Page 1 of 3
'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:56 am
by Ian
Manne
Jammer, maar ek kan nou nie meer my lag hou nie

. 'n Sekere persoon op die forum (ek sal later sy naam bekend maak) het 'n 220 volt koppeling op sy Light Force lig en soos ek verstaan wil hy gou die lig toets voor hy gaan jakkalse skiet en druk dit by 'n 220 volt muurprop in.
Ek sal graag sy gesigsuitdrukking wou sien toe hy die skakelaar aangesit het - BOOM
Mag ons almal (veral die kinders) 'n les leer, skietligte is 12 VOLT en nie 220 Volt nie.
Jammer om dit te kon hoor want dit is groot skade.
Mooi dag vir julle
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:57 am
by Geno
Ian,
Daardie selfde man het 'n week voor die lig voorval, sy garage Mike Tango gery toe hy vergeet het dat hy 'n skietstoel agterop die bakkie het...
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:57 am
by Cobus(Cobb)
...en ek het regtig gedink hier is nie poepolle op die forum nie.....
Ek hoop ons forum maat is ongedeerd..
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:00 am
by Ian
Ek dink my moeilikheid is nou geboek by hierdie persoon. Ek sal maar sy naam geheim moet hou want hy sien my by 'n kursus

.
Geno, hy klink vir my na 'n ongeluksvoël

Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:01 am
by NicoSmit
Daardie Light Force is in die rooi gedruk
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:07 am
by cassie_calvinia
cowboy!
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:09 am
by Gawie(13mm)
Ek voel nou beter oor al die akkies wat die laaste week of twee met my gebeur het.
Hoop nie hy moes die huis se bedrading laat oordoen nie of het hy baie opgehoopte siekverlof?
Man met 'n plan.

Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:31 am
by prohunt
Hi Ian, ken ek ook die man??
Jy sal onthou dis die hoofrede hoekom ek nie die 220V tipe proppe op my ligte wou sit nie want ek is te bang dit kom in die verkeerde hande

Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:34 am
by Katefbessie
Hahahahhah Wat 'n groot aap en asshole doen dit???? die idioot!!! Cassie ek stem saam jou, die "Cowboy" hoort nie in ons gemeenskap nie!
Wie is die perd Ian en Geno? koms gee hom biekie gas om sy naam bekend te maak!
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:39 am
by NicoSmit
behalwe vir die lig wat moerland toe is het hy seker nodig gehad om skoon te gaan aantrek ook nog en ek dink Mamma gaan sê hy moet daai onderbroek self was of weg gooi!
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:41 am
by Cobus(Cobb)
Ruan de Jager wrote:Hahahahhah Wat 'n groot aap en asshole doen dit???? die idioot!!! Cassie ek stem saam jou, die "Cowboy" hoort nie in ons gemeenskap nie!
Wie is die perd Ian en Geno? koms gee hom biekie gas om sy naam bekend te maak!
YoYoYo...dis bietjie woeste kommentaar teenoor 'n man wat net 'n fout begaan het
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:46 am
by Katefbessie
Cobus(Cobb) wrote:Ruan de Jager wrote:Hahahahhah Wat 'n groot aap en asshole doen dit???? die idioot!!! Cassie ek stem saam jou, die "Cowboy" hoort nie in ons gemeenskap nie!
Wie is die perd Ian en Geno? koms gee hom biekie gas om sy naam bekend te maak!
YoYoYo...dis bietjie woeste kommentaar teenoor 'n man wat net 'n fout begaan het
Nee Cobus dis gevaarlik en plein weh deur die 'geid!!!!! Geluk met jou nes skoonmaak die naweek, bly jyt die klein jakke uitgekry!
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:52 am
by Cobus(Cobb)
Ruan de Jager wrote:Cobus(Cobb) wrote:Ruan de Jager wrote:Nee Cobus dis gevaarlik en plein weh deur die 'geid!!!!! Geluk met jou nes skoonmaak die naweek, bly jyt die klein jakke uitgekry!
yip, geno het mooi telefonies gehelp..
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:58 am
by Geno
Selfs Google stem saam!
(Click om groter te maak)
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Lig.jpg
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:23 am
by sako223
Manne hier is dalk n oplossing, as jy die een draad van die lig by die "earth" van die gewone 220 V plug in sit en die ander draad by die "live" en jy vat n los stukkie draad en sit dit saam met "live" in en brug dan na die "neutral" sal die lig die die 220V laat trip as jy dit by die verkeerde plug in sit.
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:30 am
by Capt. Yoda
Geno wrote:Selfs Google stem saam!
(Click om groter te maak)
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Lig.jpg
ROFLLMGA
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:32 am
by Fanta300
Ek stem saam, dis darem baie kwaai Enige ou kan 'n fout maak.
Ek het al self 'n lewendige draad met my knipmes korter gesny
Het twee dae geslyp om daai lem reg te kry.
O Ja, en ek het 30 jaar vir ESKOM gewerk

Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:37 am
by FCLoretz
Ruan de Jager wrote:Hahahahhah Wat 'n groot aap en asshole doen dit???? die idioot!!!
WOW, Dit is mos nou presies die teenoorgestelde wat almal probeer doen deur om lewe terug te probeer kry in die forum.
Die man het 'n fout gemaak, Sy fout het hom nou 'n hele paar rand gekos. Ek dink nie hy sal dit weer doen nie.
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:41 am
by Katefbessie
Cobus en Fanta het jul dalk gedink dat dit dalk ek is wat die "idioot" was om eerstens met my skietstoel in die garage in te ry en net daarna my Lighforce in die muur in prop!!!
Kyk ek was heel die moer in vir myself en ek kry skaam daaroor! hahahahah, maar kyk een ding is verseker meneer Beytell en meneer Robson Green (AKA Eugene "Geno" van Niekerk) gan op hul moere kry om my flaters so in die publiek te openbaar!!! hahah
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:43 am
by Katefbessie
FCLoretz wrote:Ruan de Jager wrote:Hahahahhah Wat 'n groot aap en asshole doen dit???? die idioot!!!
WOW, Dit is mos nou presies die teenoorgestelde wat almal probeer doen deur om lewe terug te probeer kry in die forum.
Die man het 'n fout gemaak, Sy fout het hom nou 'n hele paar rand gekos. Ek dink nie hy sal dit weer doen nie.
..... Ek was die groot aap, asshole en idioot

Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:43 am
by Eugene
Ruan de Jager wrote:Cobus en Fanta het jul dalk gedink dat dit dalk ek is wat die "idioot" was om eerstens met my skietstoel in die garage in te ry en net daarna my Lighforce in die muur in prop!!!
Kyk ek was heel die moer in vir myself en ek kry skaam daaroor! hahahahah, maar kyk een ding is verseker meneer Beytell en meneer Robson Green (AKA Eugene "Geno" van Niekerk) gan op hul moere kry om my flaters so in die publiek te openbaar!!! hahah
Ek het nogals gedink, toe jy so drasties reageer, dat jy dalk die skuldige kan wees!

Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:44 am
by FCLoretz
Ruan de Jager wrote:FCLoretz wrote:Ruan de Jager wrote:Hahahahhah Wat 'n groot aap en asshole doen dit???? die idioot!!!
WOW, Dit is mos nou presies die teenoorgestelde wat almal probeer doen deur om lewe terug te probeer kry in die forum.
Die man het 'n fout gemaak, Sy fout het hom nou 'n hele paar rand gekos. Ek dink nie hy sal dit weer doen nie.
..... Ek was die groot aap, asshole en idioot

Ek het nou so uitgevind.
Dan vra ek onverskoning vir my vorige post.
Ek kan dink dat jy lekker kwaad vir jouself is oor die 2 insidente.
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:50 am
by Katefbessie
hahahha... geen rede vir 'n verskoning! Kyk ne, as jy my ken FC sal jy sien sulke deur die k...k dinge moet my altyd tref en oorkom!! Ek wens dit vir niemand nie.... Die stoel in die garage ry storie het gesorg dat ek my hele skietarm afgebreek het en self oor moes bou!
Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:58 am
by G-force
Ruan kom nou jy weet die dinge gebeur so drie op n slag so skiet nou die naweek wat kom jou roeper in sy maai in en kry klaar

Re: 'n Helse ONTPLOFFING
Posted: Wed Oct 30, 2013 10:04 am
by FCLoretz
Ruan klink my as dit nie vir bad luck was nie het jy geen luck gehad nie