Page 1 of 2
Jag ligte
Posted: Mon Oct 14, 2013 9:11 pm
by HennieC
Dag mense
Wie het al Hella spotligte gebruik vir skiet ligte?
Indien wel sal mens 'n dimmer kan op sit?
Ek het jare terug so 'n spot light gemaak en gebruik om ystervarke en tarentale te skiet.
Die lig het goed gewerk vir springbokke in die hawer lande ook.
Die lig het gewone 55Watt bulb in gehad.
Ek luister wat die mense se.
Re: Jag ligte
Posted: Mon Oct 14, 2013 9:24 pm
by Cobus(Cobb)
Ek sit nou hier en dink...my Ranger het sulke hellas op...hy is goed vir oge optel (sien dit as ek ry), weet nie of hy sterk genoeg gaan wees vir ID oor 300m nie??
Re: Jag ligte
Posted: Mon Oct 14, 2013 9:32 pm
by HennieC
As ons weer uit gaan sal ek hom saam vat dan kan ons kyk hoe hy lig teenoor jou LF.
Net vir 'n toets ek weet hy lig nog al mooi kol want hy het nie 'n glas op nie en hy brand 'n bakkie se sitplek 'n gat in as jy hom op die sit plek neer sit. (My pa het erg baklei oor die gat in die seat)
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 10:47 am
by KalahariKlong
Die Hella's werk lekker. Ek stel my bakkie sin net so effens kante toe en skiet lekker tot op 100 meter so by die ruit uit.
Groete
KK
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 12:09 pm
by HennieC
Glo hy sal kan werk.
Wat se dimmer sal ek kan op sit om lig mee te dim.
Cobus hoe lyk hy hier? Ek soek nog net 'n scope mount om op die 223 te sit dan kan ek enige geweer van 223 en 30Somthing gebruik gebruik
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 12:12 pm
by cassie_calvinia
dit is sekerlik nie vir jakkalsjag nie?
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 12:15 pm
by HennieC
En as dit werk?
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 12:18 pm
by cassie_calvinia
nee as dit vir jou werk, is dit reg.
maar as ek 'n jagter kry, en hy kom met hella ligte by my aan, jag ek hom weg.
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 12:21 pm
by BLOK
KalahariKlong wrote:Die Hella's werk lekker. Ek stel my bakkie sin net so effens kante toe en skiet lekker tot op 100 meter so by die ruit uit.
Groete
KK
Sal seker kan werk vir langplaas jag reken ek. hahaha
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 12:29 pm
by HennieC
Cassie as mens nie probeur nie sal mens nooit weet nie.
As die lig nie werk nie haal ek hom af en hy kos my so R50.
Dit is net 'n idee wat ek gekry het om te bou en te toets.
As hy werk vir R50 gaan ek lekker lag, en as hy nie werk nie sal ek dit erken en bekend maak.
My Pa se woorde is altyd jou geld kan op raak maar as jou planne op raak dan het jy probleme!!!!!
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 8:58 pm
by C.J.
Hennie,
Ek glo nie daardie lig is ontwerp om 'n kol te lig soos wat 'n lig soos 'n Lightforce MOET doen nie. Jy gaan R50 mors as jy my vra.
Groete,
C.J.
Re: Jag ligte
Posted: Tue Oct 15, 2013 9:42 pm
by HennieC
CJ jy kan reg wees maar hy het nie 'n glas op nie.
Ek gaan hom toets en kyk wat maak hy.
Het iemand op die forum al ooit so 'n spotlight gebruik om mee te skiet?
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 6:25 am
by C.J.
Hennie,
Nog nie sonder die glas nie, ek sou sê die "cone" se hoek t.o.v. die gloeilamp is nie reg om 'n kol te lig nie. Dit is nou as jy dit met die hoek van 'n jag spotlight vergelyk. Verder is daardie gloeilamp maar baie gevoelig, een Tor of 'n ding wat daar vas vlieg en jou jag is verby.
Groete,
C.J.
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 6:48 am
by HennieC
CJ jy is dalk reg dat hy nie so 'n klein kol sal gooi nie.
Maar as jy ook dink die ligte word op die bullbar gebout wat baie vibrasie het.
Dan dink ek tog dit kan hou om rede die ligte bly werk maak nie saak of dit teerpad of grond pad is of veld ry is nie. Die bulb kan nogal baie skok vat.
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 8:33 am
by andre007
Wat nog beter gaan werk is as jy n 100w gloeilampie insit, hulle is mos deesdae teen die wet maar ek kry hulle nog hier en daar in die hande.
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 9:06 am
by HennieC
Hi Andre
Ek kry ook nog van die 100w gloeilampies maar dan eet hy die krag maar 55w werk mooi.
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 9:14 am
by C.J.
Laat weet ons wat gebeur.
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 9:25 am
by Gawie(13mm)
Pasop dat jy nie letterlik jou vingers verbrand as dinge rof raak nie. Jy sê self, hy brand 'n gat in 'n bakkie sitplek.
Ek het my vingers blase gebrand met so 'n 55watt lampie.
Daar is 'n goeie rede vir die glas

.
Laat ons weet hoe hy werk.
Groete,
Gawie
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 12:25 pm
by HennieC
Hi Gawie
Die ligte word nogal lekker warm as jy jou hande voor hou met die skerm op kom mens se hande darem nie naby die gloeilamp nie.
Ek het hom nog net in die bure se erwe geskyn in die dorp. Op 70 meter gee hy die bome nog mooi kol ook.
Ek wag net vir 'n geleentheid dat ons hom kan toets.
Cobus wanneer maak ons weer plan?
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 1:31 pm
by cassie_calvinia
hy moet op 200m nog kol gooi vir jakkals! tenminste.
ek kritiseer nie, ek help net
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 1:43 pm
by HennieC
Cassie
Wat is al jou vereistes vir die lig?
Dan kan ons die ding toets en sien hoeveel postiewe en negetiewe daar is en dan kan ons dit op sit sodat ander ouens nie ook so iets probeur nie.
Asseblief sit vir my 'n paar punte op dat ek die lig kan toets teen die punte.
Ek waardeur jou replies
Vereistes
1. 'n kol op 200 meter
2.
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 1:51 pm
by cassie_calvinia
hen
nee jong, solank ek kan sien, worry ek nie veel nie. nog nie gekyk hoe ver my 240 kol maak nie, maar dis noggal ver.
ek kannie op 250m oe sien, en nie weet wat dit is nie. as dit jakkals was, kos hy my R15k per jaar, agv daai fout.
dis hoekom ek maklik 2k sal uithaal vir die beste lig. want, ek kannie 'n paar 15k foute 'n jaar maak nie, dan is ek onderdeur.
oe optel, sal jou lig ver. maar, vir identiviseer, tot op 300m, dit is my groot vereiste
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 2:03 pm
by HennieC
Ek hoor wat jy se Cassie jou skade is baie meer as wat 'n lig kos. Ek verstaan beter jou punt.
Vereistes
1. 'n kol op 200 meter
2. oe identiviseer op 300meter.
3.
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 2:06 pm
by cassie_calvinia
HennieC wrote:Ek hoor wat jy se Cassie jou skade is baie meer as wat 'n lig kos. Ek verstaan beter jou punt.
Vereistes
1. 'n kol op 200 meter
2. oe identiviseer op 300meter.
3.
3 seker duursaamheid. die NF ligte breek nie! en parte baie.
Re: Jag ligte
Posted: Wed Oct 16, 2013 2:09 pm
by Geno
Hennie,
Sit jou lig 'n dimmer op, en gee hom 'n rooi filter.
Hy sal baie mooi werk op 'n bosvark voerplek.
Vir jakkalsjag, is daar net een:
http://www.expeditionhardware.com/images/Lighting/Lightforce-logo.jpg