Page 1 of 5
Brandspoed
Posted: Sat Dec 04, 2010 10:16 am
by raychell
Ek het vanoggend S321 in my 22Dasher getoets en dit vinniger as S335
Die spoed verskil was 86fps in S321 se guns daarvolgens sal ek dit so plaas
S321
S335
S341
S355
S365
S361
S371
S385
Dit is my data op my gewere mag verskil met ander kalibers
Raynie
Re: Brandspoed
Posted: Sat Dec 04, 2010 11:17 am
by tafjak
Raynie
Ja, Ja en toe blaas ek amper my aksie met die vorige raad dat 321 stadiger as 335 is. Dink dit was Gerard wat dit so vereis het.
Re: Brandspoed
Posted: Sat Dec 04, 2010 11:21 am
by tafjak
Gerard
Full Member
Offline
Posts: 104
Re: Barnes Varmint grenade
? Reply #6 on: August 22, 2010, 11:28:07 AM ? Quote Modify Remove Split Topic
--------------------------------------------------------------------------------
Die volgorde van lewendigheid (brandspoed) van Somchem dryfmiddels vir gewere is:
S265 Bal
S335 Staaf
S321 Bal
S355 Staaf
S341 Bal
S365 Staaf
S385 Staaf
S361 Bal (Nuwe een met die blou etiket)
B12,7 Bal
Re: Brandspoed
Posted: Sat Dec 04, 2010 11:46 am
by raychell
Taffie
Ek wil net deer die week kom 10de maak die konstruksie toe dan sal ek S341 en S355 in die Dasher toets en 341 355 365 361 371 385 in my .30.Toets die lot in jou Ackley wanneer jy kans kry.Ek is seker dit mag verskil van geweer tot geweer.
Die extreme spread was baie meer vir 321 as 335.Die groepering vir die 14 ladings was .72"die ladings was van 33.1gr tot 35gr, 2 skote per lading
Raynie
Re: Brandspoed
Posted: Sat Dec 04, 2010 12:52 pm
by JACQUES BOTHA
Raynie.
Laat ek net seker maak, Ek dink meeste vanmy werk is op datum so sal ook begin speel dinsdag.
jy laai selfde lading in selfde doppe met selfde punt en meet slegs die spoed oor die chronie.
Ek weet met 361 moes ek 3 tot 5 grein meer laai ind ie 25 om selfde speod te kry.
Ek gaan sommer met die 223 en 308 speel en toets.
Laat weet ek het 365,361,385 en 355, 335, 321, 341
Kan mens die 355 tot 341 ding ook in enige roer toets ? met verminderdeladings seker?
As jy aanbeveelings het oor watter ladings kan ek terugkom met die spoed verskille uit my ou roere.
Groetnis
Jacques
Re: Brandspoed
Posted: Sat Dec 04, 2010 3:01 pm
by Biltongjagter
Fyn trap in die pietersielie hier, k?rels!
Ek is seker iemand het hier die kat aan die stert beet

Re: Brandspoed
Posted: Sat Dec 04, 2010 3:33 pm
by raychell
Jacques
Vat 'n veilige begin lading met die vinigste kruit wat jy al getoets het .Voorbeeld 33.1gr 335 in my Dasher agter 55gr Vmax is baie veilig spoed 3670fps.Vogens Gerard se data is 321 stadiger en behoort dit dus 'n stadiger spoed teen dieselfde lading te gee. Met 33.1gr 321 kry ek toe 3750fps dus is dit vinniger in my Dasher ek sal dieselfde lading nou met 341 en 335 doen om brandspoed te vergelyk.Ek vermoed dat daar 'n variasie sal wees a.g.v. dopgrote in ander kaliebers en sal graag terugvoer wil he
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 11:42 am
by JOHANNIC
Was self by Somchem vir n uitstappie om te sien hoe die toetse en dinge daar gebeur,en met die "powder" manne gesels(juis omdat die veskillend lotte so van mekaar verskil)
Elke geval,hoe laer die nommer S321 hoe vinniger, 385 hoog nommer stadige kruit

EN die verskil tussen batches kan tot 5% wees,en hulle meng net 2 ton op n slag, hulle oplosing aan my was koop genoeg van een batch

Hel daar is BAIE lope en gewere,als waarvan jy kan droom

Die spread met balkruit sal altyd meer wees as stafies(hitte sensitief)
En jou kruit kan vog trek en stadiger word,gooi dit uit op n trampoline in die son en dit raak weer vinnig
Die beste volgens hulle is om n aircon in jou herlaaikamer te he en altyd teen dieselfde temp te herlaai,vir beste reultate(meer vir die benchrest manne)

hoop dit maak sin

Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 11:54 am
by tafjak
Johannic
Die beste volgens hulle is om n aircon in jou herlaaikamer te he en altyd teen dieselfde temp te herlaai,vir beste reultate(meer vir die benchrest manne)
............0f 60Watt gloeilamp wat permanent aan is.
Elke geval,hoe laer die nommer S321 hoe vinniger, 385 hoog nommer stadige kruit
............so 361 is vinniger as 365?
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 2:41 pm
by Gerard
Mens kan nie dryfmiddel buite konteks gebruik en dan gevolgtrekkings maak nie. Die dryfmiddel moet min of meer geskik wees vir die aanwending. Dit is futiel om 'n kaliber en 'n koe?l te neem en dan al die geweer dryfmiddels in daardie een kombinasie te toets.
'n Halfpad binne konteks toets is dus:
30-06 met 'n 180gr koe?l.
59gr S365 = 2800vps
59gr S385 = 2670vps
59gr S361 = 2550vps
22-250 met 55gr koe?l in 'n Howa 22" loop
35.5gr S335 = 3550vps
35.5gr S321 = 3510vps
35.5gr S355 = 3410vps
224 Weatherby Mag Met 35gr koe?l in 'n 24" loop
36gr S335 = 4210vps
36gr S321 = 4100vps
36gr S355 = 3950vps
Die dopvorm en volume teenoor die volume van die hele stelsel, met loop ingesluit, het alles 'n invloed op hoe die dryfmiddel ontbrand.
Op die gemiddelde aanwending is die brandsnelheid soos ek in die tabel aangee.
Vra vir Somchem of nuwe S361 stadiger of vinniger is as S385 en hoe S335 vergelyk met S321.
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 4:54 pm
by raychell
Gerard
Sal jy dan se dat 361,365 en 385 buite konteks sal wees vir die .308NM ?Die .22Dasher het 'n 41gr water kapasiteit en dus ook nie buite konteks vir 321 nie.
.308NM met 180gr koeel 26" loop
69.5gr S361 = 2927vps
70gr S371 = 2800vps
71gr S385 = 2784vps
22Dasher 55gr Koeel 25" Loop
33.1gr S321 = 3739vps
33.1gr S335 = 3659vps
My Halfpad binne konteks toets
S361 vinniger as S385 en S321 Vinniger as S335
Raynie
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 7:22 pm
by JOHANNIC
Taffie
S365 en S361 is soos ek die powder manne verstaan het omtrent opmekaar

361 is volgens hulle stadiger as 365
Maar die groot poks is dat die brandtempo 5-6% kan verskil na altwee kante toe(12%)

Die gevolg is dat somige S361 lotte vinniger gaan wees as S365 en natuurlik andersom ook.
Ek het ook die nuutste Somchem boekie
S321 Fast spherical
S335 MEDUIM extruded S265 SLOW vir magnum rolies
S361 is vinniger as S385
S321 is OOK vinniger as S335
Taffie, die man het nogals gepraat van lig wat altyd aan is,werk net so goed

En onthou as jy balkruit laai om nie jou ammo te lank of eerder glad nie in son laat staan nie,want jy ga daardie springbok koppie heelemal mis

Groete johan
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 9:08 pm
by Gerrit Visser
Ek is nuut op die forum, maar kom agter die manne jaag spoed. Wees baie versigtig met ons kruit.Ek laai my 308 dat die spoed met minder as 15f/s verskil. Die probleem is dat s335 LOT685 met 43.5gr = 2820f/s en S335 LOT690 met 43.5gr = 2680f/s gee. S335 LOT692 is nog nie op die rak maar behoord 2860f/s te gee. So as jy op max is met LOT690 en jy gaan oor na LOT692 kan jakkals dalk by sy vriende spog met nog 'n jagter. Spoet verskil 200f/s.
O ja tot op 550m mik ek op jakkals gee niks toe.
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 9:20 pm
by raychell
Die S321 wat ek gebruik het is lot 179 en die S335 is 682 meskien hoekom Gerard en my data so verskil?
Raynie
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 9:25 pm
by Louis102
Gerrit Visser wrote:
... O ja tot op 550m mik ek op jakkals gee niks toe ...
Gerrit, welkom oppie Forum.
Jakkalse tot op 550m en jy gee niks toe nie? Met 'n 308 nogal! Julle het seker uitsonderlike groot jakkalse in julle area? Of wat's die triek?
Louis
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 9:32 pm
by theterminator
Hallo Gerhard
welkom op die forum
vir 'n eerste post kan jy nogal lekker poefies praat

lees eers 'n bietjie rond op die forum, jy gaan nie die ackley manne beindruk met daai 308 nie, hulle gewere skiet almal so

jy het net nie vir ons vertel waar jy die 308 zero nie
groetnis
Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 10:01 pm
by JOHANNIC
Welkom Gert

Wel, as ek n jakkie was sou ek tot op 900m glad nie veilig gevoel het as gert sy 308 op my gemik het nie

Re: Brandspoed
Posted: Sun Dec 05, 2010 10:18 pm
by henslin
Met 'n gradeboog soos myne wat 18" op 300m val ? Ek wil 'n nuwe speelding aanskaf !!

Re: Brandspoed
Posted: Mon Dec 06, 2010 6:41 am
by raychell
Gerrit
Baie welkom en baie dankie vir die brandspoed inligting om S335 dit verklaar baie.
Vertel meer van daai .308 ek het nou jou maks spoed geneem met 155gr Sierra dink di's wat jy van praat
Zero 550m val hoogste punt
500 -12.94" 275m 23.89"
Jy sal 'n jakkals met 40.5" vital zone nodig he om dit te kan doen ons Jakkalse werk ons so met 4.5" vital zone
540m Zero sal jou -2.66" val gee en hoogste punt 29.03" by 275m
Raynie
Re: Brandspoed
Posted: Mon Dec 06, 2010 7:42 am
by Gerard
Raynie,
Sal jy dan se dat 361,365 en 385 buite konteks sal wees vir die .308NM ?
Nee dit is nie. Dit is een voorbeeld van waar S361 vinniger is as S385. In 'n 30-06, met swaar koe?ls is S361 stadiger as S385. Die onderste streep is dat sommige dryfmiddels baie na aan mekaar is en dat keuses gemaak word gegrond op volume. Die lewendigheid en brandspoed van 'n dryfmiddel wissel na gelang van, onder andere, die koe?lgewig, dopvorm en looplengte.
Met dryfmiddels is daar nie absolute riglyne nie want daar is te veel dinge wat wissel. Die grootste faktor is die feit dat die versnelling van brandspoed van 'n gegewe dryfmiddel geweldig kan wissel. Dit help ook nie dat Somchem se dryfmiddels so baie verskil van lot tot lot nie.
Wees versigtig en moet nie een dryfmiddel gewig vir gewig ruil met 'n ander nie. Voorbeeld: Vier lotte terug kon ek 30-06 en 270 ammunisie laai met GSC koe?ls en S365. Nou loop enige dop oor as dieselfde hoeveelheid S365 ingegooi word en ons moet S355 laai om nie hopeloos saamgeperste ladings te kry nie.
Op die oomblik, met die huidige lotte Somchem dryfmiddels, is die tabel wat ek gegee het korrek.
Re: Brandspoed
Posted: Mon Dec 06, 2010 7:45 am
by Stefan764
Welkom Gerrit!
Louis, sal self wil hoor hoe maak so .308 om n trajek van minder as 5 duim oor n afstand van 550m te he...
Sien uit na jou antwoord Gerrit! Geniet die forum, jy gat baie leer hier en eks seker ons gan net so baie by jou leer. Dankie vir die wenk oor die verslikkende lotte kruit. Baie ouens het al hieroor gesels en hierdie nommers wat jy deurgee gee n ou n lekker prentjie en baie lig opi onderwerp.
Groete
Stefan
Re: Brandspoed
Posted: Mon Dec 06, 2010 8:07 am
by jmb
Nee manne ek dink julle verstaan vir Gerrit verkeerd. Die 308 is mos so akkuraat dat hy seker sleg voel om jakkalse nader as 500 m te skiet. Dus zero hy seker op 500 en sorg dan maar dat hy die goed op daai afstand skiet. Vir die jakkalse wat nader is hoef jy dan mos nie op te mik nie. Jy mik dan mos af.

Re: Brandspoed
Posted: Mon Dec 06, 2010 8:15 am
by Louis102
jmb wrote:
... Nee manne ek dink julle verstaan vir Gerrit verkeerd ...
Ek dink ook ons lees nie reg nie. Hy s? hy mik tot en met 550m niks af nie. Dit beteken mos nie hy skiet van 0 - 550m raak nie. 'n Man kan seker maar mik waar jy wil, dalk wil hy nie die jakkalse skrikmaak nie.
Re: Brandspoed
Posted: Mon Dec 06, 2010 8:29 am
by Stefan764
Hahaha! Lekker vinnag raak die brandspoed topic interessant! Hehehe!
Ek begin nou baie spyt raak oor my 7mm, moes dalk ook maar vir n thrie-O-eit gegan het..

Re: Brandspoed
Posted: Mon Dec 06, 2010 8:54 am
by JOHANNIC
Gert loop seker nog in die wingerd rond

Gert nou dat ek daaraan dink wat was die ladings van die 308 nm wat jy nou die dag gedoen het van oom johnny burger,ek sien hulle soek na so iets op een van die ander posts?