Page 1 of 1

Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 1:31 pm
by Bushkey
Dis daai tyd van die jaar. In ons wereld hang die bome vol klein Macadamias. Saam die jong sagte neute kom die ape en hulle is vrek slim soos julle weet. Ek kon hulle altyd met my .22 skiet, toe raak hulle slimer en moes ek met my .223 begin skiet. Verste skoot nog was 'n paar meter kort van 300 gemeet met my range-vinder. Nou begin hulle regtig ver sit. Al wat nou oor bly is my .308 met 'n 1 in 10" twist en 300Win Mag met 1 in 11". Wat se punte stel julle voor.

Ek soek iets wat baie sag is wat vernietig sal word as dit 'n tak tref of selfs heeltemal sal opbreek as dit 'n aap tref, maar wat swaarder is as die 110gr V-Max. Altyd bang ek skiet iemand wat 'n veltie vang ;D

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 1:37 pm
by Geno
.204 Ruger
32gr V-max @ 3900fps

Wanneer kan ons kom?

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 2:15 pm
by RUPERT
Imagine dai koerant berig.Boer skiet man terwyl sy broek op sy kniee sit.Mediese hulp was ontbiet maar moes eers n ruk wag vir die reuk om op teklaar voordat hulle by die man kon uitkom.ELKE VELTIE HET MAAR SY RISIKOS.

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 2:24 pm
by Lourens
+1 Geno, .204 Ruger is jou antwoord...

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 2:35 pm
by Bushkey
Geno wrote:.204 Ruger
32gr V-max @ 3900fps

Wanneer kan ons kom?
Verseker een van die goeie opsies maar ek het nie 'n .204 nie. Het wel 'n .243, maar dis nie so spectacular as die .300's nie. Ek moet verder bieg dat ek amper meer genot daaruit kry om die klein bl@ksems te skiet as Kudus.

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 3:04 pm
by ROBBIE1
Moet saamstem, amper lekkerder as vlakvark skiet!

Ek praat nou uit n ou oom se mond uit, van jare trug. Ook groot las met ape gehad, toe vang hy 2 met hokke. n 44Galon drom met water in, en n sak van die gewone kalk wat mens bane mee merk, glo n hele 25kg sak kalk in n halwe drom. Gooi toe glo die ape een vir een in die drom water kalk oplossing en sit n sif bo-op dat die kalk mooi kan intrek soos die aap spook in die water,en los hulle la hulle hol.

HY het ons vertel die ape was vir weke weg, hol glo laat die stof staan vir die WIT ding wat al agter hulle aankom, en ou wittes bly try inhaal want dis mos sy tjommies!!! Die kalk doen glo niks aan die dier nie, en raak weg glo weg so na n week.

Dalk kan dit help!

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 3:55 pm
by Bushkey
ROBBIE1 wrote:Moet saamstem, amper lekkerder as vlakvark skiet!

Hulle praat so hier by ons ook. Die etters klim net glad nie meer in die hokke nie. Hulle weet :o Het die hokke nou ook al versteek en gecamo. Kom daar dan is daar alles behalwe ape in.

Ek soek 'n lekker "varminting" .30 punt swaarder as 110gr, maar dit lyk hulle is baie ska ars.

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 4:21 pm
by DawieKotze
ROBBIE1 wrote:Moet saamstem, amper lekkerder as vlakvark skiet!

Ek praat nou uit n ou oom se mond uit, van jare trug. Ook groot las met ape gehad, toe vang hy 2 met hokke. n 44Galon drom met water in, en n sak van die gewone kalk wat mens bane mee merk, glo n hele 25kg sak kalk in n halwe drom. Gooi toe glo die ape een vir een in die drom water kalk oplossing en sit n sif bo-op dat die kalk mooi kan intrek soos die aap spook in die water,en los hulle la hulle hol.

HY het ons vertel die ape was vir weke weg, hol glo laat die stof staan vir die WIT ding wat al agter hulle aankom, en ou wittes bly try inhaal want dis mos sy tjommies!!! Die kalk doen glo niks aan die dier nie, en raak weg glo weg so na n week.

Dalk kan dit help!
Ai Robbie - kan jy nie sien die man wil hulle skiet nie? :laugh: Sy vinger jeuk en as hy nou jou raad volg, gaan daar vir weke niks wees om te doen nie! ;)

Die 243 sal ook mooi maak daar vêr.

Groete

Dawie

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 4:37 pm
by ROBBIE1
Nee ek verstaan daai mooi Dawie, maar die afstand raak mos n probleem, dan moet jy ander plan kry. Blouaap is n slim ding, as jy net die brandwag kan kap, is jou kans baie beter om nader te kom, maar dis n skylie ou meneer gewoonlik!

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 6:17 pm
by Alwin
Dis nie so maklik om hulle te skiet nie, veral nie as jy hulle al mooi slim geleer het nie. As die eerste skoot klap, met knaldemper en al, is die hele trop af grond toe en weg.

Het daai plan met die verf ook al probeer. Behalwe vir die wit verf, het ek vir hom nog 'n klok om die nek vasgemaak ook. Hulle het vir 1 week 'n bietjie rondgehol, toe raak hulle gewoond aan die anderskleurige kameraad. Daarna kon ek gereeld die klok hoor lui, soos wat hy deur die bome en bos beweeg. Die klok-aap het nog baie jare gelukkig in sy trop gelewe. Nooit weer in 'n vanghok of kruisdraad beland nie...

Hier was 'n ander draad, met 'n mooi plan vir 'n vanghok. Leer hulle net mooi om in die hok in te gaan. Hulle leer baie makliker as meeste politici...

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 6:20 pm
by Alwin
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=16&t=24685

'n Mooi plan - en BAIE geduld! Jy moet basies 'n sadistiese plesier daaruit put, om hulle so te mislei. Kan jou verwys na 'n paar politieke figure vir inspirasie...

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 6:38 pm
by grumpy
Ek het eendag ouens hoor praat oor n aap probleem. Die een ou se toe jy moet een van die kleintjies skiet. As jy dit doen gee hulle pad want hulle wil nie die babas dood he nie. Probeer dit en laat weet wat gebeur. Wag hulle in en skiet uit n ander rigting!

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 7:02 pm
by Bushkey
grumpy wrote:Ek het eendag ouens hoor praat oor n aap probleem. Die een ou se toe jy moet een van die kleintjies skiet. As jy dit doen gee hulle pad want hulle wil nie die babas dood he nie. Probeer dit en laat weet wat gebeur. Wag hulle in en skiet uit n ander rigting!
Jip, het dit ook al probeer. Nie lekker om die kleinjltjies te boelie nie, en dit het nie gehelp nie.

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Thu Oct 10, 2013 7:05 pm
by Bushkey
Ek het 'n vriend wat met tamaties boer op Mooketsi. Sy gesegde oor ape verduidelik dit die beste. Ape is so slim hulle kan praat. Hulle praat net nie want dan moet hulle belasting betaal.

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Fri Oct 11, 2013 1:51 pm
by Alwin
Bushkey wrote:Ek het 'n vriend wat met tamaties boer op Mooketsi. Sy gesegde oor ape verduidelik dit die beste. Ape is so slim hulle kan praat. Hulle praat net nie want dan moet hulle belasting betaal.
... en WERK!

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Fri Oct 11, 2013 1:58 pm
by Capt. Yoda
300WM met a 155gr Sierra MK.Glo hy sal mooi uit mekaar spat met daai spoed.
n 243 met n V-max is ook nogals spectacular op klyn goete

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Fri Oct 11, 2013 10:23 pm
by Ooploop
Bushkey,het jy email adres? Sal jou graag wil email,

Groete
Ooploop

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Fri Oct 11, 2013 11:33 pm
by Bushkey
Ooploop wrote:Bushkey,het jy email adres? Sal jou graag wil email,

Groete
Ooploop
Ja, bosmankruger@mweb.co.za

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Sat Oct 12, 2013 9:14 am
by Kallie404
Hello Bossie,

Ek het nooit besef dis jy nie ;D , toe ek jou e-mail adres sien toe "click" ek wie jy is !!

Groete
Kallie

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Sat Oct 12, 2013 11:23 am
by Bushkey
Kallie404 wrote:Hello Bossie,

Ek het nooit besef dis jy nie ;D , toe ek jou e-mail adres sien toe "click" ek wie jy is !!

Groete
Kallie
Hi Kallie, maar net ek ja. Kom jy nie troefee meting toe die jaar nie.

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Sat Oct 12, 2013 1:48 pm
by Christo
243 met 55gr NosBal @ 4000vt/s werk baie lekker. Daai goed skiet nie eens deur 'n jak nie, daar is net groot gat waar koeel tref. Behoort goed te werk op ape. Lekker plat skiet ook, dink nie eens 204 skiet so plat nie.

Ek het nog paar pakke as jy hulle wil oorvat.

Re: Macadamia verwoesting...Ape

Posted: Sun Oct 13, 2013 9:41 am
by Bushkey
Christo wrote:243 met 55gr NosBal @ 4000vt/s werk baie lekker. Daai goed skiet nie eens deur 'n jak nie, daar is net groot gat waar koeel tref. Behoort goed te werk op ape. Lekker plat skiet ook, dink nie eens 204 skiet so plat nie.

Ek het nog paar pakke as jy hulle wil oorvat.
Dankie ek hou dit in gedagte.