Page 1 of 1

Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 3:58 pm
by Wismit
Goeie dag,

Ek wil graag hoor wat is jul opinie van bg scope.

Ek sien een in ons plaaslike geweer winkel vir R3000.

Ek is opsoek na 'n scope met 'n lekker vergroting vir 500m skiet met my 308.

W.S

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 3:59 pm
by Armand Steenkamp
Wismit, ek weet darm nie. Nikko sterling het maar n swak repetasie.

Groetnis

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:01 pm
by cassie_calvinia
dalk vir 50m .22 skiet! vir 500m skiet, ek weet nie van onder 5000 nie? minimum!

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:03 pm
by Jean Marais
'n Maat van my het een gehad, en volgens my was dit nie die helderste waardeur ek gekyk het nie, veral op die groter verstelling. Op so 'n groot vergrotingsopsie moet jy minstens na 'n 50 lens kyk, en verkieslik ook 'n 30 tube. Dit laat net soveel meer lig deur.

My 2c opinie

Groete

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:04 pm
by Riaan Beeslaar
Ok vir .22 dis al

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:06 pm
by mariusr
Nee wat sit liewers nog paar rand by en koop iets wat jy vertroue in sal he! :confused: Die yanks noem die niko sterling night eater night crapper! :):

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:09 pm
by Wismit
Dankie - ouens. Sal maar nog so rukkie spaar.

Enige voorstelle dalk ?

W.S

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:11 pm
by Alwyn
Het self n niko sterling op my 243 gehad... Target Master 30mm tube 50mm bel voor.....
Het leker geskiet tot op 200m MAAR na 300m toe het dit maar gekners........

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:12 pm
by Riaan Beeslaar
Het jy al vir Rudolph gekontak om te hoor wat hulle bied. Ek weet hulle scopes het 'n lewenslange waarborg

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:13 pm
by Jean Marais
Praat met SJ hier op die forum oor Burris as 'n goedkoop, maar waarde vir geld opsie.

Andersinds - Nikon, Leupold of so iets. Dit egter bietjie heelwat duurder.

Groete

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:14 pm
by Alwyn
Bushnell se Elite 6500 reeks is nog n opsie>>>>

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 4:16 pm
by PWV
Wismit
As ek jy is vra ek die winkel-ou om hom net tydelik op 'n geweer te monteer en dan kyk jy self deur hom na voorwerpe en stel soos jy wil. As jy kan sien wat jy wil sien, koop hom. Daar is bitter min wat jy vir daai prys kan kry.
Moet egter ook bysĂȘ, as jy bietjie meer geld spandeer, kan jy natuurlik beter doen. Alles hang af van jou "budged".

Groetnis

Re: Niko Stirling 8-32x44 - opinies asb !

Posted: Tue Oct 08, 2013 6:46 pm
by Herman Venter
Ek weet SJ het tans n goeie prys op n lekker teleskoop! Kontak hom gerus!