Page 1 of 1

REUSE Varkjag

Posted: Mon Nov 29, 2010 1:52 pm
by BLOK
Ek het hierdie foto gekry op n Amerikaanse forum waar ek ook is. Wonder net of een van ons mense dalk weet van die jag. Niemand op die ander forum weet iets of kan glo mens kan so baie vark op een slag skiet nie. Ek het ook nogal gewonder of die foto nie ook dalk elektronies getoor is nie maar hy lyk tog baie natuurlik.

Blok.

"Got this photo off a facebook site that post miscellaneous pics of hunting. I don't know anything about the photo other than that. If anybody knows why that much culling was necessary I would be interested to know more about it."
Image

Re: REUSE Varkjag

Posted: Mon Nov 29, 2010 1:55 pm
by BLOK
Ek het nou die foto heelwat vergroot en as ek reg kyk lyk daai bloed op die tande soos maskin tape, die hoop aan die linkerkant is geel gemerk, middelstes rooi en regterkantste tande met groen tape. so dit kan dalk n egte foto wees.

Blok.

Re: REUSE Varkjag

Posted: Mon Nov 29, 2010 2:07 pm
by Gerhard
Sal nie verbaas wees as daai 'n spanjaard is nie...

Hulle kan mos nie varke uit los nie...

Re: REUSE Varkjag

Posted: Mon Nov 29, 2010 2:08 pm
by afriventure
Manne

Dit is hoe dit lyk as 'n paar Spanjaarde begin varke skiet, sulke gevalle is baie meer algemeen as wat julle dink.
Die ouens sal vir 7 dae elke dag, heel dag by water sit en net varke skiet.

Weet van een outfitter wat in 1 seisoen 'n totaal van so 650 varke geskiet/ laat skiet het.
Die kleure tape is hoe hulle gemerk word vir elke jagter, want hulle vat NET die tande huis toe, in die geval lyk dit soos 3 manne wat geskiet het!

Johan

Re: REUSE Varkjag

Posted: Mon Nov 29, 2010 2:15 pm
by Theo E
Block
My farm manager/ph worked on a farm were they hunted hogs like that with Spanish clients.
To them its all about the tusks the more you have the better, will get some photos from him and post them
At the SCI show last year had a Spanish visitor at our booth that queried a hunt for him and 3 friends and said they wanted about 100 -150 warthogs each.    

Theo

Re: REUSE Varkjag

Posted: Thu Dec 02, 2010 1:37 am
by theedge
Hierdie storie is nie n storie nie maar die ware Jacob.  Dit het op my grond plaas gevind en ja dit was 3 Spanjaarde Daar vas n 4de maar hy was net saam vir die kuier.  Die manne het by my vir 5 dae geskiet en ja dit was die results Ek is langs die Addo olifant park 2400Ht Die park se varke dink mos ek is die plaaslike takeway.  Skiet jaarliks so 80 - 100 vlakkies en die goed word nie minder nie.  Ek praat nie eens van die jakkies nie. 





Ai hoe leke lieg ek nou NEE ek ken nie die klomp nie was ook nie saam nie.  Het ook nie die grond nie - jag wel op n plaas langs die park en ja daar is vir jou vlakkies en jakkies.  Moet so bietjie sports maak sorry ;D ;D

Re: REUSE Varkjag

Posted: Thu Dec 02, 2010 7:12 am
by Stefan764
Haha Edge!!!!

Goeies!!!!!!

Re: REUSE Varkjag

Posted: Thu Dec 02, 2010 8:31 am
by Monrique (SJ)
Theedge

Dog jy kon ons sommer nooi vir n lekker vark en jak jag, toe ek die storie van jou lees.

Groetnis
SJ

Re: REUSE Varkjag

Posted: Thu Dec 02, 2010 11:04 am
by theedge
SJ wrote: Theedge

Dog jy kon ons sommer nooi vir n lekker vark en jak jag, toe ek die storie van jou lees.

Groetnis
SJ
SJ sorry maat ek kon die een nie laat ontsnap nie.