Page 1 of 1
moenie met 'n ram se ooi mors nie....
Posted: Thu Oct 24, 2013 8:46 pm
by cassie_calvinia
het noggal lekker gelag vandag...
ek dose vanmiddag gou bosluise.
in die uitvang kraal, speel die 1 ram 'n ooi.
my jong van die ooi, en se, jy brek dan so(se ding van hulle).
hy stap met die ooi na my toe, toe kom daai mofram van agteraf, en stamp die jong dat hy op sy gat sit!!
dit was noggal snaaks!!
Re: moenie met 'n ram se ooi mors nie....
Posted: Thu Oct 24, 2013 8:49 pm
by Marc
Bwahahahaa ek sien dit al

Re: moenie met 'n ram se ooi mors nie....
Posted: Thu Oct 24, 2013 8:53 pm
by G-force
Cassie pleks neem jy n video met jou selfoon vir U-toob man.
Re: moenie met 'n ram se ooi mors nie....
Posted: Thu Oct 24, 2013 8:54 pm
by cassie_calvinia
G-force wrote:Cassie pleks neem jy n video met jou selfoon vir U-toob man.
my maat, hier werk selfone net op die berge. dit sou 'n classic gewees het
Re: moenie met 'n ram se ooi mors nie....
Posted: Fri Oct 25, 2013 8:01 am
by PaulM
Cassie, dit moes skreeusnaaks gewees het.
So 'n paar maande gelede het een van my werkers 'n koei wat by een van die Boranbulle was, gaan wegkeer. Die bul het verseker nog baie planne gehad, en dit ook dan so aan die werker verduidelik. Dit was nie so snaaks nie, Sipho was vir meer as 'n week afgeboek......
Re: moenie met 'n ram se ooi mors nie....
Posted: Fri Nov 08, 2013 9:22 pm
by Heinz Petersen
So n ruk terug het ek n meatmaster ram by my buurman geleen. Toe hy nou klaar was met sy werk wil ek hom toe terug vat. Ek kom toe by die kraal en die manne het toe die res van die skaap uit veld toe en ek sien die ram is nie lekker nie. Ons keer hom toe in n kleiner kamp in waar ek hom wil laai.Net daar sien hy toe vir my kaans en kom stamp my n goodshot op die heup. Hy stamp my teen die draad dat ek weer vorentoe val op my pens. Dit moes snaaks gewees het en ek reken die manne het op n ander plek gaan lag. Jy misgis jou met die krag van n ram.