Page 1 of 1
my seun se groot skoot
Posted: Tue Oct 29, 2013 10:50 pm
by stan man
donderdag middag bel my seun my en vra of hy en sy boet en n paar pelle kan gaan tarentale skiet. ek besluit toe om hulle maar uit te vat. dit is lekker reenerig en die manne word nat maar die gees is daar en die manne het moed en spoed.
hulle wiks n hele paar tarentale ,en op n stadium raak hulle erg opgewonde oor n ding in die gras so 50m weg.ek stop en omtrent dadelik klap n skoot en rickus se net ''ek het hom''
ek klim uit die bakkie uit en loop na die plek toe waar hulle lig. die manne is omtrent dadelik by en hierdie pa se ou klein hartjie loop oor van trots.
nie oor die mooi kat wat hy geskiet het nie ,maar oor die feit dat die skoot reg in die oor is.
noedeloos om te se , ek het tot 3uur die oggend gestaan en slag om die ou kieter n vol montering te laat maak.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/rickus6kat_zps0960a7f4.jpg
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/rickus4kat_zpsba929d5b.jpg
Re: my seun se groot skoot
Posted: Tue Oct 29, 2013 10:56 pm
by Pappabeer
Noggal met n oopvisier! Well done!! Dis die tipe stories wat jy eendag oorvertel en dan glo mense jou nie... Baie mooi kat
Re: my seun se groot skoot
Posted: Tue Oct 29, 2013 11:03 pm
by stan man
pappabeer
daardie matie van my aard so reg na sy oorlede oupa.
my ou dad kon op sy tyd met n oop visier n meerkat skiet terwyl die hardloop gat toe.
die laaste 2 skiet kompetisies by die jagters vereeniging het hy my erg ore aangesit.die mannetjie het nou maar net n natuurlike talent as dit by skiet kom.
en hy en daardie .22 van hom is altyd saam. ek dink hy pas daardie roer beter op as sy meisie.
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:05 am
by BRNO (Pierre)
Mooi Frans. Se baie geluk aan jou seun ook. Soos Dewald se, goeie skoot vir n oop visier.
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:28 am
by G-force
Baie geluk aan julle altwee,great skoot daai en n mooi kat.
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:33 am
by Katefbessie
Baie geluk!
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:39 am
by Roger
Baie geluk, knap gedaan!!
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:39 am
by Ian
Frans
Daai jong manne was nou skerp. Ek kan glo oor die groot opgewondenheid wat daar was oor die kat.
Lekker om weer 'n kat te sien.
Welgedaan
Groete
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:52 am
by Marc
Mooi man, dis n lekker groot kat
Geluk Frans, ek kan net raai hoe trots daai man mos gewees het toe hy sy Pa se blydskap ervaar
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 10:09 am
by sako 30-06
Blikskottel,dit wil gedoen word.
Daai mannetjie sal my alie skop.
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 10:32 am
by Pappabeer
Frans, tussen jou en Frikkie Lubbe verloor ek nou weer spaargeld agter nog n .22 aan. Soek al lank so n pompaksie
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 10:49 am
by JAGTERSREG-JRM
Dagse
Welgedaan.........die ene sal jy lank onthou
Groete
Kobus
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 1:01 pm
by ROBBIE1
Mooi Frans, se die jong man geluk jong.
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:30 pm
by theedge
Baie geluk, knap gedaan!!
Re: my seun se groot skoot
Posted: Wed Oct 30, 2013 11:39 pm
by LongWolf
Geluk.
Daai skoot is verseker iets om oor trots te wees.
Re: my seun se groot skoot
Posted: Sat Nov 02, 2013 11:12 am
by stan man
dankie manne.
ja die maat se bors swel sommer baie ,as n mens oor sy kat praat. die man is erg trots op daardie roer van hom .ek wou die .22 vir myself koop,maar toe ek met hom by die huis aankom het my seun sy hart verloor,en die pa van hom is n sucker vir daardie bewondering wat in n jong jagter se oe is vir n mooi wapen. nodeloos om te se ,hy het toe n pragtige ou winchestertjie gekry ,en glo my hy verstaan daardie roer. ek wou vir hom n teleskoop opsit maar die man weier. hy se die geweertjie het sy eie identiteit en dit gaan afbreuk maak aan die roer as n mens begin torring.
Re: my seun se groot skoot
Posted: Sat Nov 02, 2013 12:45 pm
by vriell
Baie mooi skoot....ek self hou baie van oopvisier skiet en my kleinkind leer hom ook nou so en skiet al net so mooi oopvisier uit die hand .
Re: my seun se groot skoot
Posted: Sun Nov 03, 2013 7:58 am
by Roger
Toe ek by Frans kom, is dit die eerste ding wat sy seun doen, wys my met trots sy geweertjie :-)