Page 1 of 1
Rangorde van sondaars
Posted: Mon Nov 29, 2010 5:21 pm
by Wielie Waps
Ek wil sommer so 'n menings peiling he van wat die grootste skade veroorsaak in jou omgewing.
Ek praat hier nie van twee been ongediertes(sonder vlerke) nie maar die tradisionele tipe. As VOORBEELD wil ek se in saaigebiede is dit:
1. Ystervark
2. Tarentaal
3. Kransduif
By die manne wat jakkalse noem wil ek ook weet of Draaijakkalse(ek weet dis beskermde wild) ook 'n invloed het op jul lammeroes en kan hy as sondaar gebrandmerk word.
Gee asb vir my 'n aanduiding waar in die land jy is en natuurlik die tipe boerdery wat jy bedryf.
Ek sal julle hulp baie waardeer
Thanx
W W
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Mon Nov 29, 2010 6:14 pm
by Danie Lombard .243
Dit is 'n "good one" die Wileie Waps.
By die skaap boer (myself) as die ooie begin lam is die draaijakkals my no.1 probleem. By pas gebore lammers tot en met so 2 weke oud is draaijakkals 'n groot kopseer.
Dan kom witrugjakkals en rooikat. Hul le albei in no.2 posisie.
Bosluis is no.3 By uitstek 'n groot ongedierete wat baie ellende veroorsaak.
By my bees boerdery is daar 'n DONNERSE ding wat te oulik en fluks gate grou en rysmiere verorber maar die maak nie sy gat wat hy ge grou het weer toe nie. 'n Klein kalfie is baie lief om by die gate te huppel kapippel en te bok spring, en soos jy se mes, dan val die kalf in die gat. Hul ontwater gou en as jy die kalf nie betydes uit die gat uithaal nie is hy vrek. So by kalfies is erdvark no.1 Erdvark maak my sommer lekker moerig. Darem goeie dier as mens dink aan al die rys miere wat hy in 'n nag verorber. Dit is al wat goed is van erdvark.
In die 2de plek is daar drie finaliste wat albei 2de plek deel. Geelslang, poffadder en bosluis. Hul maak my ook goed moerig by die bees boerdery.
3de Plek behoort aan jakkals en rooikat. So nou en dan vang hul 'n kalf wat klein of swak is.
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Mon Nov 29, 2010 7:13 pm
by Yalair
WW
By skape
1. Jong lam rooi/draai jakkals + rooikat
2. Groter lammers rooi jakkals + kat
Beeste
Geen probleem met roofdiere, net soos Danie ook bosluise ens, koop net groter speenkallers 160kg + so jakkals en kat nie probleem
Lande.
Blou aap, tarentaal en soms waaiersterte en dan ook yster vark, laaste 2 is maklik om te beheer, op lusern is dit makoue en ganse
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Mon Nov 29, 2010 7:18 pm
by jmb
Haai WW
By ons in tafeldruiwe is dit as volg:
1. Rooivlerk spreeus.
2. Bobbejane
Dassies was eens op 'n tyd ook 'n probleem maar hul populasie het geweldig afgeneem weens een of ander siekte.
Die rooivlerke is 'n geweldie probleem aangesien hulle die berge laaik en dit reg rondom die plaas is. Dit is maar skiet, Gif as ons kan seker wees dit is veilig en dan gaskanonne.
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Mon Nov 29, 2010 8:18 pm
by Wouter Roets
Hallo WW
In my bedryf(wild) is dit nommer een luiperd, dan jakkals, rooikat en so n klein bietjie bruin hyena. Piet Plessis omgewing.
Wouter
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Mon Nov 29, 2010 9:51 pm
by Nico Harris
Hier by ons in die suiker riet is dit as volg-
1-bobbejane
2-bosvarke
3-ape
groete
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Tue Nov 30, 2010 7:07 am
by Gerhard
wouter wrote:
Hallo WW
In my bedryf(wild) is dit nommer een luiperd, dan jakkals, rooikat en so n klein bietjie bruin hyena. Piet Plessis omgewing.
Wouter
Wouter,
Vragie,
Hoe gereeld kry jy karkas wat deur luiperd gevang word?
Jy sal dalk verbaas wees dat jakkals baie meer skade maak as wat jy verwag omdat hulle loop gebied baie kleiner is as wat luiperd is.
Iemand het eendag dit hier genoem dat jakkals paar met kleintjie 20kg vleis per week nodig het net om nie kondisie te verloor nie...
Groete,
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Tue Nov 30, 2010 8:06 am
by Danie Lombard .243
Vang en vreet styl van jakkals en luiperd verskil dag en nag.
As 'n luiperd jou vee se adres gekry het-het 'n man vars moeilikheid.
Stem tog wel saam met jou Gerhard, luiperd se "wei" area is baie groot.
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Tue Nov 30, 2010 8:15 am
by Gerhard
Danie .243 wrote:
Vang en vreet styl van jakkals en luiperd verskil dag en nag.
As 'n luiperd jou vee se adres gekry het-het 'n man vars moeilikheid.
Stem tog wel saam met jou Gerhard, luiperd se "wei" area is baie groot.
Danie,
Stem saam met jou maar Wouter is in die wild bedryf.
As mens kyk na 'n luiperd wat se loop gebied tussen 50 en 200 vierkant 'n kilometer kan wees af hangende van area's en jakkals wat 'n baie kleiner loop gebied het dws baie meer jakkals per vierkant 'n kilo as luiperd verwag ek dat mens meer skade met jakkals se kind gaan kry.
Ek het baie met wilds boere gepraat en daar is bitter min wat vir jou kan se wat die aanwas op sy rooibokke moet wees en hoeveel hy groot gekry het teen oor 'n skaap boer wat presies weet.
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Tue Nov 30, 2010 9:21 am
by Wouter Roets
Hallo Gerhard
By ons is dit net sand en n persoon kan mooi aan die spore sien wat gebeur het om en rond die karkas. Ons het einlik besonders min jakalse en rooikatte in vergelyking met luiperds. n Slim man het n rukkie terug my gevra nadat ek my hart oopgemaak het oor die luiperd probleme hoe ons grondvoeel sutsuasie lyk woorop ek hom geantwoord het dat dit dit eintlik relatief min is. Hy het vir my gese dat dit die stapelvoedsel is van jakkie en rooies en aangesien hulle die natuurlike vyand van kolle se kleintjies is, dit die rede is vir kolle se groot getalle. Of dit nou die waarheid is weet ek nie. As jy in ag neem dat hulle ook nie hul prooi in die bome optrek nie wys dit dat hulle nie veel gesteur word nie. Ons het n inflaks van luiperd uit Botswana, ons is so 29km van die grens af, en dit lyk my hulle trek maar grotendeels agter die bobbejane aan wat weer lyk my agter ons grasdakke aantrek! Dit gee hulle ure se genot om die gras uit die grasdak uit te trek. Die afgly van die dak en dan die ophardloop waar hulle dan weer hande vol gras uittrek met die ophardloop is kort op die eerste deel se hakke! Dit is waar dat n persoon nie naastenby so goed kan rekord hou oor wild as oor vee of bees nie maar n persoon kan darem n redelike idee kry van n persoon se aanwas, ek sien die hartbeeste en blesbokke het begin gooi maar nog niks anderste nie.
Groete
Wout
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Tue Nov 30, 2010 10:02 am
by Gerhard
Wouter,
Dankie man,
Het weer bietjie by geleer
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:23 am
by Wielie Waps
Manne
Ek sien Danie en ander het hier genoem van bosluise wat ook 'n probleem is. Ek wil weet of renoster voels effektief bosluis getalle sal beheer indien geen beeste gedip sou word of bosluise met gif beheer sou word nie.
In 'n ander post van my sal julle lees van 'n bewarings inisiatief wat ek wil begin - so julle kan sien in watter rigting ek nou dink.
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:36 am
by tafjak
Wielie
Bel Woolworhts vir donasies met die versekering dat die boere nie skilpad-, renostervo?l-, krimpvarkvleis aan hulle sal verkoop nie!
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:45 am
by JACQUES BOTHA
Taffie
Ook nie rooijakkals rug tjoppies nie en ook nie n rooikat lendeskyf nie
Raak en nou skoon honger van die resepte lees
Groetnis
Jacques
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Sat Dec 04, 2010 10:19 am
by Wielie Waps
Taffie
Ek het gedink om jakkals vleis aan die regte persone te bemark a.g.v sy ongelooflike aanteel en ontwykings kwaliteite. Dit hoef nie eers uitgevoer te word nie.
Behoort KFC 'n goeie go te gee
Re: Rangorde van sondaars
Posted: Sun Dec 05, 2010 7:24 pm
by molopohunter
Om gou by Wouter aan te sluit, hulle is naby aan ons ek ken mekaar ook goed. Ek self is reg teen botswana.
Luiperds is n groot probleem by ons oordat ons reg teen botswana is en kos is vollop vir hulle. Hier is die plase ook nogal groot en mense min en ver uit mekaar. Ons is baie min mense wat permanent daar bly. Oom eugene het bewyse gelewer waar hy 52 kallers al tot datum verloor het. 2 van sy werkers is ook al aangeval. Wimpie van natuur bewaring in vryburg het al die statestieke. My skoonpa het al baie skade met hulle gehad en die meer oop plase hier het ook baie jag luiperd probleme.
By ons is skade diere op gewasse bobbejaan en koedoes, dan sal vlakvark, ystervark, duiker en tarentale volg.
By vee is dit rooi jakkals, rooikat, luiperd en jag luiperd. Bruin hyennas vang wel, maar is bitter min. Hy moet net nie bederf raak nie. Ons hou maar ons bok lammers die 1ste paar maande op kraal.