Page 1 of 2

Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 12:15 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne

Ek het al voorheen lekker bubbles gehap met Toyota met wanneer nuwe modelle uitkom. Nou ek weet die offisieele jaar is 2015 vir die nuwe Hilux in SA maar daar is baie wat se dat dit middel of einde 2014 gaan wees. Hierdie is dalk nie so ver gesog as jy in ag neem die verwagte wereld launch is Maart 2014 nie.

Ek oorweeg dit om na die Hilux te kyk omdat ek nommer een sukkel om n V8 DC Cruiser in die hande te kry en dit grief my om R700 000 uit te haal vir n bakkie. Wat se julle manne moet ek doen want my kop is al plat. Moet om vadersnaam nou nie hier kom en se koop n Ford of so iets nie! Al my karre moet dieselfde brand wees, dit is maar ongelukkig soos dit is met my. Ek oorweeg dit om oor te skakel in geheel na n ander brand maar wat? Ander brands moet dan kan voorsiening maak om my Land Cruiser 200 en FJ Cruiser ook te vervang. Wat de wetter gemaak?

Groetnis
Wouter

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 12:18 pm
by Geno
Wout,
Die Hilux DC 3.0 D-4D 4X4 DAKAR is meer as genoeg bakkie vir enigiemand.
Teen R486,400.00, vat jy die R200k wat jy spaar, en gaan jag 'n buffel en olifant.

Groete, en moet nou nie kop verloor nie!

Eugene

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 12:22 pm
by JPS
Wouter,

Jy het dan nou klaar daai mooi Ruger versameling van jou aangevul met 'n ander brand of twee ;D En die lyk of hulle mooi werk.

So probeer maar daai Ford man :police:

Nee ek speel ek geniet die Ford Baie maar ek dink nie jy gaan die Cruiser Wen nie.....

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 1:03 pm
by Wouter Roets
Geno

Ek kry nie een nie en al kry ek een gaan ek nie ons gewone afslag kry nie. Wat dan as die nuwe Hilux uitkom dan verloor ek in my moer in as ek inruil. My kop is al suf gedink ou maat! JP jy weet wat hulle se van n vet vrou!

Groetnis
Wout

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 1:11 pm
by marthinus100
Ekt einde 2011 vir my die heritage edition double cab gekoop. Bly maar by Toyota. Ek hoor die ouens sukkel maar vreeslik om hul ander maak voertuie te laat diens hierso.

Die hilux is nou nie so luuks soos ander bakkies nie of so mooi ens. Maar hy doen als wat ek wil he hy moet. En hyt nie nukke en kwale nie.

Ek hou van die kamera op sy klap. Werk lekker vir parkering en terug ry ens.
Eks nie spyt ekt myne gekoop nie. Wens net ons kan van die amerikaanse toyota bakkies hier kry..

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 1:21 pm
by Naas1
Hallo Wouter

Is jy opsoek na enkel of dubbel kajuit cruiser

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 1:27 pm
by ANDRIES
Wouter jy kan maar kyk na die Ford.Dit is 'n majic voertuig.

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 1:40 pm
by Frikkiedbr
Wouter Roets wrote:Geno

Ek kry nie een nie en al kry ek een gaan ek nie ons gewone afslag kry nie. Wat dan as die nuwe Hilux uitkom dan verloor ek in my moer in as ek inruil. My kop is al suf gedink ou maat! JP jy weet wat hulle se van n vet vrou!

Groetnis
Wout
Wat sê hulle oor 'n vet vrou Wouter? ???

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 1:51 pm
by Geno
ANDRIES wrote:Wouter jy kan maar kyk na die Ford.Dit is 'n majic voertuig.
Is regtig magic. Een oomblik ry hy, en die volgende oomlik k*k hy!

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 1:52 pm
by ANDRIES
Nogal nie.

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 2:19 pm
by Pappabeer
Dit hang seker af hoe gereeld jy voertuie ruil, as jy hulle vir 5 jaar ry, koop maar nou of net voor die nuwes kom en die specials uitkom. As jy elke 2 jaar streng ruil wag maar geduldig vir n nuwe shape oor 9 maande.

Ek was nog nie op n plek in S.A wat my Hilux nie kon doen wat 'n cruiser sou doen nie. Jy spaar baie geld en het n gemaklikker ride. Boet n bietjie in op die Boer ego wel ++>:

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 2:25 pm
by Eugene
Wouter, ek sien ons diep gesprek in die vroee oggendure by die kursus, begin nou vrugte dra en dat jou kop geswaai is! Van Bloubul na WP ondersteuner en nou van Toyota na Isuzu! :)

Jy begin regkom! ;)

As daai laaste Toyota nou van jou werf af is, bel jy en dan kom kuier ek onmiddellik! Dan is ek en jy mos nou lekker likeminded en gaan ons mos lekker gesels! 8)

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 2:41 pm
by BRNO (Pierre)
Pappabeer wrote:Dit hang seker af hoe gereeld jy voertuie ruil, as jy hulle vir 5 jaar ry, koop maar nou of net voor die nuwes kom en die specials uitkom. As jy elke 2 jaar streng ruil wag maar geduldig vir n nuwe shape oor 9 maande.

Ek was nog nie op n plek in S.A wat my Hilux nie kon doen wat 'n cruiser sou doen nie. Jy spaar baie geld en het n gemaklikker ride. Boet n bietjie in op die Boer ego wel ++>:
Ek is verseker hier saam met Dewald. As jy kan, wag n paar maande. As jy nou die afgeskryfde voertuig moet vervang, kyk na n twee jaar oue tweedehandse Hilux, wat klaar reeds sy innitiele aankoop waarde verloor het, en verkoop hom dan wanneer die nuwe Hilux uitkom. In nege maande gaan daai Hilux nie R10k verloor nie, al is daar n nuwe shape op die mark.

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 2:51 pm
by Stefan764
Dis n Cruiser ding......julle sal nie verstaan nie....

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 3:50 pm
by Alwyn
Stefan764 wrote:Dis n Cruiser ding......julle sal nie verstaan nie....
Stem 110% Saam!!!!!!!

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 4:03 pm
by Chevvy SS
Bloubul .jpg
( Dis n Cruiser ding......julle sal nie verstaan nie....) dis om soos 'n BlouBul ondersteuner te wees, niemand verstaan nie....

Of 'n Hilux te ry, enige ToyvandieOuta.

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 4:06 pm
by Alwyn
Sien Chevvy SS verstaan ook nie!!!!! LOL

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Wed Oct 30, 2013 5:12 pm
by Marc
Ja nee, net n perd kan n man so af gooi ;D

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Thu Oct 31, 2013 5:23 pm
by Wouter Roets
Hallo Naas

Dit is n double cab cruiser waarna ek opsoek is. Die probleem is dat die handelaars waarmee ons besigheid doen nie van die bakkies in die hande kan kry nie en die handelaars wat wel het of gaan kry in die nabye toekoms nie bereid is om ons normale afslag te gee wat ons gewoonlik kry nie.

Lyk my ek gaan maar n gewone Hilux DC 4x4 vat en wag vir die nuwe model of wanneer die beskikbaarheid van die Cruisers n bietjie beter is.

Aan al die manne wat sinlike antwoorde gegee het se ek opreg, baie dankie, aan die res wat oor enige ander voertuig as n Toyota gepraat het geniet julle rydinge en dit sluit die vet vrouens in! ;D

Groetnis
Wouter

PS Eugene ek kan nie glo jy praat nog oor daai Volksvreemde span van jou nie! Dit lyk my jou uitnodiging om by my te kom kuier moet maar nog so paar jaar oorstaan aangesien daar nog net Toyotas op my werf vir n paar jaar gaan wees. Die plaas het ook net Land Cruisers so dit gaan ook nie n opsie wees nie. :P

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Thu Oct 31, 2013 6:07 pm
by Stefan764
Wouter Roets wrote:
PS Eugene ....Dit lyk my jou uitnodiging om by my te kom kuier moet maar nog so paar jaar oorstaan aangesien daar nog net Toyotas op my werf vir n paar jaar gaan wees.
Vat so!! hahahahahahahahahahahaha!!!

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Thu Oct 31, 2013 8:06 pm
by Eugene
Wouter Roets wrote:
PS Eugene ek kan nie glo jy praat nog oor daai Volksvreemde span van jou nie! Dit lyk my jou uitnodiging om by my te kom kuier moet maar nog so paar jaar oorstaan aangesien daar nog net Toyotas op my werf vir n paar jaar gaan wees. Die plaas het ook net Land Cruisers so dit gaan ook nie n opsie wees nie. :P
Ai, Wouter, het so uitgesien om saam jou om kameeldoringvuurtjie te sit... Maar vir die dinge wat werklik die moeite werd is, moet mens maar bietjie wag, nè! ;)

PS- Cruisers sal ek oorsien, het darem self 'n 1982 Cruiser met 980 000 km op die clock! 8)

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Fri Nov 01, 2013 12:27 pm
by GERT vd M
Wouter,
Bestel vir jou die Toyota wat jy wil he en laat hulle vir jou n V8 LEXUS motor insit. Weet net nie of jy hom in diesel of petrol kry nie. die motors is beskikbaar by plekke soos Engines for africa :-\
Groetnis
Gert

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Fri Nov 01, 2013 1:52 pm
by tau
Almal skreeu koop Toyota koop Toyota. So le ek in die Hospitaal met 'n gebrekte rug na 'n wedren ongelukkie. My vrou se sy weet van 'n Fortuner met 8000km op. EK koop hom sommer so uit die hospitaal en is mos so bly ek kan nog loop ek sou enige iets doen. Almal verseker my as ek eendag die Toyota wil verkoop gaan die mense Q staan by my deur.

Wel 3 maande later kan ek hom weggee vir 'n swak prys so ek gaan vir die res van my lewe 'n Toyots Fortuner 3.0 in wit ry.....

Nee wat Wouter Blou Bulle, PMP en Hilux.... dit raak oud vernuwe Ford, WP en Barnes.

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Fri Nov 01, 2013 2:12 pm
by Piet Pille
"Wouter, ek sien ons diep gesprek in die vroee oggendure by die kursus, begin nou vrugte dra en dat jou kop geswaai is! Van Bloubul na WP ondersteuner en nou van Toyota na Isuzu! :) "

Wouter ek wil nou nie uit my beurt uit praat nie, maar smaak my Eugene het jou dop gespike.... ;D

Re: Wanneer kom die nuwe Hilux

Posted: Fri Nov 01, 2013 2:23 pm
by Hein22
Ek het hierdie in 'n epos ontvang, vir die wat nog nie die nuwe shape gesien het nie.