Page 1 of 1
Lang afstand Teleskoop
Posted: Sat Oct 19, 2013 2:58 pm
by Wilhelm Schultz
Goeie middag Manne.
Ek het onlangs 'n 6.5-284 met 'n 1:10 twist, en 28 duim loop gekry. Nou soek ek 'n goeie teleskoop wat nie die bankrekeing gaan ruk nie.
Ek het na die volgende gekyk:
Meopta MeoPro 6-18x50 BDC: R5900
Burris MTAC 6.5-20x50 Mill-dot: R7800
Nikon Monarch 3 4-16x50 Nikoplex: R5800
Vortex Viper 6.5-20x50 BDC: R7200
Hierdie pryse is sso wat Optics International hulle adverteer. Die Meopta is nie in vooraad nie, maar dit lyk vir my na 'n baie goeie opsie. Wie verkoop nog hierdie spesifieke Meopta model? Die Burris lyk ook nie sleg nie, en hy is die enigste een van die "tactical turrets" het.
Menings oor die Vortex en Nikon is volop in al die forums, maar niemand praat van die Burris en die Meopta nie?
As daar enige iemand is wat enige ervaring met hierdie teleskope het, laat van jou hoor asb.
Geniet die rugby! Laat die WP maar weer die koppie huistoe bring die jaar.
Groete
Wilhelm
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sat Oct 19, 2013 4:11 pm
by Armand Steenkamp
Wilhelm, die Vortex gaan die beste werk. Die manne draai maar net die turret caps af dan dial hulle met hom.
Kyk ook na Rudolph scopes. Hulle is ook min of meer in daai prysklas. Ek het die 4-16x56 taktiese model en hy dial baie akkuraat.
Groetnis
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sat Oct 19, 2013 4:39 pm
by alecjohnson
Burris MTAC 6.5-20x50 Mill-dot
of een van Rudolph se varmerter scopes
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sat Oct 19, 2013 4:46 pm
by Armand Steenkamp
Het self n burris maar nie die MTAC nie maar die gewone full field 6.5-20x50 en like hom baie. Baie duidelik vir sy prys.
Groetnis
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sat Oct 19, 2013 5:57 pm
by LUAN
S&O het die nikon monarch 5-20 verkoop vir onder R5000. Wat ek hou van hom is die turrets kan jy oplig en zero op jou merk nie nodig om die turret los te skroef en te draai tot by jou zero maerk en weer vas te skroef nie. As hy track en sy zero hou hoeveel slegter sal jy af wees as met n ander scope?
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sat Oct 19, 2013 7:06 pm
by Pvdw
Ek het die 5-20x44 Nikon Monarch. Baie lekker scope. Het met 'n skok besef dat beide sy elivasie en horisontale verstellings slegs 34MOA is. As jy gaan dail gaan jy uit clicks uit hardloop.
Peet
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 10:22 am
by Wilhelm Schultz
Baie dankie manne vir julle insette dit word waardeur. Tolla wat jy betaal vor daai Fullfield? Oom Rudolph daai lyk heel mooi sal bietjie by S&O gaan kyk.
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 10:30 am
by Armand Steenkamp
Ou chipster , ek het destyds R4100 betaal.As jy een van die burrise soek PM vir SJ op die forum. Dink die nuwe model E1 sal nader aan 5k wees. Waar kom jy aan die 6.5? Jy kan lekker wyd hooi met daai kaliber!
Groetnis
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 10:34 am
by Armand Steenkamp
Chippy ful daar jou Location op jou profile in. dan weet die manne waar jy vandaan kom.
Groetnis
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 1:17 pm
by Wilhelm Schultz
Tolla daai is 'n storie vir 'n ander dag.
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 1:46 pm
by Armand Steenkamp
Hahahaha ok! Hoe vorder jy met die Musgrave?
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 3:08 pm
by Wilhelm Schultz
Aaai my maat ek wag nog...
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 8:25 pm
by Wilhelm Schultz
Armand wat is die Rudolph se maks elevation adjusments? Kry die nerens nie. Ek dink die Vortex sal seker die beste wees aangesien hy 65MOA maks kan adjust, en ek soek daai.
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 8:42 pm
by douw
Koop 'n Sightron. Gaan soek bietjie op Google.
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Sun Oct 20, 2013 9:34 pm
by Maximus
Hoeveel verstelling horisotaal en vertikaal het die Rudolph? Ek het nog net goed van hom gehoor.
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Wed Oct 30, 2013 11:16 am
by Wilhelm Schultz
Ek kan 'n Zeiss Conquest 6.5-20x50 kry vir 'n baie goeie prys. Dink julle dit is die moeite werd, aangesien hy net 45 MOA verstelling het? Plant hom maar op 'n 20MOA rail? Is daar werklik 'n moerse verskil tussen die vortex en die zeiss?
Hoor graag.
Wilhelm
Re: Lang afstand Teleskoop
Posted: Wed Oct 30, 2013 12:18 pm
by Capt. Yoda
Wilhelm Schultz wrote:Ek kan 'n Zeiss Conquest 6.5-20x50 kry vir 'n baie goeie prys. Dink julle dit is die moeite werd, aangesien hy net 45 MOA verstelling het? Plant hom maar op 'n 20MOA rail? Is daar werklik 'n moerse verskil tussen die vortex en die zeiss?
Hoor graag.
Wilhelm
Ek sal die Zeiss bo die Vortex kies en hom maar op n rail sit dan gaan jy ook by 65MOA kom.
As jy hom nie soek nie laat weet my ma waar hy is
Groete