Page 1 of 1

Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 7:23 am
by Stefan764
More manne.

Ons (ek en my vrou) is gelekkig genoeg en baie geseend met n wonderlike vakansie na die VSA oor Desember. Ons vlieg Vrydag aand, 10e Des.

Ek het tans n MTM-casegard skaaltjie, daai spanne wat R400 kos. Hy laai lekke, maar ek twyfel partykeer oor hom, spring sommer n paar 0,greine rond as net n paar korrels bygooi. Laai nog manne met die skaal?

Wat ek eintlik by julle wil hoor is watse skale stel julle voor. Ek gaan in Amerika verseker vir my n skaal koop. Skiet asseblief met voorstelle.

Dankie
Stefan

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 7:30 am
by Nico Harris
Stefan ek het die Lyman DPS 3 (Digital powder system). Hy werk soos n bom en is baie maklik om te werk!

groete

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 8:05 am
by Francois Marais
Stefan

Ditto oor wat Harris gese het, ek het ook een, werk sonder probleme.

Ek het nu al 3 RCBS Charge Masters gehad, almal het probleme gegee met hulle syfers, as jy een druk gee hy n twee, en so......het aanvanklik my Lyman verkoop en later maar weer een gekoop, bietjie van n schlepp die 30min opwarming, maar verder BAIE tevrede.

Mooi loop
Francois

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 8:55 am
by Christo
Harris30-06 wrote: Stefan ek het die Lyman DPS 3 (Digital powder system). Hy werk soos n bom en is baie maklik om te werk!

groete
Daar is nie iets anders nie. Koop hom, jy sal nie spyt wees. My ma het een saamgebring na 'n kuiertjie en al wat ek gedoen het is 'n ander "charger" ( kragpunt ) te koop vir R 40.00 met dieselfde volts. Hy werk soos 'n bom. Ek soek net 'n ekstra bakkie dan laai ek nog vinniger.

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 9:29 am
by THOMAST
Stefan,
Ek stem ook vir die Lyman skaal/poeier gooier.
Terwyl jy nou daar is kry sommer ook 'n RCBS 10-10 skaal. Een van die mees betroubaarste skale op die mark. Altyd lekker om 'n tweede skaal te h? om so nou en dan die lading te verifie?r wat die elektroniese skaal gooi.

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 9:46 am
by James Wilson
Stefan764 wrote: Ek het tans n MTM-casegard skaaltjie, daai spanne wat R400 kos. Hy laai lekke, maar ek twyfel partykeer oor hom, spring sommer n paar 0,greine rond as net n paar korrels bygooi. Laai nog manne met die skaal?
Stefan
ek het ook so n skaaltjie, en gebruik hom baie. hy werk vinnig en lekker. ek vervang gereeld batterye op ho net om seker te maam hy werk reg.

MAAR, ek wonner gereeld oor hom.

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 9:53 am
by henslin
Stefan = sien my boodskap aan jou.

Ek herlaai baie min en het dus baie tyd om op elke patroontjie te spandeer. Ek gebruik die gewone ou Lee ballanseer skaaljie en verifieer elke patroonlading met 'n klein elektroniese skaaltjie en trickle sommer met die hand uit 'n ekstra doppie uit. . Volgens my skaaltjie is my ladings baie akkuraat. Glo egter dit is nou tyd vir 'n chrony om net dubbel seker te maak. Moontlik is ek besig om myself lekker te bluff.  Die maks. wat ek nog tot nou gelaai het was 39,5gr S335 met 180gr Sierra punte vir my ou 'gradeboog'. Die ou is dan redelik ongemaklik ! Het weer afgeskaal na 39,0 gr en kry beslis 'n baie beter groepering. Die storie moet dus nou ge-'fine-tune' word. Herlaai maar 40 patrone op 'n aand. ( as daar  niks anders is om my aandag af te trek nie ).

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 9:55 am
by James Wilson
henslin, wat se elektroniese skaal het jy?

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 10:03 am
by Jaco Bezuidenhout
Henslin

As e iets mag kwytraak kry vir jou n RCBS of REDDING meganiese skaal. Ekt ook met n LEE  begin mar vinnig vir my n RCBS 505 gekoop. Het net nie gemaklik gevoel met hom nie.

Groete
Jaco

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 10:27 am
by Theo E
Stefan
I am sure you will have a blast, just prepare your self when you walk into Cabela, Sheels or bass pro you will spend endless hours there(if you are a coffee drinker TAKE YOUR OWN WITH and sugar there coffee and beet sugar is k@@@k)

I must agree with everyone els  
I have two lyman DPS 1200 and DPS 1200 3 they are great you wont be sorry
Like FM said it is just the 30 min warm up that is a schlep  
I bought the DPS 3 this year in the US it cost around $285 plus tax was about $310.

Theo

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 10:46 am
by henslin
Jagbehep. Sommer 'n klein skaaltjie wat die juweliers gebruik om edelsteenjies en juweliersware mee te weeg. Weeg tot .1 gr akkuraat. Het hom al 'n hele rukkie en gebruik hom ook vir die weeg van doppe ens. Niks fancy nie. Een of ander Chinese joppie. As ek die naam moet herhaal word ek onmidelik van die forum verban ! ::)! Kos ook nie 'n arm en 'n been nie.  As ek reg onthou in die omgewing van R200. Het al 'n paar patrone getrek om die ladings dan tussen die Lee en die skaaltjie te vergelyk. Nog elke keer geen verskil gekry nie. Ek aanvaar dus dat die outjie nie te sleg is nie.

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 10:50 am
by baboonstalker
Ek is nou al op my 3de skaal. Ek het begin met so 'n SR jobbie wat ek na die eerste laaisessie terug gegee het vir die handelaar. Toe 'n Leyman digitale "pocket scale" gekry wat my ook maar meer laat wonder het as wat ek gelaai het. Toe kry ek die RCBS Chargemaster. Die skaal werk baie goed, maar ek was nog nooit regtig gelukkig met sy dispencer nie. Ek is nou terug op 'n powder measure waarmee ek my ladings so .5gr onder gooi en dan trickle ek met my vingers in die pannetjie van die chargemaster tot hy net oorslaan. Dit is vinniger as enige tricler wat ek nog gesien het en ek het baie vertroue dat my ladings tot op die korrel reg is.
Sterkte by Cabella's, ek hoor dit is 'n plek wat jou selfbeheersing tot die uiterste beproef!
P

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Sun Dec 05, 2010 10:56 am
by James Wilson
dankie henslin. ek is bly ek is nie die enigste wat die intree model skale gebruik nie. ek is ook bly om te sien daar is ander manne wat "sukkel" met skale. gaan nou een van my vriende vrae om sy RCBS skaal vir my te leen dan gaan ek my elektronies skaal check

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Wed Jan 26, 2011 11:48 am
by blikkies
dagse kerels

waar kan jy van die rcbs charge masters in ons land teen 'n billike prys kry?

groete

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Wed Jan 26, 2011 12:01 pm
by Stefan764
Jagbehep! wrote:
Stefan764 wrote: Ek het tans n MTM-casegard skaaltjie, daai spanne wat R400 kos. Hy laai lekke, maar ek twyfel partykeer oor hom, spring sommer n paar 0,greine rond as net n paar korrels bygooi. Laai nog manne met die skaal?
Stefan
ek het ook so n skaaltjie, en gebruik hom baie. hy werk vinnig en lekker. ek vervang gereeld batterye op ho net om seker te maam hy werk reg.

MAAR, ek wonner gereeld oor hom.
James

Ek het toe vir my n Lyman DPS3 gekoop. WAT n PLESIER!!!!

Ek het so paar random "checks" gedoen om my MTM Case gard skaaltjie getoets en ek kan met alle eerlikheid se hy was elke keer on the money. Jy kan met n geruste hart voortlaai.

Dankie vir almal se insette, ek geniet my DPS3 baie. Thanks Jannie...

Groete
Stef

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Wed Jan 26, 2011 12:01 pm
by Louis Kriel
THOMAST wrote: Stefan,
Ek stem ook vir die Lyman skaal/poeier gooier.
Terwyl jy nou daar is kry sommer ook 'n RCBS 10-10 skaal. Een van die mees betroubaarste skale op die mark. Altyd lekker om 'n tweede skaal te h? om so nou en dan die lading te verifie?r wat die elektroniese skaal gooi.
Jy se presies wat ek wou gese het. Ek het drie MTM casegard skaaltjies gehad, al drie het wisselvallige lesings gegee. Met die laaste skaaltjie se inruil het ek maar punte gekoop en besluit om eerder met my RCBS aan te karring. Die RCBS 10.10 is seker die betroubaarste van almal. En as jy dan nou die elektroniese gadgets moet gebruik is dit lekker om jou ladings mee te verivieer.

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Wed Jan 26, 2011 12:51 pm
by worshond
Ek gebruik n Lyman DPS 1200

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Wed Jan 26, 2011 1:15 pm
by MJK
[Stefan,
Ek stem ook vir die Lyman skaal/poeier gooier.
Terwyl jy nou daar is kry sommer ook 'n RCBS 10-10 skaal. Een van die mees betroubaarste skale op die mark. Altyd lekker om 'n tweede skaal te h? om so nou en dan die lading te verifie?r wat die elektroniese skaal gooi.
[/quote]

Jy se presies wat ek wou gese het. Ek het drie MTM casegard skaaltjies gehad, al drie het wisselvallige lesings gegee. Met die laaste skaaltjie se inruil het ek maar punte gekoop en besluit om eerder met my RCBS aan te karring. Die RCBS 10.10 is seker die betroubaarste van almal. En as jy dan nou die elektroniese gadgets moet gebruik is dit lekker om jou ladings mee te verivieer.
[/quote]

Daai MTM skaalties is UITERS onbetroubaar. :police: My seun gooi maar +- met hom (moet elke 5 keer weer reset) en ek weeg dan akkuraat af met balkieskaal. Dit is maar hoe my automation werk. Net jammer die outjie is nogal duur op die kos... :-\

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Wed Jan 26, 2011 3:19 pm
by baboonstalker
Net jammer die outjie is nogal duur op die kos..
Gooi hom uit die huis uit. Met die kosgeld wat jy in die eerste maand spaar koop jy vir jou 'n "RCBS chargemaster" (jy kan net die skaal koop sonder die dispencer)

Ek gooi ~.3 gr onder met 'n goedkoop "powdermeasure" van Lee en top dan op met kruit uit 'n bakkie langsaan. Dit is vinniger as die dispencer en jy weet elke lading is presies dieselfde.

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Wed Jan 26, 2011 3:29 pm
by Otto
Goeie middag almal,

My self eers voorstel. Ek hou van vuurwapens en herlaai self vir my Mauser 8x60S. Wil graag baie jag maar tyd en geld is maar skaars. Ek is 'n Finansiele adviseur hier in Pretoria.

Rakende onakkurate elektroniese skale, het ek agtergekom dat ander elektriese toestelle inwerk op die skale. 'n selfoon naby is gif en buisligte affekteer ook die lesing veral as daar krag stuiwings is. Ek gebruik 'n skaal wat die boogskut manne gebruik om hulle punte te weeg.

Groete vauit 'n sopnat Pretoria

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Wed Jan 26, 2011 7:35 pm
by bullseye
GOEIE MIDDAG ALMAL

EK HET SO TWEE WEKE TERUG GEREGISTREER OP DIE FORUM .VIND DIT BAIE LEERSAAM EN BAIE INTERESANT GENIET DIE HUMOR BAIE.

EK SIEN DIE MENSE IS BESIG MET ELEKTRONIESE SKALE. EK HET NIE GOEIE ONDERVINDING VAN ELEKTRONIESE SKALE NIE,BEDOELENDE KON NIE EEN KRY WAT ABSOLUUT AKURAAT IS NIE,ALMAL VAN HULLE WISSEL. BY WISSEL BEDOEL EK :SELFONE,REKENAARS,EVKOM SE KRAG,WIND, TEMPRATUURSKOMMELINGE EN WAT MY DIE MEESTE FRUSTREER HET IS MY EIE LIGAAMSHITTE SODRA EK NABY SKAAL KOM MET MY HAND VERANDER LESING ,DIT ALLES HET N INVLOED OP ELEKTRONIESE SKAAL. EK GEBRUIK NOU MY PACIFIC M SKAAL DIT IS N SKAAL WAT HORNADY OP N STADUIM BEMARK HET.SAAM MET DIE BALK SKAAL GEBRUIK EK N POEIERMETER DIT WERK VINNIG EN IS DODELIK AKKURAAT ALTYD.
EK HET DIE GEWOONTE AS EK N GOEIE LADING GEKRY HET DAN GOOI EK ALTYD N LADING BINNE IN N PILLE HOUERTJIE WAT DIG SLUIT. EK HET AGTER GEKOM  AS EK DIESELFDE LADING UIT DIE PIL HOUER UITHAAL SE OOR 6 MAANDE OF WANNEER EK WEER HERLAAI
DAN VERSKIL DIE LESING OP ELEKTRONIESE SKAAL.

DIE BESTE SKAAL WAARVAN EK WEET IS PROMETHUIS DIT IS N SKAAL WAT N PRIVAAT OU IN AMERIKA OP BESTELLING BOU. DAVID TUBB GEBRUIK EEN VAN SY SKALE DIT IS OOK N BALK SKAAL MET N ELEKTRIESE KORRELMETER WAT JY SELF BEHEER.EK DINK AS N MENS GENOEG MOED HET SAL JY DIT SELF KAN BOU.


EK IS MAAR VERSIGTIG AS DIT BY HERLAAI KOM,

DIS MY TWEE PENNIES
GROETE BEN.

Re: Herlaai SKALE - voorstelle asb?

Posted: Thu Jan 27, 2011 11:01 am
by MJK
baboonstalker wrote:
Net jammer die outjie is nogal duur op die kos..
Gooi hom uit die huis uit. Met die kosgeld wat jy in die eerste maand spaar koop jy vir jou 'n "RCBS chargemaster" (jy kan net die skaal koop sonder die dispencer)

;D ;D ;D.