Page 1 of 2

bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 4:30 pm
by cassie_calvinia
so 15, tot 22 vergroting.
wil gebruik tot op 650m.
moet akkuraat dail.
moet tactical turrets he.
NF bietjie duur

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 4:36 pm
by FCLoretz
Sightron?

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 4:45 pm
by Arnold
Dit hang mos nou af wat bekostigbaar is. Sightron is omtrent helfte van 'n NXS se prys en ek skiet redelik vêr met myne.
Zeis HD5?
Vortex?

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 4:46 pm
by cassie_calvinia
iemand ervaring met die Rudolph?
vortex? hul is dan so goedkoop? weet nie of hul die ding sal doen?
die zeis is 'n opsie...

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 4:54 pm
by Arnold
Cassie jy vra vir goedkoop en nou is hulle te goedkoop?
Koop vir jou n Schmidt o Bender PMII ....

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 4:57 pm
by cassie_calvinia
ek weet self nie wat ek wil he nie.
natuurlik NF.
jy weet ek wil geweer bou, maar geld bietjie min nou.
so, voor die groot projek, wil ek so tactical scope sommer op 762 sit, en bietjie oefen, en kyk hoe dinge werk tot so 650m.
so, dit sal so tussen ganger wees. die zeiss klink na goeie opsie

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 5:07 pm
by Hein22
Vortex Viper PST 6-24. Ek het een en is baie tevrede. Retail vir so 12k.

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 5:18 pm
by Kruger
Ek het ook n Viper PST 6-24x50 ffp en is ook baie tevrede met hom. Moet eerder nie die 4-16x50 PST vat nie, hulle glas is baie swakker.

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 5:33 pm
by cassie_calvinia
Kruger wrote:Ek het ook n Viper PST 6-24x50 ffp en is ook baie tevrede met hom. Moet eerder nie die 4-16x50 PST vat nie, hulle glas is baie swakker.
stel die scope lekker akkuraat op lang afstande?

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 5:42 pm
by Kruger
Ek was op 'n stadium bekommerd daaroor, want ek kry te veel elevasie, maar toe toets ek die teleskoop in n skroef en vir sekere aantal clicks gee hy die regte doepa voor. Geweer het aanmekaar hoër geneuk, maar kom toe agter aksie skroewe is nie heeltemal vas nie. Teleskoop is reg.

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 6:00 pm
by Gawie(13mm)
Cassie, hoeveel roere het jy as ek mag vra? Ek is nou dood ernstig maat.
Arnold sal van die kerel weet in Amerika wat snipers oplei.
Sy argument is om een stel oordentlike glase aan te skaf met oordentlike detachable mounts en op al jou gewere piccatiny rails op te sit. Skiet met elke geweer en neem notas van die verstellings. Nou kan jy een R30 000.00 teleskoop koop in plaas van 4 x R6000.00 teleskope en Mamma sal dalk val vir jou besparings drang ;D

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 6:12 pm
by Kruger
En jy stel roere in vir die res van jou lewe ....

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 6:43 pm
by BLOK
Praat met Stefaansie, hy gee gewoonlik goeie afslag as jy mooi vra en hy lus is vir n sale, die dat ek n NF gekoop het prys was van so aard dat ek hom more weer maklik kan smous

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 7:30 pm
by gho
Cassie ek is nog nuut in langafstand,en gebruik Rudolph se 6-24x50 teleskoop.Ek het papier op 750m gedoen en klipspinnekoppe op 550m.Ek geniet hom baie.Kyk maar na hom.Ek verbeel my dat Piet Breedt van die forum hom nogsteeds gebruik. Sy opinie sal waarder word.Elke persoon het sy eie waarde vir geld argument.Myne is Rudolph.

gho
Citrusdal

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 7:39 pm
by alecjohnson
Ek sou se probeer die rudolf, Dolf staan vas agter sy produk. hy het vir my gese as ek nie tevrede is nie gee hy my die geld terug. Dus glo ek hy glo in sy produk. Praat dalk met J els hy het rudolf getoets met lang afstand skiet.

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 7:41 pm
by cassie_calvinia
dalk moet ek die Z3 verkoop. want die Z6 op 22-250, en die ander een op die 762.
blokkie, miskien kan ek naby die NF kom!!!

ek het 2 roere. maar, nee, onthou, op plaas hol die bobbejane, dan gryp jy roer en blikskottel hulle.
nou roep ek vanaand met ander roer, dan is dit ook nie weer reg.
julle manne moet net meer vleis vreet, dat die pryse kan klim!!!!!!!!!!

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 8:18 pm
by Kalahari
[quote="cassie_calvinia"]
julle manne moet net meer vleis vreet, dat die pryse kan klim!!!!!!!!!!

Sekondeer Cassie!

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Thu Oct 17, 2013 10:07 pm
by Carl
7mm wrote:Nou kan jy een R30 000.00 teleskoop koop in plaas van 4 x R6000.00 teleskope en Mamma sal dalk val vir jou besparings drang ;D
Gawie soos ek dit het en oom PW gaan my back, is jy nog 6000 skille in die "dwang" by jou vrou. Plus wat gemaak as jy en boeta saam wil jag ;)
Cassie HD5 is maar waar my lus lê op die oomblik. Anders het Nikon nie so produk nie?

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Fri Oct 18, 2013 6:17 am
by cassie_calvinia
wie soek my Z3? splinter nuut.. nog net gemount? BRX kruis?

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Fri Oct 18, 2013 7:37 am
by Gawie(13mm)
Carl wrote:
7mm wrote:Nou kan jy een R30 000.00 teleskoop koop in plaas van 4 x R6000.00 teleskope en Mamma sal dalk val vir jou besparings drang ;D
Gawie soos ek dit het en oom PW gaan my back, is jy nog 6000 skille in die "dwang" by jou vrou. Plus wat gemaak as jy en boeta saam wil jag ;)
Cassie HD5 is maar waar my lus lê op die oomblik. Anders het Nikon nie so produk nie?
Cassie as jy weer Kaap toe kom om jou NF te kom haal , maak 'n draai in die Paarl.

Charl, ek soek 'n nuwe "Uncle". Oom PW sê Jaracal maak inbreek op sy skiet tyd, so hy gaan vir eers 'n bietjie stil wees. :'(
Ek het nie kinders nie, daarom het ek geld vir speelgoed vir myself. Ek moet net elke aankoop met feite kan motiveer en my kop is deur. My geliefde is 'n rekenmeester wat anallities dink.
Help liewer om die LeuRau QR mounts te motiveer 8)

@Kruger, Kyk bietjie of jy die DVD, getiteld "The art of the precision rifle" in die hande kan kry.
Tod Hodnett van Accuracy First, sal jou heel anders na die "lang-gooi" ding laat kyk.
In beginsel is dit baie eenvoudiger as wat ons dink, maar in die praktyk is dit deksels moeilik sonder hulp.

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Fri Oct 18, 2013 8:14 am
by Katefbessie
cassie_calvinia wrote:wie soek my Z3? splinter nuut.. nog net gemount? BRX kruis?


Prys Cassie???

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Fri Oct 18, 2013 8:19 am
by Katefbessie
ASB bederf nou 'n jong man :)

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Fri Oct 18, 2013 10:21 am
by cassie_calvinia
die scope is gemount, en geweer le nog by Kooperasie, in tas....
R10

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Fri Oct 18, 2013 10:23 am
by Jakkie 321
R10 vir die scope ek vat hom asb tien rand.

Re: bekostigbare tactical scopes?

Posted: Fri Oct 18, 2013 10:25 am
by cassie_calvinia
maak dit R11!haha