Page 1 of 1
TELESKOOP VIR NAGJAG?
Posted: Tue Oct 29, 2013 3:15 pm
by christo gouws
Vriende.Ek wil graag hoor wat stel julle manne voor oor watter tipe teleskoop en die vergroting wat n man op n .243 moet aanbring vir die jag van die jak. en rooikatte.Ek het nou al gelees en ek wil kyk na n 3,5-15x50F1 Nightforce met n MDO2.0 TM Recticle of n Zeis Duralyt 3-12x50.
Ek wil graag die een opsit wat die beste sal werk so ek luister graag wat die kenners te se het.
Dankie.
Christo.
Despatch.[041-9332333/0762309659]
Re: TELESKOOP VIR NAGJAG?
Posted: Tue Oct 29, 2013 3:34 pm
by Armand9
Leke groot lens voor. 50mm di minimum. Tot n 12 vergroting is genoeg. Weet net di groter vergrotings het parralaks verstellings wat dinge weer kompliseer. Maar baie manne skiet so. Passop net vir te fyn kruishaar. Vir doelgerigte nagjag, 3-12x50/56 is meer as genoeg. Di 2 wat jy noem klink reg,weet net ni hoe lyk di kruishare nie.
Re: TELESKOOP VIR NAGJAG?
Posted: Tue Oct 29, 2013 3:53 pm
by Piet Pille
Hallo christo,
Ek het 'n 3-12x50 Duralyt en dit is 'n yster teleskoop! Ek is egter nie 'n jakalsjagter nie maar kan wel sĂȘ dat hy goed vaar in swak ligkondisies en met skietlamp. Mens kry ook die duralyte 3-12x50 IR met die "illuminated Reticle". Moontlik is dit 'n beter opsie vir in die aand? As ek reg onthou is die helderheid van die kolletjie verstelbaar sodat jy jou nie verblind nie.
Re: TELESKOOP VIR NAGJAG?
Posted: Tue Oct 29, 2013 5:08 pm
by BLOK
Armand9 wrote:Leke groot lens voor. 50mm di minimum. Tot n 12 vergroting is genoeg. Weet net di groter vergrotings het parralaks verstellings wat dinge weer kompliseer. Maar baie manne skiet so. Passop net vir te fyn kruishaar. Vir doelgerigte nagjag, 3-12x50/56 is meer as genoeg. Di 2 wat jy noem klink reg,weet net ni hoe lyk di kruishare nie.
Ek dink Armand het n mooi opsomming hier vir jou gegee, ek skiet met die genoemde NForce met die moar kruis en hy werk goed vir my, weet van n hele klomp voltydse jakkals skieters wat daai Zeiss ook met groot sukses aanwend.
Re: TELESKOOP VIR NAGJAG?
Posted: Tue Oct 29, 2013 5:09 pm
by BLOK
Armand9 wrote:Leke groot lens voor. 50mm di minimum. Tot n 12 vergroting is genoeg. Weet net di groter vergrotings het parralaks verstellings wat dinge weer kompliseer. Maar baie manne skiet so. Passop net vir te fyn kruishaar. Vir doelgerigte nagjag, 3-12x50/56 is meer as genoeg. Di 2 wat jy noem klink reg,weet net ni hoe lyk di kruishare nie.
Ek dink Armand het n mooi opsomming hier vir jou gegee, ek skiet met die genoemde NForce met die moar kruis en hy werk goed vir my, weet van n hele klomp voltydse jakkals skieters wat daai Zeiss ook met groot sukses aanwend. Ek het aanvanklik vir so Zeiss Safari toe gery maar agv Stefan se verkoopsvernuf en goeie afslag het ek toe met die NForce daar uitgestap. hahaha