Page 1 of 1
Geweer Blou
Posted: Mon Oct 28, 2013 3:45 pm
by Wilhelm Schultz
Goeie middag almal
Ek wil graag weet waar in die Kaap omgewing kan 'n mens jou hele loop en aksie kan laat blou? Of het iemand 'n blou bad wat ek kan huur?
Baie dankie
Wilhelm
Re: Geweer Blou
Posted: Mon Oct 28, 2013 4:00 pm
by Gawie(13mm)
Nee maat, ek weet die WP het verloor, maar nou wil jy darem te ver gaan.
Grappies op 'n stokkie. Morkel en Krause by S&O doen dit en Wildman in Brackenfell het ook 'n bad. Ek dink die kostes is ongeveer R1600.00 vir loop en aksie as ek vir Gerrie Vark hier op die forum reg verstaan het.
Groete,
Gawie.
Re: Geweer Blou
Posted: Mon Oct 28, 2013 4:22 pm
by Arnold
Ek is seker Harrison Bros sal dit ook doen, maar S&O is seker die naaste aan Stellenbosch
Re: Geweer Blou
Posted: Mon Oct 28, 2013 4:33 pm
by Pappabeer
Wilhelm, jy gaan nie n beter ou as Johan Morkel kry om dit te doen nie en hy is op jou deurstoep. Betaal maar die bietjie meer, en jou geweer het die mooiste satyn blou afwerking wat jy kan kry, eerder as wat een of ander Cowboy hom vir n paar honderd goedkoper opfoeter.
Hier was al drade op die forum oor sulke paloekas.
Wat doen jy in Stellenbosch?
Re: Geweer Blou
Posted: Tue Oct 29, 2013 6:16 pm
by Wilhelm Schultz
Gawie. Ek oorweeg swart en wit of oranje en wit ook al want die blou en wit beteken ook maar niks deesdae nie
Goed dankie manne sal gaan uitvind by S&O maar hulle is gewoontlik so besig, en hulle vat maande om klaar te maak met mens se goed. Sal miskien gaan hoor hier by Gun'O'Clock ook.
Papabeer ek is nou 'n 4de jaar BScAgric student by die Universiteit.
Re: Geweer Blou
Posted: Tue Oct 29, 2013 9:44 pm
by Pappabeer
Piet-Skiet wrote:Doen morkel hoe glans blou werk?
Ek is seker hy sal kan
Wilhelm Schultz wrote:Gawie. Ek oorweeg swart en wit of oranje en wit ook al want die blou en wit beteken ook maar niks deesdae nie
Goed dankie manne sal gaan uitvind by S&O maar hulle is gewoontlik so besig, en hulle vat maande om klaar te maak met mens se goed. Sal miskien gaan hoor hier by Gun'O'Clock ook.
Papabeer ek is nou 'n 4de jaar BScAgric student by die Universiteit.
Ek het ook daar geswot. Lekker dorp
Ek sal jou ten sterkste afraai om binne n hondert meter van Jacques Arzul by Gun O'Clock te gaan met n geweer. Ken die ou al jare en hy het al baie mense se gewere lelik beseer op Stellenbosch.
Gaan dan liewers vir die Harrisons in Durbanville of bel net eenvoudig vir Johan en maak n afspraak. 021 865 2223. Dan mis jy Safari se besigheid. SĂȘ vir hom ek het jou verwys.