Page 1 of 1

Teleskoop vir 6.5 x 55

Posted: Wed Dec 01, 2010 10:38 am
by Rasmus
Goeie Dag

Ek het n paar jaar terug vir my n Ruger MKII in 6.5 x55 gekoop. My aansoek l? blykbaar tans by die raad vir goedkeuring so hopelik kan ek in die nuwe jaar my gun gaan haal.

Ek kort nog n teleskoop en kyk na Leupold. Wat sal julle aanbeveel tussen die volgende.

VX-3L 4.5-14x56mm Long Range

VX-3L 6.5-20x56mm Long Range Target

VX-7L 4.5-18x56mm Long Range

Laat waai sal graag wil hoor wat julle s?.

Re: Teleskoop vir 6.5 x 55

Posted: Wed Dec 01, 2010 10:41 am
by Gerhard
wat wil jy die geweer voor gebruik?

Re: Teleskoop vir 6.5 x 55

Posted: Wed Dec 01, 2010 12:31 pm
by Stefan764
Koop die duurste teleskoop wat jy kan bekostig/wat jou beursie toelaat. Daar is n goeie rede hoekom hulle so duur is... Dan weet jy jy het die beste scope op wat jy kan opsit met jou beperkinge.

Re: Teleskoop vir 6.5 x 55

Posted: Wed Dec 01, 2010 12:59 pm
by Rasmus
Gerhard

Tans het ek .303 en .375 so die gaan my klein geweer wees. Die beplanning is om te kyk of ek 120-129gr koeels kan skiet in hom. So vir nou sal dit maar springbok, blesbok en daai tiep van goed wees in die ooptes, as daar bietjie bosse is het ek mos n .375....

Re: Teleskoop vir 6.5 x 55

Posted: Thu Dec 02, 2010 5:33 pm
by Gerhard
Rasmus wrote: Gerhard

Tans het ek .303 en .375 so die gaan my klein geweer wees. Die beplanning is om te kyk of ek 120-129gr koeels kan skiet in hom. So vir nou sal dit maar springbok, blesbok en daai tiep van goed wees in die ooptes, as daar bietjie bosse is het ek mos n .375....
As ek eerlik moet wees en na die keuse kyk wat jy genoem het sou ek nie een gevat het nie.

Hulle is net te groot.

4,5 - 14 x 50 sou my keuses gewees het vir daai springbok geweer.

My 303 met 4 x 32 het meer as op een geleentheid blesbok en rooihartbees laat val op 220m...

Re: Teleskoop vir 6.5 x 55

Posted: Thu Dec 09, 2010 4:02 pm
by Rasmus
Ek hoor jou Gerhard.

Ek het toe n meevallertjie gehad........... Kry n CZ .223 met n Leupold VX 3 6.5 - 20 x 40 met fine duplex op vir R 4000. Besluit ek sal die gun vat vir die scope dag later bel iemand weet ek nie van n .223 of 243 nie Ja reken ek het n .223 beskikbaar sonder scope vir R 4000 die persoon reken geen pyn hy vat hom.

Kort en lank is daar score ek toe n scope. En as ek nie met hom reg kom nie dan kan ek hom altyd smous.

Re: Teleskoop vir 6.5 x 55

Posted: Thu Dec 09, 2010 4:07 pm
by Gerhard
Rasmus wrote: Ek hoor jou Gerhard.

Ek het toe n meevallertjie gehad........... Kry n CZ .223 met n Leupold VX 3 6.5 - 20 x 40 met fine duplex op vir R 4000. Besluit ek sal die gun vat vir die scope dag later bel iemand weet ek nie van n .223 of 243 nie Ja reken ek het n .223 beskikbaar sonder scope vir R 4000 die persoon reken geen pyn hy vat hom.

Kort en lank is daar score ek toe n scope. En as ek nie met hom reg kom nie dan kan ek hom altyd smous.
Mooi man.

Geniet hom

Re: Teleskoop vir 6.5 x 55

Posted: Fri Dec 10, 2010 4:36 pm
by Francois Marais
Rasmus
Kry n CZ .223 met n Leupold VX 3 6.5 - 20 x 40 met fine duplex op vir R 4000.
En daar steel jy toe wragtig die scope, en die gun.......man moet bietjie geluk ook he af en toe.

Mooi loop, goeie deal.
Francois