Page 1 of 2

Warne Maxima CZ Rings

Posted: Mon Sep 30, 2013 4:47 pm
by gillie
Goeie middag almal

Ek wag vir my 375 lisensie, maar intussen wil ek solank begin soek vir scope basisse en ringe.

Wat is julle opinie eerstens oor quick detachables? En tweedends die Warne Maxima CZ ringe ?

Dankie

Johan

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Mon Sep 30, 2013 5:14 pm
by DWB
Go for it. Die Warnes werk baie mooi. Hulle is spot on elke keer

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Wed Oct 02, 2013 8:45 am
by gillie
Dankie DWB, nou net om hulle erens te kry wat mens se sak nie te veel seermaak nie.

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Wed Oct 02, 2013 8:49 am
by Pappabeer
Dis goeie kwaliteit ringe Johan.

Kyk ook na EAW. Ons het verlede maand n ou stel EAWs op n vriend se 7mm Rem Mag Sauer 80 gesit en hulle p.o.i. Verskil geensins oor tien skote waarvan die scope na elke skoot af en op gekom het nie.

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Wed Oct 02, 2013 9:11 am
by mariusr
Warne gaan jou goedkoopste opsie wees wat kwaliteit betref! So R1300 vir detach!Die ander kwaliteit detach ringe gaan jou sak ruk! Jy kan tot R5000 draai vir stel!!?Laat die geweer winkel net die teleskoop monteer met die warnes as jy so besluit! Het my gat af gesukkel met myne op die 9,3 ! Die teleskoop word mos bo vasgetrek nie op die kante so ander ringe nie! Dit veroorsaak dat jy sukkel om teleskoop te level!

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Wed Oct 02, 2013 9:11 am
by Geno
Pappabeer wrote:Kyk ook na EAW.
R4,500.00 per stel...

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Wed Oct 02, 2013 10:35 am
by BRNO (Pierre)
gillie wrote:Dankie DWB, nou net om hulle erens te kry wat mens se sak nie te veel seermaak nie.
Sterkte. Die enigste plek waar ek medium hoogte vir my 375 kon kry was Safari gewees, teen n mooi bedraggie van R1200.00.

Ek het hulle nog nie getoets nie, maar op aanbeveling van deon gekoop, Hulle sit stewig, en ek reken nie daar sal probleme wees nie. Warne waarborg dat hulle binne 0.001 van n duim sal wees wanneer dit afgehaal en terug gesit word.

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Wed Oct 02, 2013 4:01 pm
by gillie
BRNO .06 (Pierre) wrote:

As ek hulle kon kry teen R1,200 het ek hulle NOU gekoop. Stefan kom in ! Help 'n mede ou Schweizer-Reneker ! Paar plekke verkoop teen R1,500, Lynx (die agent) se hulle behoort amper vir R1,800 te gaan ! :-[

Dewald, vir daai prys sal ek nog 'n HW97K moet verkoop, iets wat ek nie het nie danksy jou :laugh:

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Wed Oct 02, 2013 4:14 pm
by Pappabeer
Elke nou en dam smile die tweedehandse mark op jou...

Die ou het syne saam met n ou 4x32 Schmidt & Bender scope vir R500 gekoop...

Wat van Leupold QD's? My pa het hulle op sy Pre64 .375 en hy is baie tevrede. As jy jou kar wil verkoop kan jy ook na Recknagel kyk...

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Wed Oct 02, 2013 9:21 pm
by BRNO (Pierre)
gillie wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote:
gillie wrote:Dankie DWB, nou net om hulle erens te kry wat mens se sak nie te veel seermaak nie.
Sterkte. Die enigste plek waar ek medium hoogte vir my 375 kon kry was Safari gewees, teen n mooi bedraggie van R1200.00.

Ek het hulle nog nie getoets nie, maar op aanbeveling van deon gekoop, Hulle sit stewig, en ek reken nie daar sal probleme wees nie. Warne waarborg dat hulle binne 0.001 van n duim sal wees wanneer dit afgehaal en terug gesit word.
As ek hulle kon kry teen R1,200 het ek hulle NOU gekoop. Stefan kom in ! Help 'n mede ou Schweizer-Reneker ! Paar plekke verkoop teen R1,500, Lynx (die agent) se hulle behoort amper vir R1,800 te gaan ! :-[

Dewald, vir daai prys sal ek nog 'n HW97K moet verkoop, iets wat ek nie het nie danksy jou :laugh:
Laat weet as ek self ook vir jou moet gaan uitvind en pos. kontak sommer vir oom Maurits. Hy sal natuurlik onmiddelik help.

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Oct 03, 2013 6:47 am
by gillie
Hi Pierre, as hulle het sal ek jou laat weet, ek sal dit sommer direk by jou kom optel.

Dankie vir die replies sover almal

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Oct 03, 2013 6:53 am
by BRNO (Pierre)
gillie wrote:Hi Pierre, as hulle het sal ek jou laat weet, ek sal dit sommer direk by jou kom optel.

Dankie vir die replies sover almal
Bakgat!

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Oct 03, 2013 10:54 am
by Stefan764
30mm of 25mm ?

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Oct 03, 2013 11:16 am
by gillie
Stefan764 wrote:30mm of 25mm ?
30mm

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Oct 03, 2013 11:40 am
by gillie
Geholpe... dankie Stefan !

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Oct 03, 2013 1:00 pm
by Stefan764
Sharp!

Johan die monterings werk regtig goed en die POI bly dieselfde, veral met die CZ omdat die agterste ring n "lippie" het wat in n gleuf in die aksie "inslot". Kan net op een manier vas, so n man weet hy is reg.

Groete en bly ons kon help!

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 3:27 pm
by gillie
die eindresultaat...

nou moet ek net op die baan en dan in die veld kom met die nuwe yster...

https://lh3.googleusercontent.com/-3_vdaOPMxn4/UtQDa9_noOI/AAAAAAAALcQ/pOY4LRbnXL0/w925-h694-no/20140113_171559.jpg

https://lh4.googleusercontent.com/-hM0V2HI5LBo/UtQDP-BcF0I/AAAAAAAALcY/tFePIfxudhs/w925-h694-no/20140113_171526.jpg

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 3:30 pm
by DWB
Gillie!

Baie mooi! Baie geluk!

Watse Leupold is dit? Die VX-R

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 3:35 pm
by gillie
DWB wrote:Gillie!

Baie mooi! Baie geluk!

Watse Leupold is dit? Die VX-R
Ja die VX-R 2-7 x 33 met die firedot 4 reticle ("Duitse" tipe)

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 3:36 pm
by DWB
Dis 'n bul van scope daai!

Het net so een op my 9.3

Try hom by Safari se DGS op 2 met die liggie op sy sterkste!

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 3:42 pm
by gillie
Ek besluit nog of ek daai DGS gaan bywoon... nog nooit so iets gedoen nie... nog nie eers kans gekry om die geweer op die range te vat nie...

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 3:44 pm
by DWB
Skiet hom net in en laat waai!

Daai scope werk wonders so!

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 3:51 pm
by gillie
laat ek weer daai dagboek uithaal en kyk na die datum... 15de Maart as ek reg onthou....

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 3:54 pm
by rudib
Geniet hom Gillie, mooi roer daai

Re: Warne Maxima CZ Rings

Posted: Thu Jan 16, 2014 4:09 pm
by Stefan764
gillie wrote:Ek besluit nog of ek daai DGS gaan bywoon... ...
Nou hoe nou??