Page 1 of 1

Verkyker onder R4000

Posted: Thu Oct 10, 2013 9:44 am
by Kosie
Ek wil graag 'n verkyker koop vir onder R4000. Wat sal julle aanbeveel.

Groete
Kosie

Re: Verkyker onder R4000

Posted: Thu Oct 10, 2013 10:02 am
by tripodmvr
Nikon, Pentax, Steiner is goeie make. Gaan loer deur hulle en kry iets wat vir jou gemaklik en duidelik werk. Kyk na 8-10 x 40 vir algemene gebruik. Laat baie lig in maar is nog hanteerbaar.

Re: Verkyker onder R4000

Posted: Thu Oct 10, 2013 10:20 am
by 375fanatic
Nikon 10 x 40 baie goed vir n redelike prys

Re: Verkyker onder R4000

Posted: Thu Oct 10, 2013 10:51 am
by Smous v.d. Vyver
Hi Kosie,

Ek dink nie jy gaan sommer beter as die twee Zeiss verkykers op Safari se tweedehandse seksie kry nie.Kan nie dink dat hulle
steeds beskibaar is nie maar teen R4000 is hulle 'n bargain!

Vriendelike groete,

Re: Verkyker onder R4000

Posted: Thu Oct 10, 2013 2:16 pm
by JTM
Bushnell Excursion EX 8x42 in my opinie.

Jy hoort hulle vir net onder R4000 te kry en hulle werk uitstekend! Die varkkop wat myne gesteel het , het een blerrie smart verkyker nou... :(

As jy effe bewe gaan dan vir die 8x vergroting, maar as jy lekker stabiel is sal die 10x ook werk.

http://www.cybertrek.co.za/bushnell/297 ... cular.html

Re: Verkyker onder R4000

Posted: Thu Oct 10, 2013 2:51 pm
by Pvdw
Nikon Monarch

Re: Verkyker onder R4000

Posted: Fri Oct 11, 2013 1:18 pm
by Ratel
Ek het 'n Nikon 10X50. Bietjie groot maar dit werk baie goed vir my. Maak ook nie my oe seer nie.

Re: Verkyker onder R4000

Posted: Fri Oct 11, 2013 1:40 pm
by 375fanatic
JTM wrote:

As jy effe bewe gaan dan vir die 8x vergroting, maar as jy lekker stabiel is sal die 10x ook werk.
kry een van elk
10 x vir die middag
8 x vir die oggend na die groot kuier
:laugh: :laugh:

Re: Verkyker onder R4000

Posted: Fri Oct 11, 2013 4:02 pm
by Kosie
Baie dankie vir die hulp