Page 1 of 2
Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:16 am
by Katefbessie
Ek en Geno en die vroumense was die naweek biekie Rooiberg toe gewees.
Die dam vlak het seker 10 meter geval vandat ek die laaste keer daar was... Geno het 'n lekker fight gekry met 'n 1-2m krokodil op 'n swart horny toad, ons sekerlik saterdag 4ure langs die dam spandeer en om en by 30 bass geland... Hier is 'n foto van 'n redelike een wat my gevat het op 'n Midnight Chartreuse fluke op mojo rig.
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:24 am
by Frikkiedbr

wow lekker, dankie vir die deel Ruan.
En baie geluk!!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:26 am
by Riaan Beeslaar
Wie was toe die bass master tussen julle twee
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:26 am
by Geno
Ruan was bassmaster, ek was die crocodile hunter!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:27 am
by Riaan Beeslaar
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:30 am
by Katefbessie
Wel kom ons stel dit so as Geno sy strikes geland het was ons kop aan kop.... Daart 'n bass hom op i kol gevat wat sekerlik 'n vet meneer was. Ekt so gelag my maagt gekramp...die woorde uit geno se mond en sy reaksie toe daai vis hom op die strike breek... hahaha dis net oooo aaaaa ag F&%^$&^kkkkkk, black-sam... Moer... en daar gooi hy sy stok op die klippe en gaan sak op sy kniee en krap sy voorkop!!!! hahaha
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:40 am
by Geno
Ja maat, daai is vieslik gewees.
Dit sit nie sommer in enige vis om Fireline met 'n fluorocarbon leader te breek nie.
Maar is reg, next time vat ek 50lb braid!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:51 am
by G-force
Mooi gedoen manne.Next time kom ek virseker saam!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 8:54 am
by ROBBIE1
Lekker man lekker!!
Lyk of julle dit geniet het. Waars daai krok se stert la ons bietjie steaks sny!!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Mon Oct 07, 2013 3:44 pm
by theedge
Nice one
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Tue Oct 08, 2013 11:08 am
by Ian
Mooi manne / dames, mooi. Het ek nou lekker gelag toe Geno my die storie vertel van die krok.
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Tue Oct 08, 2013 11:19 am
by Foxcreek
Ons wil ook die storie van die krok hoor!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Tue Oct 08, 2013 11:20 am
by Frikkiedbr
Ja nee asseblief, dit was so kort kan nie meer Ruan se weergawe onthou nie
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Tue Oct 08, 2013 12:48 pm
by Geno
Daar het 'n krok so ent van die kant af gelĂȘ.
Ek het die kunsaas by sy neus verby getrek, toe eet hy hom. Maklik soos dit!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Tue Oct 08, 2013 3:26 pm
by Riaan Beeslaar
Wat wil julle nou nog weet, hier is 'n foto van Geno die naweek
crocodile.jpg
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Tue Oct 08, 2013 3:28 pm
by Frikkiedbr
http://emoticoner.com/files/emoticons/smileys/crocodile-smiley.gif?1292867577
http://emoticoner.com/files/emoticons/smileys/backing-out-smiley.gif?1292867551
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Tue Oct 08, 2013 3:44 pm
by Riaan Beeslaar
En hier is sy klein bass vang messie
crocodile1.jpg
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Wed Feb 26, 2014 3:49 pm
by Katefbessie
Right... die naweek is dit tyd vir rondte 2! Hopelik draai Geno se luck die keer met sy deeglike vooraf beplanning... daai einste krok het nou al sy eerste rooibokkie water toe gesleep so as Geno hom nou hak het hy ietwat van i serijas fight! Ons post fotos na die naweek

Re: Rooiberg Naweek
Posted: Thu Feb 27, 2014 6:09 am
by Frederik
Julle moet dit geniet hoop die weer trek mooi oop.
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Thu Feb 27, 2014 9:15 am
by Lourens Potgieter
Geno het jy die krok geland, anders tel hy nie?Ou van Koedoe hengelklub het laasjaar of die jaar voor dit 'n krok in Harties gevang.....en hom geland. Was in die koerant en als....
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Thu Feb 27, 2014 9:18 am
by Katefbessie
Deeg wrote:Geno het jy die krok geland, anders tel hy nie?Ou van Koedoe hengelklub het laasjaar of die jaar voor dit 'n krok in Harties gevang.....en hom geland. Was in die koerant en als....
Jy moet nie vir Van Niekerk challenge nie! Hy sal die bass los en net krok target!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Thu Feb 27, 2014 9:27 am
by Geno
Ek vat maklik my Penn bootstok met 400m 30lb Berkley Big Game lyn en 'n halwe hoender. Sal daai krok winch dat hy soos 'n surfboard lyk!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Thu Feb 27, 2014 10:43 am
by Katefbessie
Geno wrote:Ek vat maklik my Penn bootstok met 400m 30lb Berkley Big Game lyn en 'n halwe hoender. Sal daai krok winch dat hy soos 'n surfboard lyk!
hahahahhahah soos ''n brander-plank se jy!!
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Thu Feb 27, 2014 2:06 pm
by Frikkiedbr
Re: Rooiberg Naweek
Posted: Fri Feb 28, 2014 9:44 am
by Ian
Julle manne en dames moet die naweek terdee geniet en moet mekaar nou nie te veel moeilikhed gee nie.
Mooi naweek