Page 1 of 1

Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 8:52 am
by BLOK
Die artikel het ek in BEELD gelees vanoggend

Blok.

Port Elizabeth. ? Omgewingsaktiviste is die josie in nadat die luiperd Zuma, die bekendste luiperd in die Baviaanskloof, die naweek deur ?n boer doodgeskiet is.

Volgens die aktiviste, wat anoniem wil bly, het die boer die luiperdmannetjie in die nag geskiet nadat hy dit na sy voertuig gelok het met nagebootste naggeluide.

Die boer, mnr. Dawid Smith van die plaas Kleinpoort, wou gisteraand nie kommentaar lewer op die aantygings, asook beweringe dat hy vooraf al gedreig het om die luiperd van kant te maak nie.

?Iemand het ?n saak by die polisie aanhangig gemaak en al wat ek op hierdie stadium kan s? is dat ek wel die luiperd geskiet het. Ek het dit egter nie skelm gedoen nie,? het hy bygevoeg.

Zuma is twee jaar gelede in ?n spesiale hok op die plaas Kango van mnr. Chris Lamprecht in die Baviaanskloof gevang. Die dier is toe van ?n elektroniese kraag voorsien deur die Landmarkstigting, sodat sy bewegings gemonitor kon word.

Mnr. Bool Smuts, uitvoerende hoofbeampte van die Landmarkstigting, het gister ges? Zuma met ?n groot kaliber geweer geskiet.

?Die onwettige skiet van die luiperd, wat ?n groot toerismetrekpleister in die Baviaanskloof is, is ?n groot skok.

?Die owerhede is reeds versoek om ?n deeglike ondersoek na die aangeleentheid te doen.

?Ons het Zuma se bewegings die afgelope drie jaar noukeurig gemonitor en so vasgestel dat hy in ?n gebied van 60 000 hektaar aangehou is, wat baie indrukwekkend is,? het Smuts ges?.

Hy het bygevoeg omgewingsbewustes was bewus daarvan dat hy vee gevang het, maar dit was onnodig om die dier van kant te maak.

?Mnr. Smith het egter, nadat die Landmarkstigting hom nie wou vergoed vir sekere vee wat deur ?n luiperd gedood is nie, gedreig dat hy die luiperd van kant sou maak,? het Smuts beweer. ?Hy het ni? aan die vereistes voldoen van ?n ooreenkoms vir die vergoeding vir verliese gely deur die vang van lewende hawe nie.?

Mnr. Johann du Plessis, voorsitter van die Baviaanskloof Kouga Kaapse Bergluiperd Bestuurskomitee het ges? dat die organisasie nie die uitroei van luiperds voorstaan nie, maar dat boere die reg het om na die veiligheid van hul vee en werkers om te sien.

?Smith het ni? die luiperd nader gelok nie, hy het op die dier afgekom waar dit tussen sy vee was.?

Re: Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 10:10 am
by boeta
Blok

Ek sal hom ook maar skiet as hy tusen my vee snuffel,die arme vee hulle het seker hulle melk weggeskrik met hom tussen hulle nou het die lammerkies ook nie meer melk nie.

Boeta

Re: Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 10:33 am
by tafjak
O JA!!

So maak die manne as Bool nie sy beloftes nakom nie. Belowe te veel en doen te min. Vermoed Woolworths sal volgende in die ry wees om Bool na sy peetjie te stuur. Mooiman!

Dawid is 'n maat van my en sal dit nooit(as dit hy is, ek twyfel aan die beskuldigings) doen "for the sake of it" nie. Hy sal ook nie laat toesien dat 'n roofdier sy produk aan die nasie/land skade doen nie. Ek doen nou 'n beroep op die forum om 'n fonds te stig om in sulke gevalle te help.

Daar is te veel manne in hierdie land van ons wat in posisies is om 'n verskil te maak en al wat hulle doen is om die "Travel allowence"-rekening te laat "bounce". Hulle is verkies en in hul verkiesings(lekker politiekerig)-veldtogte is die heuningkwaste lekker verrinneweer. Die Rolspelers in Probleemdierbeheer is laks en doen nie wat van hulle verwag word nie. Praters! en slapers! Dink daar moet sommer 'n "sukses"-klosule by die aanstelling ook vereis word om die "Gemaksposisies" te laat werk.

Sal graag wil sien dat die Jaracal-site die inisiatief in die verband neem. Kojak, Joseph, LMB en nog 'n paar prominentes is reeds 'n sprekende voorbeeld hiervan en hulle laat hulle nou nie deur nietighede spoed verloor nie, inteendeel gebruik hulle dit om spoed te bou.

Groetnis van gatvol

Tafjak

Re: Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 11:22 am
by BLOK
Ek haal net die volgende aan.

"Mnr. Johann du Plessis, voorsitter van die Baviaanskloof Kouga Kaapse Bergluiperd Bestuurskomitee het ges? dat die organisasie nie die uitroei van luiperds voorstaan nie, maar dat boere die reg het om na die veiligheid van hul vee en werkers om te sien.

?Smith het ni? die luiperd nader gelok nie, hy het op die dier afgekom waar dit tussen sy vee was.?"

Newat hoeveel skade moet so kat aanjaag voor daar teen die kat opgetree word, as die man onredelik en oneties was sou die Du Plessis nie vir hom opgekom het nie en sou hy heel waarskynlik iemand met geld gekry het om die kat te skiet of hom gevang en gesmous het.

Neewat die Bool man lyk my praat en soek sommer n klomp BOL.

Blok.

Re: Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 2:08 pm
by BLOK
Ek lees nou weer mr. Bool se opmerking dat die kat met n groot kaliber geweer geskiet is, nou wonder ek as dit met n klein kaliber was en die dier is gewond sou dit vir hom meer anvaarbaar gewees het.

Blok.

Re: Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 4:42 pm
by Stefan764
As dit jeuk moet daar tog gekrap word.... :-\

Re: Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 5:53 pm
by John101
Middag manne ,

ou Bool het mos n GPS trakker op Zuma , hy moes mos gesien het die kat loop rond ( 60 000 Ha ) , en sal op n tyd nonsens aanjaag op privaat grond . Ek wonder hoekom het hy nie Zuma met die donkietjies trug gelok nie .

Dawid , ons staan agter jou , hulle moet nie met ons boere / probleem dier beheerders / natuur oppassers (dis mos ons almal) , neuk nie , ons sal dit nie so vat nie .

John

Re: Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 6:44 pm
by tafjak
John
Dawid , ons staan agter jou ,
....mooi ges?! Dink daar is al 'n klomp, maar hoe meer hoe beter.
?Ons het Zuma se bewegings die afgelope drie jaar noukeurig gemonitor en so vasgestel dat hy in ?n gebied van 60 000 hektaar aangehou is, wat baie indrukwekkend is,? het Smuts ges?.
.............snaaks dat daardie luiperd al 2keer gevang en vrygelaat is. Die Lambrechts(Barend en Chris) is nogal buurmanne van Dawid en die kat moet mos nie op die een plek bly boer nie. Bool s? dan dat die kat 60 000 hrktaar gebruik. Nou die al die boere se grond saam in die Baviaans is nie eers 60 000 hektaar nie, nou wil Bool my hierdie str..nt kom vertel.

Gelukkig was darie kat se naam nie Julius nie.

Re: Luiperd geskiet

Posted: Thu Dec 02, 2010 8:25 pm
by Stefan764
tafjak wrote: Gelukkig was darie kat se naam nie Julius nie.
Taffie jys reg, dan was daar EERS akkies... Ek steun die boer se besluit. Dis presies wat ek en 95% van die boere wat ek ken sou gedoen het...

Re: Luiperd geskiet

Posted: Fri Dec 03, 2010 1:09 am
by boeta
Bool het gesien die kat loop rond(hy is mos drie jaar noukeurig gemonitor) en hom gelos om meer teen die boere te kry.

Boeta

N ware droe bool

Re: Luiperd geskiet

Posted: Fri Dec 10, 2010 7:35 pm
by tafjak
Manne

Sien Dawid is nog op vrye voet!  :D Dankie tog! Ou het tot so draaitjie gemaak in Steytlerville gister. Dink ons moet mooikyk na die ou, kan ietsie by hom leer.

Mooiloop

Re: Luiperd geskiet

Posted: Wed Feb 09, 2011 10:48 am
by Louis Kriel
BLOK wrote: Ek lees nou weer mr. Bool se opmerking dat die kat met n groot kaliber geweer geskiet is, nou wonder ek as dit met n klein kaliber was en die dier is gewond sou dit vir hom meer anvaarbaar gewees het.

Blok.
Ja nee wragtig..."the sick mind of bleeding heart liberal bunny-hugger."  ???

Re: Luiperd geskiet

Posted: Fri Feb 18, 2011 8:54 am
by D4D
John101 wrote:
Dawid , ons staan agter jou
Stem saam, het al self baie skade gehad as gevolg van hierdie manne
Dit was in 2010 Maart maand en ek het 19 skaap groot en klein in 2 dae verloor. Ek en Namib het na hom gesoek maar hy was al klaar weg.
Hy het 17 net ddod gebyt en net 2 ge eet.

Ek het laaste naweek na die reen weer sy spoor teen die lyn drade gekry.

Sal ook maak soos Dawid , as ek hom net kry sal hy

Re: Luiperd geskiet

Posted: Fri Feb 18, 2011 3:47 pm
by Chris101
D4D

Hy behoort presies elke 28 terug te wees as sy dit haar loopgebied gaan maak.

Chris101

Re: Luiperd geskiet

Posted: Fri Feb 18, 2011 4:30 pm
by D4D
dankie ek sal daarna oplet