2013 7:45 pm
by Roger
Verseker baie dankie!

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Mon Nov 04, 2013 12:42 pm
by FCLoretz
Geluk Roger,

Jy is 1 voor my!!!

Geno kom in!!! wanneer vat jy my saam om jakke te roer?

Re: Eerste jak, sonder pic :-/

Posted: Mon Nov 04, 2013 12:54 pm
by Roger
Dankie Frederick!