Page 1 of 1
260 rem Redding Comp Dies
Posted: Fri Dec 03, 2010 5:37 pm
by stf
Dag Manne,
Ek is op soek na n stel 260 rem redding competition set dies.
Lammergeier groete
Stf
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Sat Dec 04, 2010 2:01 pm
by Alan D
STF
Ek skiet ook 260 Rem. Baie lekker kaliber. Vleisskade minimaal en skiet ook lekker plat. Ek het custom grade Hornady dies by Kevin Healy in Bleom gekry so paar jaar terug.
Groete
Alan D
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Sat Dec 18, 2010 3:59 pm
by Biker
Stf
Was dit jou 6,5mm loop wat daar by Org gele het? Ek stel belang en soek n 308 aksie om n 6,5mm loop op te sit. As iemand so 260 het vertel asb meer oor die roer en sy aakuraatheid en spoed. sommer alles wat man wil weet.
Groete Biker
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Sat Dec 18, 2010 10:54 pm
by Francois Marais
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Sun Dec 19, 2010 12:23 pm
by Biker
Dankie FM
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Sun Dec 19, 2010 6:44 pm
by stf
Hi Biker,
Daardie loop is Andre Botha s'n. Hy het hom intussen 'gefit' en ons jaar afsluiting se skiet gebruik om die gongs mee te skiet. Die loop is n vektor met n 8.25 dm groef draai en sover ek kan onthou hy met 129 gn koeels geskiet.
Die geweer skiet mooi, maar praat gerus self met hom. Hy is ook op die forum onder 'Dries'.
Lammergeier groete
Stf
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Sun Dec 19, 2010 7:51 pm
by Alan D
Biker
Ek het my 260 Rem by Kevin Healy laat bou. Die loop is 24 duim en die twist 1 tot 8. Ek skiet 140 grn punte met 243 opgenekte doppe. Ek laai hulle 42.5 grn S365 om net oor 2800 ftps te kry. My .222 skiet 55grn punte (3200ftps) presies dieselfde trajek as hierdie lading op 300m.
Die 120 grn punt verskil so n duim op 300m van die 140. Die 260Rem is my bok skieter en ek het al menige blesbokke van voor af borskoot geskiet waar die punt deur die hele ligaam trek en onder die vel by die romp sit. Die 140 grn punt voel niks vir die Stormberg se winter winde en kan die skop van hierdie kalieber vergeluik word met die van n 243. Ek gebruik Winchester doppe wat ek opnek na 6.5.
Groete
Alan D
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Sun Dec 19, 2010 8:05 pm
by Biker
Allen D
As jy n80 of 100grn punt sou laai ,wat sal sy spoed dan wees?
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Sun Dec 19, 2010 10:03 pm
by Francois Marais
Biker
Bietjie gekrap, maar al wat ek kon kry is die manne wat die lof besing van die 260 se hoe BC punte vir die long range werk. Hier is n interresante artikel wat dalk die lees werd mag wees, geniet.....
http://demigodllc.com/articles/the-case ... remington/
Die ligte punte is nie hierdie kaliber se sterk punt nie.
Mooi loop
Francois
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Tue Dec 21, 2010 11:35 am
by Alan D
Biker
Ek het nie ondervinding met 80 of 100 grn punte nie maar ek sal skat hulle sal naby aan 3200-3300ftps trek.
Die loop se twist sal dan ook hier by die 1 tot 12/13 moet wees om die punt te stabiliseer. Ek dink die 243 sal eintlik beter wees.
Groete
Alan D
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Tue Dec 21, 2010 12:57 pm
by Francois Marais
Alan D/ Biker
...nie ondervinding met 80 of 100 grn punte nie... Ek dink die 243 sal eintlik beter wees.
Ek stem, ek dink ek het dit op die ander 260 topic ook so genoem.
Mooi loop
Francois
Re: 260 rem Redding Comp Dies
Posted: Wed Dec 22, 2010 7:55 pm
by Biker
Dankie julle ek stem saam
groete