Page 1 of 1

Ligte kaliber koeels trek

Posted: Tue Oct 08, 2013 11:47 am
by vriell
Het gesukkel om 223 patrone se koeels wat gekrimp is te trek met die "hammerpuller" tool en toe sommer die volgende gedoen.Werk maklik vir my en die punte het ook geen skade nie.

Fotos - 3 van 5

Re: Ligte kaliber koeels trek

Posted: Tue Oct 08, 2013 12:07 pm
by Jean Marais
Dis 'n goeie plan. As ek nou jy is, dan boor ek nog 'n gaatjie of twee vir die ander kalibers. Die metode is baie skoner as die kinetiese hamer, en ek's nog altyd bang dat 'n skoot kan afgaan met die hamer, so ek het maar vir my 'n behoorlike RCBS puller aangeskaf vir my kalibers.

Re: Ligte kaliber koeels trek

Posted: Tue Oct 08, 2013 12:20 pm
by vriell
Dankie Jean . Glo net nie dit sal so maklik werk met bv. 30 kalibers sonder om die koeels seer te maak nie.Sal eerder maar vir my een van daardie rcbs puller aanskaf wanneer ek weer by 'n plek kom wat die goed verkoop.Ons naaste plek is S&O in Stellenbosch so 120km van hier en het bloot uit nood dit gedoen om die punte te gebruik vir my .22 Hornet wat my enigste klein centerslag kaliber is wat ek besit.