Page 1 of 1

300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Tue Oct 08, 2013 10:01 am
by Shaker
Hi Almal, Weet nie of hierdie die regte afdeling is nie maar ek is opsoek na 300WSM verkieslik Norma doppe.

Ek weet S&O het SAKO doppe, weet julle dalk van iemand wat voorraad het?


Groete

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Tue Oct 08, 2013 10:26 am
by birklec
Hi Shaker!
Nee.
Ek het ook alle handelaars gebel ,met geen geluk.
Het toe maar die Sako doppe gekoop.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Tue Oct 08, 2013 11:23 am
by Shaker
Eina!!

R3700 vir n 100 doppe is bietjie seer :(

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Tue Oct 08, 2013 11:50 am
by birklec
Ja !!
Glo my ,dit maak mens naar.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Mon Oct 21, 2013 12:24 pm
by Arnold
Ek sien daar is Winchester doppe op S&O se site. R750/50

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Mon Oct 21, 2013 1:27 pm
by birklec
Dankie Arnold vir die laat weet.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Mon Oct 21, 2013 2:18 pm
by Dawie Malan
Ek het vir jou 'n klomp .270 WSM Winchester doppe wat jy kan opnek.

Goeie prys. PM my

Groete

Dawie

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Mon Oct 21, 2013 7:23 pm
by immelmanw
Safari het nou winchester doppe

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Tue Dec 02, 2014 1:45 pm
by Henco 7 x64
PM my ek het 50 x norma nuwe doppe

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Tue Dec 02, 2014 3:40 pm
by ZKK
Shaker wrote:Eina!!

R3700 vir n 100 doppe is bietjie seer :(
What????

Ek het nog in hierdie jaar R2500 betaal vir 100 Norma's en ek het toe al in my broek gebollie

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sat Dec 06, 2014 2:57 pm
by ruaanb
Camdix r1300 vir 100 norma doppe en r1250 vir 100 sako doppe. Het gister bestel

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sat Dec 06, 2014 4:18 pm
by LUAN
ruaanb wrote:Camdix r1300 vir 100 norma doppe en r1250 vir 100 sako doppe. Het gister bestel
Jy bedoel per 50 ja ;)

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sat Dec 06, 2014 8:10 pm
by ruaanb
Nope het dit op email per 100!

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sat Dec 06, 2014 8:17 pm
by LUAN
Nee 300wsm doppe wissel gewoonlik vanaf R22-R38 n dop hangaf watse soort. Ek het R26 n norma dop betaal by camdix. Probeer die Ko-op hulle het dalk vir nog goedkoper.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sat Dec 06, 2014 8:58 pm
by ruaanb
Sal Maandag die email oplaai met die pryse van Camdix.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sat Dec 06, 2014 11:57 pm
by LUAN
Norma kom in sakkies van 50.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sun Dec 07, 2014 11:29 am
by Shaker
Ek het 1250 per 50 Sako's betaal so paar maande terug by Camdix.
Sal nie omgee om 100 teen daai prys te kry nie.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sun Dec 07, 2014 11:41 am
by maxboostsa1
R1300 vir 50 Norma doppe by Camdix, het in die week daar gekoop.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Sun Dec 07, 2014 2:16 pm
by LUAN
Ja die kaliber is nie die goedkoopste om te skiet nie. Weet nie hoekom doppe so skaars en duur is as jy sien hoeveel vuurwapen vervaardigers gewere bou in die kaliber. Ek glo in die toekoms hopelik sal die doppe meer volop en goedkoper word. Sako en nosler custom doppe sien ek is so duur as R38 n dop maar ek kon sako hammerhead 180gr ammo koop vir R40.50 n skoot.

Re: 300 WSM Doppe Gesoek

Posted: Mon Dec 08, 2014 8:07 am
by ruaanb
Jis manne dit was toe 'n vinger foutjie in die email......damm.

Hi Ruaan

Vreeslik jammer ! Dis R1300/50 en R1259/50!

Weereens jammer


Groete/Regards


Johann jnr.
info@camdixwapens.co.za | www.camdixwapens.co.za
t 011 660 2398 | f 011 660 2698

On 08 Dec 2014, at 8:00 AM, Ruaan R. Barnard <> wrote:
Hi Johann,

Bevestig net vir my of die prys soos hier onder genoem vir 100 doppe reg is asb.
Ek wil order finaliseer.

Kind regards

Ruaan Barnard

From: Johann Jnr. [mailto:info@camdixwapens.co.za]
Sent: 05 December 2014 11:44 AM
To: Ruaan R. Barnard
Subject: Re: 300 wsm

Hi Ruaan

Dis goed- hoop hy kom vinnig

300WSM doppe :

Sako R1250.00/100
Norma R1300.00/100
Groete/Regards


Johann jnr.
info@camdixwapens.co.za | www.camdixwapens.co.za
t 011 660 2398 | f 011 660 2698