Page 1 of 1
Scope first of second focal plane
Posted: Fri Oct 18, 2013 9:25 am
by firewalker
Hi manne
Ek wil net weet wat is die beste vir n scope first of second focal plane
Re: Scope first of second focal plane
Posted: Fri Oct 18, 2013 9:58 am
by SV MAD (Henk)
Ek hou van FFP, as ek die vergroting opdraai word die mildot reticle wat ek het ook groter, dus kan ek dit gebruik om akkuraat afstand te skat ook.
Re: Scope first of second focal plane
Posted: Fri Oct 18, 2013 10:04 am
by Dawie
Hang af waarvoor jy dit gaan gebruik..
As jy gaan vêr skiet en jy "dail" in met jou turret gebruik SFP. Rede....kruishaar raak dikker as jy FFP in-zoom. SFP raak die kruishaar relatief tot die teiken dunner, maar bly dieselfde in jou oog, soos jy in Zoom. SFP se merke op kruishaar werk net vir 'n sekere vergroting.
As jy gaan "hold" op lang afstande en jy't een van daai reticles met die merke vir verskillende afstande en dis 'n variable vergroting gaan FFP. Rede.....reticle behou sy verhouding teenoor teiken deur verskillende vergrotings, maar in jou oog raak hy groter, dikker soos jy in Zoom.
Op 'n fixed vergroting is focal plane irrelevant.
Op jaggeweer wanneer jy wil vinnig skiet met variable vergroting en toe turrets en afstand gemerkde kruishaar sal ek FFP gaan.
As die reticle baie fyn is met merke vir MOA, afstande of Mills, en dis oop Turret variable sal ek FFP nog vir lang afstand gebruik.
Daar's nie regtig 'n beter een nie.
Re: Scope first of second focal plane
Posted: Fri Oct 18, 2013 10:28 am
by Doomslayer
Ek dink Dawie het omtrent als bespreek t.o.v. SFP vs FFP.
Ek verkies FFP omdat ek die reticle wil gebruik vir afstand skatting en ook omdat ek die mil merke in my reticle gebruik vir holdovers en vir die wind ook. Met FFP reticle kan ek dit op enige vergroting doen, terwyl jy dit met SFP reticle slegs kan doen as jy gewoonlik op maks vergroting is.
Die klagte is gewoonlik dat die kruis te dik word op die groot vergrotings. Ek vind dat met die nuwer generasies kruishare dit nie vir my persoonlik 'n probleem is nie - ek gebruik 'n P4F reticle in my Schmidt Bender FFP 4-16 x 50 en 'n Mil 6 Reticle in my Kahles 6-24 x 56 teleskope en het geen probleem met kruis wat te dik is nie.
Maar dis maar soos hulle se - "horses for courses". As jy nie te ver wil skiet nie en nie jou reticle wil gebruik vir holdovers of afstandskatting nie, is daar seker nie fout met SFP reticle nie.
Re: Scope first of second focal plane
Posted: Fri Oct 18, 2013 10:50 am
by Jean Marais
Hier is vir jou nog inligting oor die onderwerp, wat so 'n ruk terug bespreek was.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... l&start=25
Groete
Re: Scope first of second focal plane
Posted: Fri Oct 18, 2013 8:33 pm
by Joe308
Die probleem met ffp is daai kruishaar raak duk as jy so op hoe vergrotings begin skiet...
Re: Scope first of second focal plane
Posted: Wed Nov 27, 2013 6:23 pm
by Dawie
kalaharijoe wrote:Die probleem met ffp is daai kruishaar raak duk as jy so op hoe vergrotings begin skiet...
Ek wonder of hulle 'n "Hybrid" teleskoop eendag sal uitbring waar die kruishaar in "second focal plane" is en die "subtensions" in die "first focal plane".
Beste van altwee in een.
Dink dit sal 'n wenner wees, ek soek natuurlik royalties vir my idee
Cheers
D
Re: Scope first of second focal plane
Posted: Wed Nov 27, 2013 6:35 pm
by James Wilson
sjoe, ou Dawie, mag ek maar saam met jou droom?
Re: Scope first of second focal plane
Posted: Thu Nov 28, 2013 11:25 am
by Jean Marais
James/Dawie
Maak Nightforce nie nou so-iets nie. Hulle noem hom die B.E.A.S.T., en dis sy specs:
http://nightforceoptics.com/beast/