150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post Reply
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Wismit »

Ek weet van julle ouens gaan dink hierdie is `n dom vraag, maar ek moet weet.

Ek wil solank begin voorberei vir volgende jaar se jag seisoen.

Ek het nog altyd maar net met my 30-06 met 180gr punte gejag.

My laaitie (nou 9jr) skiet met my (sy) 308 Howa en het hierdie jaar reeds 3 rooibokke en 2 varke met 150gr Siera Pro-Hunters.(spitzer en ronde neus) punte plat getrek.

Ons wil volgende jaar kyk vir `n mooi koedoe bul asook `n  Blou Wilde Bees Bul. My vrae is nou:

1) Het 150gr Siera Pro-Hunter punte genoeg slaan krag om albei spesies gemaklik plat te trek. Hulle is
    aansienlik groter as rooibokke.
  (Ons skiet net blad skote)

2) Indien wel, ek laai selfs, watse spoed moet ek die punte laai?
  (Ek skiet bosveld, so dit sal +-50m tot 150m skote wees.)

3) Enige voorstelle vir ladings?
  (Ek laai met S335)

Dankie by voorbaat.

W.S
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Jagtersdok »

Jy kan maar daai 150gr gooi. My pel skiet net met 150gr Prohunters en het nog nooit pyne gehad nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Danie Lombard .243

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Danie Lombard .243 »

Wismit

Jy kan maar daai 150's skiet, geen probleem nie. Bosveld afstande? Nie te vinnig nie, soos jy seker weet penetreer 'n stadige patroon dieper en breek minder op. So 2200fps tot 2500fps is oor as vinnig genoeg. LET WEL vir afstande tot en met 150m vir lyf skote. Plus punt, jy gaan min vleisskade he op die karkasse.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Nico Harris »

ek stem saam- hou die spoed by so 2400ft/s en jy sal reg wees! jy kan ook  rhino koel try! hulle is dodelik!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Gerhard »

Vir bosveld toestande verkies ek 'n 180gr + punt teen so 2200 tot 2400fps.

Die 150gr sal werk.

Maar soos met alles is skoot plasing die belangrikste gedeelte...

Lekke jag
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Francois Marais »

Gerhard/Wismit

Stem met jou, sal vir bosveld ook die 180gr aanbeveel.........



Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Wismit »

Baie Dankie ouens !!

Ek sal die 150`s laai en kyk wat hul doen !!
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by SmitH »

Hi Wismit

Jy kan maar daai 150 skiet ek skiet in my Howa 3006 ook 150 hornady met 54,8gr 365 en is 100% tevrede

Groete
SmitH
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Wouter Roets »

Hallo Wissmit
Daar is al meer koedoes in SA met 150gr punte geskiet as wat ek al rys geeet het. Dit is nie te se dat dit die idiale punt vir koedoe en sekerlik nie vir blouwildebees is nie. Jy weet self dat dinge baie anders kan uitwerk as wat n ou verwag het in die jagveld. My raad aan jou is probeer maar n bietjie swaarder koeel en as jy kan gaan maar vir n beter punt soos bv Rhino. Darem baie goedkoper as n dier waarvoor volprys  betaal moet word vir n paar druppels bloed! As recoil n faktor vir die klein man is gaan dan vir iets in die 165 grein klas met n spoed van so 2450ft/sek. As dit nie n faktor is nie gaan vir 180 grein teen dieselfde spoed. Koeels se verigting kan nie bepaal of gekoppel word aan net die idiale omstandighede nie maar eerder aan die moeiliker kant. Hierdie is maar die formule wat deur al die manne wat kenners is gevolg word. Met n jong man soos joune wil n persoon hom ook nie te vroeg blootstel aan die harde kant van jag nie. Rarther safe than sorry!
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Jagtersdok »

Wout

Ek eet nie rys nie want dis net te gevaarlik. Kyk die Chonkies, hulle almal se ogies het skeef getrek en hulle tools gekrimp. ;)
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Wouter Roets »

Okey Okey
Meskien moes ek gese het Whiskey gedrink het, maar dan sou ek seker gelieg het want ek dink dalk het ek al meer daarvan gedrink as wat daar al koedoes geskiet is! :o :o Grap net
Moet nou niks oor die Skotte se nie asb, darm beter met die Ingelse gegaan!
Hoe het jou naweek toe afgeloop, kon jy darem gespeech gekry het?
Wout
Last edited by Wouter Roets on Sun Dec 05, 2010 7:29 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Geno »

Wismit, ek het verlede jaar met die sierra 150's geskiet. 'n lading wat vir my mooi gewerk het was 42.5gr S335. Hy was maar redelik "mild" in my CZ550.
Hoekom probeer jy nie eerder 130gr GS Custom koele nie? Dis my volgende projek....
Hulle sal dwarsdeur 'n koedoe en wildebees fluit sonder kwaai recoil....

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Wismit »

Geno, ek sal jou lading met die 150gr probeer baie dankie.

Ek is bietjie versigtig vir die 130gr GS Customs. Jou "margin of error" is baie klein op hulle. As jy nie `n vital direk tref nie glo ek die bok is weg.

Soos ek genoem het is dit vir my 9 jarige laaitie. Ek glo die Pro Hunters gaan `n doodskoot net soveel makliker maak vir hom. Kyk daar is niks fout met sy skiet werk nie, hy was laas jaar asook die jaar ons plaaslike skietklub asook die soutpansberg tak van die bosveld jagters en wildbewarings vereeniging se jnr skut van die jaar. Sy 3 skoot groepering met die 308 op 100m met die 125gr PH is 15mm.

Hel, hy gooi beter as ek !!!  ::) Maar ek betaal die bokkies, en ek wil darem iets kry vir my geld !!! ;D
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Geno »

Wismit wrote: As jy nie `n vital direk tref nie glo ek die bok is weg.
Dis die geval met enige bokskiet koeel.

Jou seun skiet omtrent goed!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by Jagtersdok »

Thanx Wout

Ja ek kon hom darem gooi, maar my hart het na die veld verlang.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: 150gr vir Koedoe en B/W Bees ?

Post by henslin »

Is maar nog altyd 'n bosveld jagter. Die sogenaamde lang skote langs die kampvuur is seker maar op die vlaktes geskiet of soos ons hier van praat - lyndraadskote. Jou kans om 150m ver in die bos te sien is uiters skaars en dan nog 'n skoon skoot te skiet is nog skraler. Gebruik tans 180gr Sierras met 39,5gr S335. Penetrasie en platklap krag is baie goed. Gee nie om waarmee jy skiet nie. As jou skootplasing swak is praat jy dalk vanaand van daai 150m skoot langs die kampvuur, maar bly redelik stil van hoe lank en ver jy na daai bok geloop en soek het. Het al heelwat se ogies toegemaak in die bosveld en kan julle verseker - weinig was verder as 100m. Ek glo veldkuns en kennis maak 50% of meer van alle suksesvolle jagte uit.
Wat my aanbetref is die 150gr punte goed vir enige koedoe of blou wildebees. Die mannetjie kan skiet en as sy veldkennis bykom gaan Pa die seisoen moet opdok !!

Sterkte
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Post Reply