Page 1 of 1

Probleemdier seekoei te jag -

Posted: Thu Dec 02, 2010 4:02 pm
by Biltongjagter
Kli?nte van my soek jagters wat belangstel om so gou moontlik die seekoei te jag. PM my asseblief as daar ouens is wat R35k (effe onderhandelbaar) kan bekostig en so gou moontlik die seekoei kan jag.

Groete,
Koos.

Re: Probleemdier seekoei te jag -

Posted: Thu Dec 02, 2010 4:24 pm
by Gerhard
Ouch...

Ek het nie geweet die prys het so geklim vir seekoei nie.

Laaste wat ek gehoor het was 20K...

Hierdie jag is beslus nog een van die wat ek wil doen.

Maar nie as die seekoei in die water is nie.

Re: Probleemdier seekoei te jag -

Posted: Thu Dec 02, 2010 4:35 pm
by Stefan764
Ou Gerra, wil jy nou Mark Sullivan se streke uithaal?  ;)

Re: Probleemdier seekoei te jag -

Posted: Thu Dec 02, 2010 4:37 pm
by Gerhard
Stefan764 wrote: Ou Gerra, wil jy nou Mark Sullivan se streke uithaal?  ;)
Nee,

Ek jag my eie wild en skiet nie ander man se wild vir hom dood nie.

Die 500 Jeff is gebou om probleempies soos die moedswillige seekoei op te los...  ;)

Re: Probleemdier seekoei te jag -

Posted: Fri Dec 03, 2010 7:52 pm
by Biltongjagter
Met Natuurbewaring se nodige permitte en hul verklaring dat di? seekoei 'n gevaar vir mense inhou, is die seekoei reeds suksesvol gejag.

Dankie vir pogings van enige aard hier vanaf Jaracal.

Groete,
Koos.

Re: Probleemdier seekoei te jag -

Posted: Fri Dec 03, 2010 9:45 pm
by Stefan764
Biltongjagter wrote: Met Natuurbewaring se nodige permitte en hul verklaring dat di? seekoei 'n gevaar vir mense inhou, is die seekoei reeds suksesvol gejag.

Dankie vir pogings van enige aard hier vanaf Jaracal.

Groete,
Koos.
Dit was vinnag.....

Re: Probleemdier seekoei te jag -

Posted: Sat Dec 04, 2010 1:10 pm
by Biltongjagter
Dit was nodig .........

Permitte en verklaring van Natuurbewaring was darem alreeds uitgereik toe ons gevra is om te help om so gou moontlik 'n jagter te bekom vir die jag.

Party manne sukkel nie met die soort ding nie ........ doen net!

Re: Probleemdier seekoei te jag -

Posted: Sat Dec 04, 2010 8:53 pm
by Stefan764
Biltongjagter wrote: Party manne sukkel nie met die soort ding nie ........ doen net!
As n man die moolas het...

Bly julle manne het die probleem uitgewis.

Groete
Stef