Page 1 of 1

Reenval ??

Posted: Sun Oct 20, 2013 11:18 am
by Cobus(Cobb)
Vir my is bv. 3mm reen net 'n syfer, en dalk 'n bietjie water in 'n tregtervormige reenmeter...maar wat is dit in werklikheid...

Hoeveel reen vat dit in bv 'n dag om net die grond nat te maak, of jou kar vuil te maak??

Wanneer kry jy plasse water in die veld??

Wil een van julle boere my nie bietjie leer van reenval en die meting en betekinis daarvan leer nie...seblief...Google help nie regtig nie.

Ek luister graag..

Re: Reenval ??

Posted: Sun Oct 20, 2013 11:56 am
by Pvdw
Cobus elke tipe grond het 'n mm/uur opneem vermoeë van water. Dit hang ook af hoeveel vog reeds in die grond is.

As jy bv. met grond sit wat opneem vermoeë van 10mm/uur het en dit reën 22mm/uur sal die ekstra 12mm of wegloop of poelle vorm.

Om jou met 'n idee te gee hoeveel water uit die hemel val, elke 1mm reën wat jy in daai tregter/meter van jou lees is gelyk aan 1l water per vierkante m.

Dus as jy 10mm reën gekry het is dit dieselfde as wat jy 'n 10l emmer vol water op 1 vierkante meter uitgooi. In geval waar jou erf lekker groot is soos joune, sê maar 2500 vierkante meter sal daai reënval van 10mm beteken dar jy sopas 25000l water gratis uit die lug gekry het. Dis genoeg om 'n medium swembad vol te maak.

Hoop dit help so effe.

Dalk kom daar nog berer verduidelikings.

Peet

Re: Reenval ??

Posted: Sun Oct 20, 2013 12:35 pm
by Kalahari
Cobus, Peet het 'n baie goeie verduideliking gegee, iets wat ek nie kon doen nie. Wat ek wel vir jou kan sê, ek meet die reen maar in my hart, want elke druppel was nie net die veld nie, maar ook die menswees.

By my in die Kalahari kan dit maar reen, daar is NIKS wat wegloop nie. 8) Baie dankbare wêreld.

Re: Reenval ??

Posted: Sun Oct 20, 2013 6:33 pm
by Freddie101
Cobus
3mm in n droogte beteken eintlik niks. Maar as jy vandag 25 mm gehad het en n opvolg more van 3mm het dan help dit. Maar stem saam met Kalahari mens is bly oor elke mm.

Stem ook saam met van der Walt oor sy beskrywing. Wil net byvoeg dat op harde kaalkol en teerpad en sinkdak lyk 3mm baie maar op veld wat in goeie toestand met goeie bedekkking is sak elke mm in die grond weg en sal jy dit amper nie eers sien nie.

Groete Freddie

Re: Reenval ??

Posted: Sun Oct 20, 2013 6:36 pm
by andre007
Ons het vandag 12mm in die dorp gehad.(Queenstown Oos Kaap). Dank die Vader ons het dit nodige gehad!!!