Page 1 of 1
Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 9:40 am
by Jakkie07
Ek het hulp nodig
E het n scooter verkoop meer as n jaar gelede, ek(rookie mistake) het dit in die ou se hande gelos om die "Change of ownership" te doen.
nou sit ek, wat is my opsies, ek het n nommer van sy suster en so sy nommer in die hande gekry, maar dit knor om die man in die hande te kry.
Hoop iemand kan my dalk help met n lig in my tonnel
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 9:45 am
by Jean Marais
As hy nog op jou naam is, en daar's nie boetes uitstaande nie, waarsku die ou dat jy die fiets gaan scrap as hy dit nie binne 21 dae oordra op sy naam nie. As hy na 21 dae niks gedoen het nie, scrap hom, dit gaan jou dalk uitstaande lisensiegeld kos, maar dan moet hy die outjie weer deur die toets gaan sit - baie moeite vir hom.
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 10:00 am
by PaulM
Om die voertuig te 'scrap' gaan jy die registrasiedokument nodig hĂȘ. Om dit te doen sal jy dan eers moet aansoek doen vir 'n duplikaat registrasiesertifikaat, wat jou SAP verklarings en R550 gaan kos.
Tweede opsie is om 'n afskrif van die kalant se ID dokument te kry. Dan kan jy self die geel oordragvorm gaan inhandig.
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 10:28 am
by Jakkie07
Dankie
Ek probeer nou die man in hande kry. Stuur hom boodskappe en probeer bel. As ek nie so reg kom nie sal ek maar na SAP gaan en maar moet hoes.
So leer n mens, skoolgeld.
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 10:47 am
by HennieC
Daar is by die lisensie kantore 'n vorm wat jy invul wat se dat jy die voertuig verkoop of verkoop het aan 'n person.
Jy sal sy naam van en ID nommer benodig vir dit. dit is soos 'n kennis gewing wat jy invul en dan gaan al die boetes en lisensie gelde op die person se ID nommer.
Indien hy dan 'n ander voertuig se lisensie wil hernu gaan hy 'n groot skok kry.
het jy dalk nog jul koop kontrak dan kan jy daar die datum gebruik.
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 10:51 am
by Silent Hunting
Soos Hennie daar se. Het al met my ook gebeur.
Voltooi daardie: Notice of change of ownership. Back date hom ook na datum van verkoop. Dan is dit sy probleem.
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 11:00 am
by HennieC
Notice of change of ownership
Dis die papier wat ek van praat kon nie op die regte naam kom nie
Dankie Silent Hunting
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 11:07 am
by Jakkie07
HennieC wrote:Notice of change of ownership
Dis die papier wat ek van praat kon nie op die regte naam kom nie
Dankie Silent Hunting
Kan ek dit doen sonder sy ID?
http://www.westerncape.gov.za/other/200 ... ehicle.pdf
julle praat van die oudjie
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 11:09 am
by Silent Hunting
Net sy naam, van en ID nommer. Id nommer kan jy altyd bekom as jy hom nie het nie.
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Tue Oct 29, 2013 11:42 am
by Jakkie07
dink ek gaan hom probeer.
Sy probleem maak.
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Fri Nov 01, 2013 9:02 am
by Jakkie07
Dankie vir almal se hulp EK het die man se details en die kom nou van poskantoor af. ding is van my naam af
Re: Voertuig van naam verwyder
Posted: Fri Nov 01, 2013 9:14 am
by Silent Hunting
Lekker man. Bly dit het gewerk.