Page 1 of 1
Gee raad asseblief
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:15 am
by Wielie Waps
Vriende
Ek wil graag 'n bewarings inisiatief begin in ons area(Bloemfontein-Soutpan).
Die opsies wat ek sover in gedagte het is:
1. Rehabilitasie van stokstert meerkatte wat in aanhouding was.
2. Krimpvarkies - algemene inligting rondom die verspreiding in ons streek en sensus opname van krimpvarkie getalle.
3. Hervestiging van Skilpaaie wat in aanhouding was.
As julle enige ander voorstelle het sal ek graag luister. Ek het met die manne van natuurbewaring ook gesels en wil graag 'n ingeligte besluit neem hieroor.
Re: Gee raad asseblief
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:32 am
by tafjak
Wielie
Krimpvarkies- Jy kan Judy(Alan Truter se vrou) bel, sy is nogal erg oor die goedjies. Wat ek wel kan rapporteer is dat ek meer van die goedjies te siene kry die laaste jaar. Kon nog nooit een of meer kry by jagtogte nie, maar in Cradock so 3weke gelede 2 gekry. Vermoed dit was maar agv die droogte en het die ouens nader aan lande en grasperke begin wei.
Skilpaaie is maklik, jy sit hom net naby water neer en hy sal oorleef. Maar, sy GPS werk beter as jakkals s'n en hou daarvan om terug te gaan vanwaar hy kom.
Stoksterte is ander turksvy, hulle sal geen indringers in hul gebied duld nie en verjaag en maak somtyds die indringers(losgelates in hul gebied) dood. Reken jy sal eie familie moet bou in aanhouding(hektaar kampe) wat in gebied is waar nie veel meerkatte is nie en hulle stelselmatig vryheid(hekke oopl?) gee totdat hulle gesettle is. Kan natuurlik lank(tot 12maande) neem.
Re: Gee raad asseblief
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:59 am
by JACQUES BOTHA
Wiele
Daai stoksterte wat in aanhouding was mmm hy hou van mense en hy weet dat hulle kos kry.
So dis n mooi en edel idee en ek help graag waar ek kan,
By die hervestiging van stoksterte, sal ek voorstel jy probeer dalk n natuurlike vrylopende groepies van en hervestig die in die nuwe area soos taffie se waar daar nie ander in die nabye omgewing is nie.
my 50c ( nie2c nie want ek weeg bietjie meer in kg'e)
JB
Re: Gee raad asseblief
Posted: Sun Dec 05, 2010 9:37 am
by James Wilson
man, ek het nie endelik vir jou spesifieke raad nie, maar ek wil jou voorspoed toewens met die met die edele gedagte.
Re: Gee raad asseblief
Posted: Sun Dec 05, 2010 6:11 pm
by molopohunter
Darem is julle natuur bewarings kontore daar nog van die wakker soort. Ek is self nou besig met die skilpad ding en wil krokodille na n kampie toe skuif. Die skilpaaie is maklik, sluit aan by jou plaaslikike herpetologiese vereeniging en doen deur hulle jou permit aansoeke, jy gaan heel moontlik n bestuurs plan en n EIA doen. Met die meerkatte is dit moeilik want hulle bly by mense as hulle mak was. Mens kan net vir hulle n beter tuiste gee. Ons het nou n geval waar 2 na ons toe kom wat in n hokkie van seker 0,5X1m gebly het. Die 1 het al sy sterk begin kou en altwee wys tekens van aanhouding stres sindroom.
Jy doen n baie eerbare ding.
Ek wens net dat sekere mense wil besef dat as n wilde dier groot word hy weer vinnig kan wild word.
Wielie waps, jy gaan hartseer goed sien as jy begin diere in neem.