Page 1 of 1

my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 3:15 pm
by cassie_calvinia
ek het so mono pomp, met poelie, wat 'n ou janmar enjin op.
ek sien nou die dag hy gooi nie meer. toe ek nou die top rod se moere afdraai, woep, moer als in gat af.
daai gat is 80m diep, en die mono pype is vrek swaar. weet nie of ek hul gaan uitkry nie.
die pyp het net onder die kop afgeroes, en gebreek.
enige voorstelle vir kwotasies?

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 3:34 pm
by Eugene
Ai Cassie, as dit nie die droogte, jakkalse of Malema is nie, dan gebeur dit ook nog.... :'(

Ek kan jou nie help nie, maar ek dink darem aan jou! :)

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 3:37 pm
by Polla1983
oeffff....eina!

Strength vir jou Cassie...dit gaan nie n maklike job wees nie!

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 3:40 pm
by cassie_calvinia
dit is darm musiek op die ore om te hoor hoe 25k in 'n gat af val

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 3:40 pm
by Jean Marais
Hallo Cassie

Kan jy die pyp sien van bo af as jy met 'n spieel of flits in die gat af skyn? As jy kan, het ek 'n plan vir jou om die pype te herwin, maar die tool sal jy self moet kan maak.

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 3:43 pm
by cassie_calvinia
Jean Marais wrote:Hallo Cassie

Kan jy die pyp sien van bo af as jy met 'n spieel of flits in die gat af skyn? As jy kan, het ek 'n plan vir jou om die pype te herwin, maar die tool sal jy self moet kan maak.
nee jong, daai goed se bopunt le seker 60m diep onder die water.
ek het al gewone pomp pype uitgehaal, maar die mono gaan neuk.
sal seker moet kwotasies begin kry :'(

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 3:43 pm
by cassie_calvinia
die water le seker 1m van grond af

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 3:54 pm
by tokjak
al wat ek van weet is Pieter Erasmus van Graaff Reinet

sterkte .... ek weet hoe dit voel

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 4:01 pm
by Jean Marais
Dis jammer om te hoor. Sterkte. Hoop jy kry hom uit.

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 7:23 pm
by johans
gooi 20l petrol in die gat en steek hom brand,dan skiet hy die pomp uit

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 7:29 pm
by wlm
Cassie
Ek het monopompe en pype wat ek nie meer gebruik nie. Praat maar as ek kan help.

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 8:54 pm
by chrisman
Dis nou 'n gatslag.
Voorspoed.

Re: my hele mono gat af

Posted: Thu Oct 17, 2013 9:03 pm
by tripodmvr
Loer in die Landbouweekblad - weet die uithaal van sulke ysterpype is nie maklik nie en is soos visvang met 'n stomp hoek. Miskien is daar iemand met raad of apparaat om jou te help.

Re: my hele mono gat af

Posted: Wed Oct 23, 2013 8:03 pm
by HennieC
Cassie
Het jy jou pomp uit gekry?

Re: my hele mono gat af

Posted: Wed Oct 23, 2013 8:06 pm
by cassie_calvinia
nee, nognie tyd gehad nie. spuit bloednier

Re: my hele mono gat af

Posted: Wed Oct 23, 2013 8:09 pm
by G-force
Ek neem aan dit is staal pype tot onder?Jy kan miskien n boorman kry om sy boor te bring en bo oor die gat op te stel en dan met sy fishing tools die pyplyn te probeer gryp.Mens maak die tool met n ander pyp wat groter is as die een wat in die gat is en dan kepe in tesny en ou vere in te weld wat soos weerhakke werk.Druk dit bo oor die pyplyn in die gat en hoop hy byt vasgenoeg om uit te kom.

Re: my hele mono gat af

Posted: Wed Oct 23, 2013 10:22 pm
by stan man
bel my ek het n plan wat al vir my gewerk het
o825984902

Re: my hele mono gat af

Posted: Wed Oct 30, 2013 7:12 am
by cassie_calvinia
die pomp is uit! die taal was nie altyd na wense niw, maar hy is uit

Re: my hele mono gat af

Posted: Wed Oct 30, 2013 7:22 am
by Marc
Mooi Cassie, dis darem n verligting :)

Re: my hele mono gat af

Posted: Wed Oct 30, 2013 7:26 am
by G-force
Geluk,deel nou watse manier het jy gebruik asb?

Re: my hele mono gat af

Posted: Wed Oct 30, 2013 7:31 am
by cassie_calvinia
ge, ek het hom maar gevang. maar om die pype, nie die rotte nie. het haak laat afsak met rotte.
maar die uit trek slag het maar geneuk. die goed is swaar, en jy weet mos, die rotte draai hulself vas.
die mannne hier rond sal vir klaas van staden ken. daai uncle kom nie met die lag niew. hy het my kom help