Page 1 of 1

Vorming van A I doppe

Posted: Wed Oct 23, 2013 7:15 pm
by Heinz Petersen
Ek het n 243AI. Ek het al my doppe gevorm met PMP punte (die goedkoopste) 341 kruit.
Nou wil ek by julle hoor of daar n ander goedkoper manier is om die doppe die eerste keer reg te vorm.

Heinz

Re: Vorming van A I doppe

Posted: Wed Oct 23, 2013 7:47 pm
by Arnold
Hornady se hydraulic die is verseker die goedkoopste. Weet nie of iemand hier een het nie maar dit lyk of hy mooi sal werk.

Dan is daar vorming sonder n koeƫl en gebruik van pistool kruit.

Jy kan natuurlik vir jou n baie akurate vorm lading kry en die rondtes gebruik soos jy vorm.

Re: Vorming van A I doppe

Posted: Wed Oct 23, 2013 8:02 pm
by G-force
Ja soos Arnold se,laai jou jag/varminting koels op jou fireforming ladings.Geno het my so geleer en ek het BAIE jakkalse so geskiet.

Re: Vorming van A I doppe

Posted: Wed Oct 23, 2013 8:37 pm
by Heinz Petersen
Dankie vir julle raad. Ek was by Hornady se site gewees. Hulle het die AI die set, maar dit gaan n pakkie kos om dit hier te kry. Eerstens moet jy vir hulle een van jou gevormde doppe stuur en dan maak hulle vir jou een volgens jou dop en kamer. Die dieset is omtrent R2000.

Groete
Heinz

Re: Vorming van A I doppe

Posted: Wed Oct 23, 2013 8:55 pm
by tripodmvr
Werk 'n akkurate lading uitt en vuurvorm die doppe so. Baie meer pret as met die pistoolkruit.

Re: Vorming van A I doppe

Posted: Thu Oct 24, 2013 6:06 am
by Reggie Gerber
Heinz

Dit hang seker af hoeveel doppe jy wil fire form.

As jy BV net 50 doppe gaan gebruik is die Matrys nie rerig die moeitewerd nie.

As jy 200 doppe wil he sou ek se koop hom.

Onthou om 200 doppe te fireform op die baan gaan jy tussen 10% en 15% van jou akuraatste loop lewe op gebruik.

Maar soos die manne se dit werk goed om te fireform op Jakke ,Kraaie ens. Die fireform lading is baie akuraat.

Groete

Re: Vorming van A I doppe

Posted: Thu Oct 24, 2013 7:48 am
by James Wilson
Heinz, ek het gesien ek kan maar n akurate lading op die std dop laai en jag en skiet soos normaal. Ek het wel gesien dat as jy nie genoeg kruit gebruik kraak die doppe eerder as korrek te vervorm. So in kort, gaan maar net voort met normale herlaai praktyke soos goeie dopvulling.

Terwyl ons op die topic is net n vraag/opmerking: ek sien my doppe se bekke is skeef/ongelyk as ek klaar gefireform het. Is dit maar soos dit werk? Ek sny maar almal terug, na die kortste dop.

Re: Vorming van A I doppe

Posted: Thu Oct 24, 2013 7:50 am
by Wouter Roets
Hallo Heinz

Die meeste manne hier slaan die spyker op die kop. Jy kan jou standard dop net soos hy is klaar op die Ackley gegewens laai en so gebruik vir jou behoeftes. Dit gebeur baie keer dat n mens nie genoegsame drymidel kan inkry weens spasie beperkinge in die oorspronklike dope nie, maar dan gaan jy net af na die bietjie vinniger verbrandende poeier op die ranglys. Alhoewel n mens dan nou nie die volle potensiaal altyd realiseer met die ladings nie is hulle in die algemeen nog steeds vinniger as wat die standard kan baasraak.

In jou 243 Ackley word gewoonlik gebruik gemaak van S365 en soms moet n mens oorslaan na S355 vanwee bogenoemde, maar oor die algemeen kan n mens nog steeds genoeg S365 inkry sonder te veel probleme. Met die huidige lotte S365 wat in elk geval naby S355 se termogemiese eienskappe is dit dan in elk geval wat jy eintlik doen. Natuurlik is al hierdie gebonde aan wat se gewig koeel jy wil skiet. Onthou dat jy met jou nodespoed met die Ackley nog steeds werk met die gevuurvormde dopvolume en nie met die standard dop sin nie. Jy gebruik ook die Ackley weergawe in QL vir jou berekenings.

So dit is by verre die goedkoopste, maklikste en simste om met jou standaard dop klaar die Ackley lading te skiet. Dit is een van die groot miskonsepsies dat jy eers die dop moet vorm. Hou ook maar ingedagte dat Ackley kamers wat se headspacing aan die groot kant is jy altyd die koeel in die lande kan seat vir headspacing. Sorg net dat die jam nie veel meer is as 0,2mm moet wees nie en dat beginladings af aangepas moet word vir veiligheid. Vir diegene wat QL gebruik sal dit dan ook raadsaam wees om jou Shot Start Pressure met so 7200 aan te pas om vir dit te kompenseer. Hierdie word eerste gedoen en eers daarna word aan die Burning Rate Facktor gespeel.

Groetnis en geniet jou roer terdee.
Wouter