Page 1 of 1

Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Sep 30, 2013 3:37 pm
by Cobus(Cobb)
Hier in die begin van die jaar, as ek reg onthou, was daar 'n post oor jou beraamde, beplande jakkals/rooikat getalle vir die jaar wat voorlê...wie is nog op target? wie is agter en wie is voor??

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Sep 30, 2013 5:35 pm
by Geno
78 sover vir G&G.
Target is 120 vir die jaar.

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Sep 30, 2013 5:39 pm
by Cobus(Cobb)
Geno...dis 10 'n maand, so julle is 12 agter...??

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Sep 30, 2013 5:41 pm
by Geno
Die getalle per maand sal optel soos kleintjietyd aankom...

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Sep 30, 2013 5:55 pm
by Cobus(Cobb)
hoop maar so, want ek is 20 onder my target....

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Tue Oct 01, 2013 8:55 am
by Vaaljas
Ons target is 100 vir die jaar , ons nou op 63 , sal moet raakskiet na die einde van die jaar toe of sal ek se hulle eerder inroep , die mis skote dink ek staan darem net op 4 vir die jaar ...haha

groete Vaaljas

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Tue Oct 01, 2013 9:56 am
by Eugene
Vaaljas wrote:Ons target is 100 vir die jaar , ons nou op 63 , sal moet raakskiet na die einde van die jaar toe of sal ek se hulle eerder inroep , die mis skote dink ek staan darem net op 4 vir die jaar ...haha

groete Vaaljas
Ek is nie 'n jakkalsjagter nie, maar ek dink 'n poll oor die misskote vir die jaar, sal nogal ook interessant wees!

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Wed Oct 02, 2013 1:22 pm
by Ian
Manne,

So 'n bietjie van my statistiek. Ek is gevra deur ' n vriend op die forum om die net vir interesantheid op te sit.
Ek het geen "target" vir die jaar gehad nie en is te bly as jak sy gesig komwys ;D
Hier is tien plase wat ek die jaar kon werk en die km word gemaal met die kere wat ek daar was.

1. A Steenkamp 280km * 2 = 560km 10 Jakkals
2. C de Lange 120 km * 3 = 360km 23 jakkals
3. F Grundling 350 km * 1 = 350km 4 jakkals
4. J van Deventer 80 km * 4 = 320km 15 jakkals
5. F Smit 330 km * 4 = 1320km 43 jakkals
6. J Smit 360km * 1 = 360km 9 jakkals
7. E Styger 70km * 1 = 70km 9 jakkals
8. C du Toit 90km * 1 = 90km 2 jakkals
9. H van der Pypekamp 190km * 2 = 380km 1 jakkals
10. M Hooloway 105km * 3 = 315km 1 jakkals

Totaal km = 4125km 117 jakkals

117/22 = 5.318 gem./aand 4125km/117jakkals = 35.26km/jakkals.

35.26km/jakkals * teen AA tarief van R8/km = R282.05/jakkals - uitgawe per jakkals. Maak nou self die som verder.

Ek het ook by C du Toit 'n band verloor wat my R1200.00 terug gesit het.
Het ook 'n hele paar gemis :-[ .
Geen Rooikat nog vir die jaar maar nou begin die werk tot en met Desember.

Sterkte vir julle vir die res van die seisoen.

Groete Ian

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Wed Oct 02, 2013 3:11 pm
by DawieKotze
Ian wrote:Manne,

So 'n bietjie van my statistiek. Ek is gevra deur ' n vriend op die forum om die net vir interesantheid op te sit.
Ek het geen "target" vir die jaar gehad nie en is te bly as jak sy gesig komwys ;D
Hier is tien plase wat ek die jaar kon werk en die km word gemaal met die kere wat ek daar was.

1. A Steenkamp 280km * 2 = 560km 10 Jakkals
2. C de Lange 120 km * 3 = 360km 23 jakkals
3. F Grundling 350 km * 1 = 350km 4 jakkals
4. J van Deventer 80 km * 4 = 320km 15 jakkals
5. F Smit 330 km * 4 = 1320km 43 jakkals
6. J Smit 360km * 1 = 360km 9 jakkals
7. E Styger 70km * 1 = 70km 9 jakkals
8. C du Toit 90km * 1 = 90km 2 jakkals
9. H van der Pypekamp 190km * 2 = 380km 1 jakkals
10. M Hooloway 105km * 3 = 315km 1 jakkals

Totaal km = 4125km 117 jakkals

117/22 = 5.318 gem./aand 4125km/117jakkals = 35.26km/jakkals.

35.26km/jakkals * teen AA tarief van R8/km = R282.05/jakkals - uitgawe per jakkals. Maak nou self die som verder.

Ek het ook by C du Toit 'n band verloor wat my R1200.00 terug gesit het.
Het ook 'n hele paar gemis :-[ .
Geen Rooikat nog vir die jaar maar nou begin die werk tot en met Desember.

Sterkte vir julle vir die res van die seisoen.

Groete Ian
Dis nou 'n proffesionele jagter hierdie! Hy kon selfs my rekenmeester gewees het! ;D

Baie interessant Ian! Die jagter kan natuurlik hierdie sommetjie heeltemal op sy kop draai afhangende van sy "tools" en skietvernuf.

Groete

Dawie

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Wed Oct 02, 2013 4:16 pm
by Katefbessie
Ian so jy het by nommer 5 - F Smit, amper 11 jakkalse per nag geaverage? black-sam wil gedoen word maat. Jou uiteensetting en log hou werk is impressive.

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Fri Dec 06, 2013 8:05 am
by Frikkiedbr
So Hoeveel meer Jakkalse het Geval?

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Dec 09, 2013 7:40 am
by Geno
105 sover.
15 om te gaan dan is ons op target.

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Jan 06, 2014 12:20 pm
by Geno
Eindtotaal vir 2013:
126 Jakkalse
1 Rooikat.
Groot totaal 127.
Nagte gejag: +-30

Teiken vir 2014: 140

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Jan 06, 2014 12:36 pm
by James Wilson
Het gou met Turfjakkals gepraat. Hy het op die plaas(1800ha) waar hy werksaam is teen vergoeding vir 2013: 157 jakkalse gedood. Buite daardie plaas het hy n verdere 46 gedood teen vergoeding. Hy reken van die totaal is 60% geroep en skiet, 30% met die honde gevang en 10% met slagysters gekry.

Geen Rooikatte.
203 Jakke

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Jan 06, 2014 12:46 pm
by Cobus(Cobb)
Ek is 6 onder my eerste jaar target.
Dewie is 6 oor sy eerste jaar target
+- 18 aande gejag en 60 jakke geskiet en 0 rooikatte

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Jan 06, 2014 6:21 pm
by JACQUES BOTHA
Ian.
Ek sien jy het deeglik rekord gehou. Ek vermoed jy doen baie baie goed, die hoorse en inligting wat ek van hoor en dis nou van heeltydes jagters en in die vrystaat ek sekere dele vand ie karoo sal jy goed doen as jy elke aand uit opskryf en elke jakkals gedood opskryf en uitreen aande ensovoorts byreken sal die heeltydes voltydse jagters as jy alml se aande saam tel en almal se jakkalse saamtel met roep en skiet metode sal hulle ek vermoed by die antwoord van so gemiddeld 3 jakklase per aand uitkom . As jy dit opbreek soos die suklus van die Rooijakkals loop sal jy weer by ander gemiddeldes uitkom en ek dink hierdie data is nogal belangrik want vir Junie tot Sept gaan jou n aanduideing gee van soos die kenners dit noem fabrieke sluit tyd . Dan kan jou gemiddeld bietjie laer wees en dan Des tot Feb sal jy beste stats kry dink ek .
Maar weereens ek vermoed die jagters raak beter met die tyd en kan makiker 5 per aand gemiddeld skiet oor al die aande uit en al die jakkalse gedood vir n jaar maar dan moet hy werk werk werk, Ek skat n gemiddeld van 3 per aand sal nie ver uit wees nie of wat dink jy?
Groetnis en Voorspoedige jaar in alles wat jy doen.
Jacques

Re: Hoeveelheid ongediertes vir 2013

Posted: Mon Jan 06, 2014 7:14 pm
by Ian
JACQUES BOTHA wrote:Ian.
Ek skat n gemiddeld van 3 per aand sal nie ver uit wees nie of wat dink jy?
Jacques
Hallo Jacques

Lekker om van jou te hoor, mag jy ook net voorspoed, gesondheid en genade ontvang vir 2014.

Met alle respek gesê dink ek, ek sal bloei om in die karoo of selfs sentraal Vrystaat jakkalse te skiet want as ek so tussen die lyne lees is dit jakkalse van 'n ander kleur.
Ek dink hier in die Noord Wes en Noord-Vrystaat is ons baie bederf met die gebiede van die jakkalse wat baie kleiner is bv. ek het naby Derby 17 Jakkalse (jonges en ouers) in 'n area van 1.4 * 1.4km geskiet. Die jonges jaag verseker die getalle drasties op.
Soos jy sê, Junie tot Sept het die getalle baie afgekom soos jy kan sien by 8, 9 en10 en waar ek 'n paar aande niks gekry het nie.

Ek stem volkome saam met jou dat 3 per aand omtrent in die kol moet wees.

Mooi bly