Page 1 of 1

Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Wed Oct 02, 2013 9:32 pm
by Griffel Fourie
Dagsê aan die deskundige manne - ek soek raad asseblief
Wil 'n 243 koop as die 3rde wapen - het reeds 303 LE sporting, 30.06 HOWA en soek nou ook 243 HOWA
Maar my kennis van die tipe 243 ontbreek (as dit wel as "tipes" beskryf kan word)
Ek sien daar is - 243, 243 Winchester en 243 Varmint
Wat beteken die benaminge?

Groete uit Richardsbaai

Johan

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Wed Oct 02, 2013 9:38 pm
by tripodmvr
As dit almal Howas is, lê die verskille in loop lengte en of dikte sowel as verskillende kolwe. Kaliber is dieselfde. Gaan kyk op die webtuiste hoe die verskillende modelle lyk - www.legacysports.com/

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Wed Oct 02, 2013 9:52 pm
by Piet Breedt
Griffel, alle .243,s is .243 Winchesters. Dit is die kaliber. Dan kry jy daardie kaliber in n groot verskeidendeid geweer make soos Tika, Sako, Howa, Remington, Winchester en nog baie meer. Die .243 Varminter verwys weer na die spesifieke saamestelling. N Varminter het gewoonlik n dikker en langer loop.

Soos die Varminter kry jy weer ander kategoriee soos n Light Hunter, Bull Barrel, heavy Hunter, Hunter, Super Varminter ens.

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Wed Oct 02, 2013 10:15 pm
by Griffel Fourie
Dankie manne - so, as ek die wapen wil aanwend vir vlakte skiet in Noord Natal, of Natal Middelande, wat koop ek - miskien is daar in die toekoms 'n voorsit jag iewers - so ek wil maar reg koop van dag een af.

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Wed Oct 02, 2013 10:21 pm
by tripodmvr
As jy meestal van stilsit of bakkie af skiet dan is die swaarder dikloop met 24 duim loop die antwoord. As jy gaan stapjag kies dan 'n ligter loop profiel.

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Wed Oct 02, 2013 10:23 pm
by 243Songdaug
Griffel, as dit 'n Howa gaan wees sou ek aanraai dat jy die Varminter(met die dikker loop) vat, gee die paar rand ekstra uit en koop van die begin af 'n geweer met die gelamineerde hout kolf. Die swart Hogue kolf val nie in almal se smaak nie.

Voorts sal ek jou ook ten sterkste aanraai om 'n stainless steel/vlekvrye staal geweer te koop - siende dat jy teen die kus woon.

Dikker lope skiet net makliker meer gereeld akkuraat.

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Thu Oct 03, 2013 6:32 am
by Reggie Gerber
Griffel

Van waar af is jy. Ek bly in Ladysmith.

Reggie

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Thu Oct 03, 2013 7:04 am
by Griffel Fourie
Regie - ek is in Richardbaai - ek het ook in Ladysmith gebly (baie jare terug - of so voel dit) - vir 9 jaar - in die Militêre Basis - was daar van 1981 tot Des 1990.

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Thu Oct 03, 2013 7:27 am
by Reggie Gerber
Alright
As jy bietjie nader was kon ek jou gehulp het

Groete

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Thu Oct 03, 2013 7:53 am
by Griffel Fourie
Dankie vir die aanbod Regie, dit word waardeer - ek dink ek gaan dan vir my die Howa Varmiter 243 Hunter Bull Barrel koop in s/s - as daar so 'n kombinasie is - die 30.06 wat ek het is ook die Hunter met Wallnut kolf - sal lekker wees om die 2 gewere dieselfde te hê

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Thu Oct 03, 2013 8:42 am
by mariusr
Jy kry ook "wildcat" kalibers van die 243 win soos die 243 Arkley ens! Dit is waar die doppe verskil in volume maar die dia bly. 6mm!

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Fri Oct 04, 2013 8:35 pm
by Piet Breedt
243Songdaug wrote:Griffel, as dit 'n Howa gaan wees sou ek aanraai dat jy die Varminter(met die dikker loop) vat, gee die paar rand ekstra uit en koop van die begin af 'n geweer met die gelamineerde hout kolf. Die swart Hogue kolf val nie in almal se smaak nie.

Voorts sal ek jou ook ten sterkste aanraai om 'n stainless steel/vlekvrye staal geweer te koop - siende dat jy teen die kus woon.

Dikker lope skiet net makliker meer gereeld akkuraat.

Goeie raad !!

Re: Verduidelik asseblief die veskille in 243's

Posted: Fri Oct 04, 2013 10:50 pm
by 243Songdaug
Dankie Piet