Page 1 of 1
Watergras in sinkdam
Posted: Mon Oct 21, 2013 6:18 pm
by Doepie01
Hallo Manne
Ek soek asb raad om watergras in my sinkdamme dood te maak. Die goed lyk eerder meer na bamboes as na gras en groei my damme toe en verminder die kapasiteit van die damme.
Ek kan ongelukkig nie die damme leeg maak nie want dit is nou so blerrie droog hier by my so ek kan nie die vee verskuif na n ander kamp toe nie.
Ek was al lus en spuit die gras met roundup maar ek is bang ek vergiftig my diere ook in die proses.
Weet iemand dalk van n gif of onkruid doder wat ek op die gras kan spuit wat nie my vee sal benadeel nie?
Ek sal enige raad waardeer.
Groete
Doepie
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:18 pm
by Christo
As ek reg onthou is die gif se naam Midstream. Hulle gebruik dit om kanale skoon te maak.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:22 pm
by Spekboom
Doepie
Ons het ook van daai goed gehad en het dit maar meganies verwyder. As die dam se water redelik laag is het ons die gras losgewikkel uit die modder op die bodem van die dam. As die dam weer vol water gemaak word is hy nogal lig en dryf bo-op dan haak jy hulle uit en gooi hulle uit. Ongelukkig kan jy nie als uithaal nie en hy groei maar weer. Dit hang seker ook af hoe groot jou dam is myne is so +- 50 000l damme Dalk moet die besproeiings manne kom vertel of daar n gif is wat jy kan spuit.
Groete
Daan
Hoop jy kry `n plan
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:23 pm
by Spekboom
Dankie Christo sal dai naam onthou.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:34 pm
by Pvdw
Doepie groei daai gras onder die water of steek hy bo die oppervlak uit. Hoe groot is daai dam??
Peet
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Mon Oct 21, 2013 10:17 pm
by hebron
Probeer visse as jy kan kry, ek het baster koi-goudvis wat ek in al my damme gevestig het en geen gras of muskiet-larwe kom in my damme nie; hulle hou sommer die water mooi skoon. Voer net so dan en wan 'n bietjie hondekos.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Mon Oct 21, 2013 10:32 pm
by Doepie01
Dankie vi die raad sover manne. Christo ek sal kyk of ek van daai goed in die hande kan kry.
Peet, hulle groei bokant die water. Staan nou al seker n meter bokant die watervlak. Die stam is bamboes agtig.
Ek het al prober om hulle met die hand uit te trek maar die wortelstelsel is so dik en swaar die stamme breek sommer af. Sal jul op hoogte hou.
Groete
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 6:47 am
by mariusr
Doepie wat van 'n seekoei! Hy sal vinnig daai gras uitsorteer!!he he!
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 7:06 am
by JK
Pvdw wrote:Doepie groei daai gras onder die water of steek hy bo die oppervlak uit. Hoe groot is daai dam??
Peet
Ek het tilapia in my damme, hou alge en al daai goed weg.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 7:28 am
by Pvdw
Ek dink vis is 'n goeie plan vit gras onder die water maar die soorte wat bo uitgroei wonder ek of die vis iets aan daai tipe plante sal maak?? Die onderwater stam/struktuur van sulke plante is meestal hard en viskan dit meestal nie eet nie.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 7:49 am
by Johan Nel
Doepie,
As die gras bo die water uitsteek, behoort Roundup of enige glifosaat generiese produk die plante dood te maak. Glifosaat is nie risidueel nie (breek af). Hulle gebruik dit onder andere vir indringer waterplante in die riviere en damme. Ek gaan kyk bietjie vir ander produkte ook en laat jou weet.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 8:16 am
by Geno
PM vir CJ hier op die forum. Hy is gifsmous van beroep, en kan 'n voorstel maak.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 10:28 am
by Dawie Malan
Steriele graskarpe werk.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 10:42 am
by ROBBIE1
Stem saam Dawie, graskarpe werk tot in die gronddamme bevange, en kos jou niks!! Dis juis nou spon tyd, gaan bietjie vaalrivier toe vir n naweek met n lekker lang skepnet, skep n paar volwassenes en vat hulle plaas toe, hahahaha.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:29 am
by Johan Nel
Doepie,
Ek het gou gaan kyk, maar kry nie iets onder 'watergras' nie. As dit die sg gewone papkuil/common bulrush is (Typha capensis) word glifosaat (Roundup en ander generiese glifosate) aanbeveel, asook asook imazapyr (Chopper of Arsenal). Moet gespuit word voor blomvorming.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 6:27 pm
by Doepie01
Heng dankie mannne. Johan, so as hulle roundup in riviere gebruik neem ek aan dat dit nie skadelik is vir diere nie, so my maer beeste sal nie vrek daarvan nie?
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 8:13 pm
by Christo
Doepie01 wrote:Heng dankie mannne. Johan, so as hulle roundup in riviere gebruik neem ek aan dat dit nie skadelik is vir diere nie, so my maer beeste sal nie vrek daarvan nie?
Wees maar versigtig, ek het laas seisoen redelik skade gesien op uie waar die onkruid so 7dae voor die grond omgewerk was met Kalach? Glifosaat formulasie, gespuit was. Die verduideliking wat ek gegee is was dat die formulasie verander is (blykbaar die verenigbaarmakende basis) en dat die glifosaat nou langer halfleeftyd het en ook langer in die groen materiaal gebly het na dit ingeploeg was.
Ek sou nie kans vat met iets soos Roundup nie.
Kyk maar die blokkies op etiket m.b.t. die water kontaminasie.
Re: Watergras in sinkdam
Posted: Tue Oct 22, 2013 9:42 pm
by Johan Nel
Doepie,
Die LD50 waarde van glifosaat is baie hoog vir dier en mens. Jy moet 'n paar liter van die aktiewe bestandeel inkry om jou dood te maak.
Ek kan nie kommentaar lewer oor die verlengde nawerking van nuwer formulasies van glifosaat nie, soos dit waarna Christo verwys nie, ek dra nie genoegsaam kennis daaroor nie. Normaalweg breek standaard glifosaat binne 24 uur af waar dit met grond self in kontak kom. Ek weet ook egter van sekere gewasse wat geweldig sensitief is vir glifosaat toedienings, soos tamaties. As jy nie gewasse naby het nie, dink ek egter jy is veilig. Jou bespuitings is ook baie gelokaliseerd. Imazapyr het definitiewe waarskuwings oor die nawerking daarvan indien dit in besproeiingswater sou kom.