Page 1 of 1
Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:07 pm
by Landy
Hi manne ek is besig om CJ 6 jeep reg te maak en sy gearlever is gebreek weet julle dalk waar ek een kan kry
Re: Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:10 pm
by chrisman
Waar het hy gebreek?
Watter gearbox het die jeep in?
Re: Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:20 pm
by Landy
Onder by daai pennetjie wat in die selector druk weet nie watter boks het hy in stuur my jou email adres dan mail ek die foto vir jou te laai op die forum
Re: Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:42 pm
by Kruger
As ek dit reg het het daai CJ6 uitgekom met n 3 spoed ratkas en 3,8 liter reguit 6 selinder Rambler enjin. Daai 3 spoed ratkas was dieseldfe as die ou 3 spoed ratkas in die ou Ford F250's, so dit gee jou dalk meer plekke om te soek.
Hoekom sweis jy hom nie weer nie.
Re: Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:50 pm
by Landy
Hy het n 4 cyl enjinetjie in
Re: Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:55 pm
by PWV
Landy wrote:Hi manne ek is besig om CJ 6 jeep reg te maak en sy gearlever is gebreek weet julle dalk waar ek een kan kry
My kar se nommer is CJ 23. Sal jou ruil vir daai CJ 6.

Re: Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:59 pm
by Landy
Ai oom Pieter dis nie myne anders het ek hom sommer vir oom gegee, sien Landy bly maar konning
Re: Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 6:30 pm
by Kruger
Dan is dit of n CJ2 of die CJ6 se oorspronklike enjin is vervang. Die Cj5 en CJ6 het beide n 3,8 liter (232 keb duim) 6 selinder enjin gehad en die CJ7 het n 4,2 gehad. CJ5 en CJ7 was shortwheelbase en die CJ6 se bak was effens (seker so 10 duim) langer. My pa het ook n CJ6, 1977 model, seker nou so 30 000km op. Hulle was wel elders beskikbaar met ander enjins, maar in SA was bogenoemde die standaard.
Cj2 het oorspronklik n 4 selinder sidevalve enjin ingehad.
Re: Cj6
Posted: Fri Oct 04, 2013 8:53 pm
by chrisman
tcmasko at gmail dot com
Stuur gerus, sal dit vir jou laai.
Dalk kan ons help....
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 10:38 am
by chrisman
Die foto's soos van Landy af.
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 10:39 am
by chrisman
Die gearlever foto's:
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 11:14 am
by Jakkalsgat
Kontak vir Gideon@1 hier op die forum, hy is besig met soortgelyke projek en sal vir jou kan se van plek aan die rand waar jy parte kan kry.
Met bietjie moeite kan hy soos die een lyk
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG00411-20130925-1721_zps610d326a.jpg
1959 model ook met sy oorspronklikke 4 silinder enjin en 3 spoed ratkas. Hierdie oumanne het ongelooflik baie wringkrag en met daardie eenvoudige enjin en ratkas sleep hy maklik 'n matroos van 'n prostituut af.
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 11:30 am
by Riaan Beeslaar
Landy, jy moet bietjie gras plant man
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 1:22 pm
by Landy
Riaan Beeslaar wrote:Landy, jy moet bietjie gras plant man
Hahaha
Ek sal moet maar dis so droog.
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 1:23 pm
by Landy
Dankie manne chrisman dankie ook vir jou vir die fotos
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 3:19 pm
by chrisman
Plesier Daan.
Sal oor op die grong hou vir die lever....
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 9:23 pm
by Agentkoos
Probeer Micky van Jeepspares in Pta, Sy nommer is 012-567 7536.
Re: Cj6
Posted: Mon Oct 07, 2013 9:40 pm
by Landy
Sjoe dankie manne ek gaan hulle more bel sal julle laat weet
Re: Cj6
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:27 am
by Landy
Dankie manne ek het n gearlever gekry R1200.00
Re: Cj6
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:29 am
by chrisman
Wel gedaan.
Re: Cj6
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:55 am
by Alwin
Kruger wrote:As ek dit reg het het daai CJ6 uitgekom met n 3 spoed ratkas en 3,8 liter reguit 6 selinder Rambler enjin. Daai 3 spoed ratkas was dieseldfe as die ou 3 spoed ratkas in die ou Ford F250's, so dit gee jou dalk meer plekke om te soek.
Hoekom sweis jy hom nie weer nie.
Daar is seker ook ander variante. Ek het in die weermag 'n paar CJ6'e gebruik, met 'n 106mm Skopvrye Kanon op. Die spesifieke model is in 1976 deur Volkswagen in Uitenhage gemonteer. Dit was toegerus met die Chev "Rambler" 3,8 liter 6-in-gelid enjin en 3 spoed ratkas. Dit was die langer asafstand bakwerk, met ronde hoeke by die agterkant. Meer krag as wat die remme toelaat, maar hope pret. Hulle is verkoop kort nadat ek uitgeklaar het, ongelukkig nie aan my nie...